Ngā Tāngata Poke
1 I kōrero anō a Ihowā ki a Mohi, i mea, 2 "Whakahaua ngā tama a Īharaira kia motuhia kētia atu ngā repera katoa i roto i te puni, ngā tāngata katoa e rere ana te pirau, me ngā tāngata katoa e poke ana i te tūpāpaku. 3 Ko te tāne, ko te wahine, me ngare atu, me ngare e koutou ki waho o te puni; kei poke i a rātou ō rātou puni e nohoia nei e ahau." 4 Nā, pērātia ana e ngā tama a Īharaira, ā, motuhia kētia ana rātou i roto i te puni; rite tonu ki tā Ihowā i kōrero ai ki a Mohi tā ngā tama a Īharaira i mea ai.
Te Whāki me te Utunga
5 I kōrero anō a Ihowā ki a Mohi, i mea: 6 "Mea atu ki ngā tama a Īharaira: Ki te mahia e te tangata, e te wahine rānei, tētahi mea e hara ai te tangata, hei mahi i te kino ki a Ihowā, ā, ka hē taua wairua; 7 nā, me whāki tō rātou hara i hara ai. Me whakahoki e ia te mea i hē ai ia, te tino mea, me tāpiri anō ki tōna whakarima, ka hoatu ai ki te tangata i hara nei ia ki a ia. 8 Otiia ki te kāhore he whanaunga o taua tangata hei hoatutanga mō te utu, me hoatu te utu mō te hara ki a Ihowā, arā ki te tohunga; hei tāpiri mō te hipi whakamārie hei whakamārie mōna. 9 Nā, ko ngā whakahere hapahapai katoa o ngā mea tapu katoa a ngā tama a Īharaira, e kawea ana ki te tohunga, māna ērā. 10 Māna ake ngā mea tapu a te tangata; ko tā te tangata e hoatu ai ki te tohunga, māna tēnā."
E Pā ana ki te Wahine Pūremu
11 I kōrero anō a Ihowā ki a Mohi, i mea, 12 "Kōrero ki ngā tama a Īharaira, mea atu ki a rātou: Ki te peka kē te wahine a tētahi tangata, ā, ka hara ki a ia, 13 ā, ka takoto, ka pūremu tētahi ki a ia, ā, ka ngaro i ngā kanohi o tāna tahu, ka huna, ā, ka poke te wahine, kāhore anō hoki he kaiwhakaatu mō tōna hē, kāhore anō ia i mau rawa. 14 Ā, ka tau ki a ia te wairua hae, ā, ka hae ia ki tāna wahine, ā, ka poke te wahine. Ki te tau rānei ki a ia te wairua hae, ā, ka hae ia ki tāna wahine kīhai nei i poke; 15 kātahi ka kawe taua tangata i tāna wahine ki te tohunga, me kawe anō e ia tā te wahine whakahere hei mea mōna, te whakatekau epa parāoa pārei. Kaua he hinu e ringihia ki runga, kaua anō he parakihe e hoatu ki runga; he whakahere totokore hoki mō te hae, he whakahere whakamahara, hei whakamahara ki te kino.
16 "Nā, ka nekehia mai ia e te tohunga, ā, ka whakatūria ki te aroaro o Ihowā. 17 Ā, ka mau te tohunga ki te wai tapu i te oko oneone; ka mau anō te tohunga ki tētahi wāhi o te puehu o te papa o te tapenākara, ka maka ai ki te wai. 18 Nā, ka whakatūria e te tohunga te wahine ki te aroaro o Ihowā, ā, ka tuku ngā makawe o te wahine kia mahora noa, ka hoatu ai i te whakahere whakamahara ki ōna ringa, arā i te whakahere totokore mō te hae. Hei te ringa ia o te tohunga te wai kawa e tau ai te kanga. 19 Nā, ka whakaoati te tohunga i a ia, ā, ka mea ki te wahine, ‘Ki te mea kāhore anō tētahi tangata i takoto ki a koe, ki te kāhore anō hoki koe i peka atu, i poke, i te mea i raro koe i tāu tāne, kia ora koe i tēnei wai kawa e tau ai te kanga. 20 Ki te mea ia kua peka kē koe, i te mea i raro koe i tāu tāne, ā, kua poke koe, ā, kua takoto ki a koe tētahi tangata ehara nei i te tāne nāu,’ 21 – kātahi ka whakaoati te tohunga i te wahine ki te oati kanga, ā, ka mea te tohunga ki te wahine – ‘mā Ihowā koe e mea hei kanga, hei oati i roto i tōu iwi, ina mea a Ihowā kia pirau tōu hūhā, kia pupuhi hoki tōu puku; 22 ā, ka tae ki roto ki ōu whēkau tēnei wai e tau ai te kanga, e pupuhi ai tōu puku, e pirau ai tōu hūhā.’
"Me kī te wahine, ‘Āmine, Āmine.’
23 "Ā, me tuhituhi ēnei kanga e te tohunga ki te pukapuka, ka horoi atu anō e ia ki roto ki te wai kawa. 24 Nā, ka whakainumia e ia te wahine ki te wai kawa e tau ai te kanga, ā, ka tae te wai e tau ai te kanga ki roto ki a ia, ka kawa.
25 "Me tango hoki e te tohunga te whakahere mō te hae i te ringa o te wahine, ā, ka poipoia te whakahere ki te aroaro o Ihowā, ka whakaherea ki runga ki te āta. 26 Nā, ka aohia e te tohunga tētahi wāhi o te whakahere, kia kī te ringa, ko tōna whakamaharatanga hoki, ā, ka tahuna ki runga ki te āta, ā muri iho ka whakainumia te wahine ki te wai. 27 Ā, ka oti ia te whakainu ki te wai, nā, ki te mea kua poke ia, kua hara ki tāna tahu, nā, ka tae ki roto ki a ia te wai e tau ai te kanga, ka kawa, ā, ka pupuhi tōna puku, ka pirau hoki tōna hūhā. Ā, hei mea kanga tēnā wahine i roto i tōna iwi. 28 Ā, ki te mea kīhai i poke te wahine, ā, e mā ana; nā, ka ora, ā, ka whai tamariki.
29 "Ko te ture tēnei mō ngā hae, mehemea te wahine, kei raro nei ia i tāna tāne, ka peka kē, ā, ka poke; 30 ina tau iho rānei te wairua hae ki tētahi, ā, ka hae ia ki tāna wahine. Nā, me whakatū taua wahine e ia ki te aroaro o Ihowā; nā, ka mahia e te tohunga tēnei ture katoa ki a ia. 31 Nā, ka kore he hē mō te tangata, ā, ka waha e taua wahine tōna kino."
Bevel om al die onreines buitekant die laer af te sonder.
1 EN die Here het met Moses gespreek en gesê:
2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse mense en almal wat 'n vloeiing het, en almal wat deur 'n lyk onrein is.
3 Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek in hulle midde woon nie.
4 En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die Here met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.
Wette oor die teruggawe van ontvreemde goed.
5 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
6 Spreek met die kinders van Israel: As 'n man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die Here gehandel word, en dié siel skuldig word,
7 dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.
8 Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die Here, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.
9 En elke heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet syne wees.
10 En elkeen se heilige gawes — dit moet syne wees: wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.
Wet oor die jaloersheid.
11 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
12 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand se vrou afwyk en 'n troubreuk teen hom begaan,
13 en 'n man met haar vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie — hoewel sy haar verontreinig het — terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;
14 en daar kom 'n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar inderdaad verontreinig het; of 'n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie verontreinig het nie;
15 dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: 'n tiende van 'n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit 'n spysoffer van jaloersheid is, 'n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.
16 En die priester moet haar laat nader kom en haar voor die aangesig van die Here stel.
17 En die priester moet heilige water in 'n erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi.
18 Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van die Here stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit — 'n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring.
19 En die priester moet haar besweer en aan die vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in onreinheid nie — wees dan vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.
20 Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat 'n man behalwe jou eie man met jou vleeslike gemeenskap gehad het —
21 so moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die Here jou tot 'n vervloeking en 'n verwensing maak onder jou volk deurdat die Here jou heup laat inval en jou skoot laat opswel;
22 en mag hierdie water wat die vloek bring, in jou ingewande ingaan om die skoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou sê: Amen, amen!
23 Daarna moet die priester hierdie vervloekinge op 'n blad skrywe en dit in die water van bitter smart uitwis;
24 en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan tot bitter smart.
25 En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die Here beweeg en dit na die altaar bring.
26 Die priester moet ook van die spysoffer 'n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.
27 En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk 'n vervloeking wees.
28 Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.
29 Dit is die wet oor die jaloersheid: As 'n vrou afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar verontreinig;
30 of as oor 'n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word — dan moet hy die vrou voor die aangesig van die Here stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.
31 En die man sal vry wees van ongeregtigheid, maar dié vrou sal haar ongeregtigheid dra.