1 Abramo dunque risalì dall’Egitto con sua moglie, con tutto quello che possedeva e con Lot, andando verso il meridione di Canaan. 2 Abramo era molto ricco di bestiame, d’argento e d’oro. 3 E continuò il suo viaggio dal meridione fino a Betel, al luogo dove dal principio era stata la sua tenda, fra Betel e Ai, 4 al luogo dov’era l’altare che egli aveva fatto prima; e lì Abramo invocò il nome dell’Eterno. 5 Anche Lot, che viaggiava con Abramo, aveva pecore, buoi e tende. 6 E il paese non era sufficiente perché essi potessero abitarvi assieme; poiché il loro bestiame era numeroso ed essi non potevano stare assieme. 7 E nacque una contesa fra i pastori del bestiame di Abramo e i pastori del bestiame di Lot. I Cananei e i Ferezei abitavano a quel tempo nel paese. 8 E Abramo disse a Lot: "Ti prego, non ci sia contesa fra me e te, né fra i miei pastori e i tuoi pastori, poiché siamo fratelli! 9 Tutto il paese non sta forse davanti a te? Ti prego, separati da me! Se tu vai a sinistra, io andrò a destra; e se tu vai a destra, io andrò a sinistra". 10 E Lot alzò gli occhi e vide l’intera pianura del Giordano. Prima che l’Eterno avesse distrutto Sodoma e Gomorra, essa era tutta quanta irrigata fino a Soar, come il giardino dell’Eterno, come il paese d’Egitto. 11 E Lot scelse per sé tutta la pianura del Giordano, e partì andando verso oriente. Così si separarono l’uno dall’altro. 12 Abramo dimorò nel paese di Canaan, e Lot abitò nelle città della pianura e andò piantando le sue tende fino a Sodoma. 13 Ora gli abitanti di Sodoma erano scellerati e grandi peccatori contro l’Eterno. 14 E l’Eterno disse ad Abramo, dopo che Lot si fu separato da lui: "Alza ora i tuoi occhi e guarda, dal luogo dove sei, a settentrione, a meridione, a oriente, a occidente. 15 Tutto il paese che vedi lo darò a te e alla tua progenie, per sempre. 16 E farò in modo che la tua progenie sia come la polvere della terra; in modo che, se alcuno può contare la polvere della terra, anche la tua progenie si potrà contare. 17 Alzati, percorri il paese in tutta la sua lunghezza e in tutta la sua larghezza, poiché io te lo darò". 18 Allora Abramo levò le sue tende e andò ad abitare alle querce di Mamre, che sono a Ebron; e vi costruì un altare all’Eterno.
1 SO het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.
2 En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud.
3 En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai,
4 na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die Here aangeroep.
5 En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.
6 En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.
7 En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon.
8 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.
9 Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.
10 Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die Here Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die Here, soos Egipteland.
11 En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.
12 Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.
13 En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die Here.
14 En die Here sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;
15 want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.
16 En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.
17 Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.
18 Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die Here 'n altaar gebou.