1 Questo è il libro della discendenza di Adamo. Nel giorno che Dio creò l’uomo, lo fece a somiglianza di Dio; 2 li creò maschio e femmina, li benedisse e diede loro il nome di "uomo", nel giorno che furono creati. 3 Adamo visse centotrent’anni, generò un figlio, a sua somiglianza, conforme alla sua immagine, e lo chiamò Set; 4 e il tempo che Adamo visse, dopo avere generato Set, fu ottocento anni, e generò figli e figlie; 5 e tutto il tempo che Adamo visse fu novecentotrent’anni; poi morì. 6 E Set visse centocinque anni, e generò Enos. 7 E Set, dopo aver generato Enos, visse ottocentosette anni, e generò figli e figlie; 8 e tutto il tempo che Set visse fu novecentododici anni; poi morì. 9 Ed Enos visse novant’anni, e generò Chenan. 10 Ed Enos, dopo aver generato Chenan, visse ottocentoquindici anni, e generò figli e figlie; 11 e tutto il tempo che Enos visse fu novecentocinque anni; poi morì. 12 E Chenan visse settant’anni, e generò Maalaleèl. 13 E Chenan, dopo aver generato Maalaleèl, visse ottocentoquarant’anni, e generò figli e figlie; 14 e tutto il tempo che Chenan visse fu novecentodieci anni; poi morì. 15 E Maalaleèl visse sessantacinque anni, e generò Iared. 16 E Maalaleèl, dopo aver generato Iared, visse ottocentotrent’anni, e generò figli e figlie; 17 e tutto il tempo che Maalaleèl visse fu ottocentonovantacinque anni; poi morì. 18 E Iared visse centosessantadue anni, e generò Enoc. 19 E Iared, dopo aver generato Enoc, visse ottocento anni, e generò figli e figlie; 20 e tutto il tempo che Iared visse fu novecentosessantadue anni; poi morì. 21 Ed Enoc visse sessantacinque anni, e generò Metusela. 22 Ed Enoc, dopo aver generato Metusela, camminò con Dio trecento anni, e generò figli e figlie; 23 e tutto il tempo che Enoc visse fu trecentosessantacinque anni. 24 Ed Enoc camminò con Dio; poi scomparve, perché Dio lo prese. 25 E Metusela visse centottantasette anni e generò Lamec. 26 E Metusela, dopo aver generato Lamec, visse settecentottantadue anni, e generò figli e figlie; 27 e tutto il tempo che Metusela visse fu novecentosessantanove anni; poi morì. 28 E Lamec visse centottantadue anni, e generò un figlio; 29 e lo chiamò Noè, dicendo: "Questo ci consolerà della nostra opera e della fatica delle nostre mani causata dal suolo che l’Eterno ha maledetto". 30 Lamec, dopo aver generato Noè, visse cinquecentonovantacinque anni, e generò figli e figlie; 31 e tutto il tempo che Lamec visse fu settecentosettantasette anni; poi morì. 32 E Noè, all’età di cinquecento anni, generò Sem, Cam e Iafet.
1 DIT is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.
2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
3 Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.
4 En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
5 So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, negehonderd-en-dertig jaar, en hy het gesterwe.
6 Toe Set honderd-en-vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.
7 En Set het ná die geboorte van Enos nog agthonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
8 So was dan al die dae van Set negehonderd-en-twaalf jaar, en hy het gesterwe.
9 Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.
10 En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agthonderd-en-vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11 So was dan al die dae van Enos negehonderd-en-vyf jaar, en hy het gesterwe.
12 Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahalálel geword.
13 En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agthonderd-en-veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
14 So was dan al die dae van Kenan negehonderd-en-tien jaar, en hy het gesterwe.
15 Toe Mahalálel vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.
16 En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agthonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
17 So was dan al die dae van Mahalálel agthonderd-vyf-en-negentig jaar, en hy het gesterwe.
18 Toe Jered honderd-twee-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Henog geword.
19 En Jered het ná die geboorte van Henog nog agthonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
20 So was dan al die dae van Jered negehonderd-twee-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.
21 Toe Henog vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword.
22 En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog driehonderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.
23 So was dan al die dae van Henog driehonderd-vyf-en-sestig jaar.
24 En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.
25 Toe Metúsalag honderd-sewen-en-tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword.
26 En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewehonderd-twee-en-tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
27 So was dan al die dae van Metúsalag negehonderd-nege-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.
28 Toe Lameg honderd-twee-en-tagtig jaar oud was, het hy 'n seun verwek
29 en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die Here vervloek het.
30 En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyfhonderd-vyf-en-negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
31 So was dan al die dae van Lameg sewehonderd-sewen-en-sewentig jaar, en hy het gesterwe.
32 En Noag was vyfhonderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.