Voorrede.
1 AANGESIEN baie onderneem het om 'n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is,
2 soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,
3 het ek ook dit goedgedink, hooggeagte Theófilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,
4 sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.
Geboorte van Johannes aangekondig.
5 DAAR was in die dae van Herodes, koning van Judéa, 'n sekere priester met die naam van Sagaría, uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet.
6 En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.
7 En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.
8 En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling,
9 het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.
10 En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.
11 Toe verskyn daar aan hom 'n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan.
12 En toe Sagaría hom sien, was hy ontsteld, en vrees het hom oorval.
13 Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.
14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
15 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.
16 En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.
17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.
18 Toe sê Sagaría vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is 'n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.
19 En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.
20 En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.
21 En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.
22 Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy 'n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.
23 En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.
24 En ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:
25 So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.
Die geboorte van Jesus aangekondig.
26 EN in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na 'n stad in Galiléa met die naam van Násaret,
27 na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.
28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
29 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.
30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
31 En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
34 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
36 En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.
37 Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.
38 En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.
Maria besoek Elisabet.
39 EN in daardie dae het Maria opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na 'n stad van Juda;
40 en sy het in die huis van Sagaría gekom en Elisabet gegroet.
41 En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees
42 en het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!
43 En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?
44 Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.
45 En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.
Lofsang van Maria.
46 EN Maria het gesê: My siel maak die Here groot,
47 en my gees is verheug in God, my Saligmaker;
48 omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.
49 Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam.
50 En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.
51 Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.
52 Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.
53 Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.
54 Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink —
55 soos Hy tot ons vaders gespreek het — aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.
56 En Maria het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe.
Geboorte van Johannes die Doper.
57 EN die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het 'n seun gebaar.
58 En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly.
59 En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría noem, na die naam van sy vader.
60 Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet Johannes genoem word.
61 En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat dié naam het nie.
62 En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.
63 Hy vra toe 'n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.
64 En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tong losgeraak, en hy het gepraat en God geloof.
65 En daar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van Judéa.
66 En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die hand van die Here was met hom.
Lofsang van Sagaría.
67 EN Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:
68 Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,
69 en 'n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg —
70 soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af —
71 redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,
72 om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,
73 aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee
74 dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,
75 in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.
76 En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
77 om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,
78 deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,
79 om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.
80 En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.
Brangus Dievą mylintis drauge!
1,2 Jau parašyta keletas Kristaus biografijų, kurių šaltinis – pasakojimai, paplitę tarp mūsų iš pirmųjų mokinių ir kitų liudininkų, mačiusių Kristų, lūpų, 3 Tačiau man pasirodė, kad gerai būtų patikrinti visus iki vieno aprašymus ir, kruopščiai patyrinėjus, pateikti tau santrauką, 4 kad įtikėtum tiesa, kurios buvai mokomas.
Išpranašautas Jono Krikštytojo gimimas
5 Savo pasakojimą pradėsiu nuo žydų kunigo Zacharijo. Jis gyveno tada, kai Judėją valdė Erodas, Zacharijas buvo šventyklos tarnų Abijo skyriaus narys. Jo žmona Elzbieta buvo kilusi iš Aarono palikuonių, ir taip pat kaip Zacharijas priklausė žydų kunigų luomui. 6 Jie buvo dievobaimingi žmonės, ir stropiai laikėsi visų Dievo įsakymų. 7 Tačiau jie neturėjo vaikų, nes Elzbieta buvo nevaisinga, ir abu jau buvo labai seni.
8,9 Vieną budėjimo savaitės dieną, kai Zacharijas šventykloje vykdė savo pareigas, burtų keliu jam teko garbė smilkyti Dievo šlovei šventyklos viduje. 10 Tuo tarpu didelė minia meldėsi šventyklos kieme, kaip buvo įprasta smilkymo metu, 11,12 Zacharijas buvo šventykloje, kai staiga smilkalų altoriaus dešinėje pasirodė angelas! Zacharijas apstulbo ir išsigando, 13 Tačiau angelas pasakė: „Nebijok, Zacharijau, aš atėjau pranešti, kad Dievas išklausė jūsų maldą, ir tavo žmona Elzbieta pagimdys sūnų. Pavadink jį Jonu. 14 Jūs abu turėsite daug džiaugsmo ir malonumų jam gimus, ir daugelis džiaugsis kartu su jumis. 15 Jis bus vienas iš didžiųjų Dievo žmonių. Jam nebus galima gerti vyno ar kurio kito svaiginančio gėrimo – jis bus kupinas Šventosios Dvasios dar savo motinos įsčiose. 16 Jis įkalbės daugelį žydų grįžti prie Dievo. 17 Jis bus tvirtos dvasios ir galingas vyras kaip Elijas, senovės pranašas, ir paruoš kelią Mesijui, parengs žmones Jo atėjimui. Jis sušvelnins suaugusiųjų širdis, kad jos taptų panašios į mažų vaikų širdeles, o neklusniųjų mintis pakeis į tikėjimo išmintį." 18 Zacharijas tarė angelui: „Bet tai neįmanoma. Aš jau senas, o mano žmona irgi metuose." 19 Atsakydamas angelas jam tarė: „Aš esu Gabrielius. Aš stoviu Dievo akivaizdoje. Tai Jis mane pasiuntė tau pranešti gerąją žinią! 20 O dabar, kadangi tu nepatikėjai, neteksi kalbos, kol gims kūdikis, Mano žodžiai išsipildys reikiamu laiku."
21 Tuo tarpu minios žmonių laukė, kada pasirodys Zacharijas, ir stebėjosi, kodėl jis taip ilgai užtruko. 22 Kai jis pagaliau išėjo, negalėjo kalbėti. Iš Zacharijo judesių žmonės suprato, kad jis matė šventykloje regėjimą.
23 Likusias budėjimo dienas jis ėjo savo pareigas šventykloje, o po to grįžo namo. 24 Netrukus jo žmona Elzbieta tapo nėščia ir slėpėsi penkis mėnesius. 25 „Koks geras Viešpats, – sakė ji, – kad panaikino tą mano negarbę!"
Išpranašautas Jėzaus gimimas
26 Kitą mėnesį Dievas pasiuntė angelą Gabrielių į Nazaretą, kaimą Galilėjoje, 27 pas mergelę Mariją, susižiedavusią su Juozapu, vyru iš karaliaus Dovydo giminės. 28 Gabrielius, pasirodęs jai, tarė: „Sveika, malonėmis apdovanotoji, Dievas su tavimi!" 29 Tai išgirdusi, Marija sutriko ir nusigando, Ji stengėsi suprasti, kas slypi angelo žodžiuose. 30 „Nebijok, Marija, – pasakė jai angelas, – Dievas nusprendė tave nuostabiai palaiminti. 31 Labai greitai tu tapsi nėščia ir pagimdysi Sūnų. Tu Jį pavadinsi Jėzumi. 32 Jis bus didis žmogus ir vadins Jį Dievo Sūnumi. 33 Visagalis Dievas suteiks tavo Sūnui Jo tėvo Dovydo sostą, Jis amžinai valdys Izraelį, ir Jo karalystė niekada nesibaigs!"
34 Marija paklausė angelą: „Kaip aš galiu pagimdyti kūdikį? Aš esu mergaitė ir nepažįstu vyro." 35 Angelas atsakė: „Šventoji Dvasia aplankys tave, ir Dievo galybė pridengs tave Savo šešėliu, todėl gimęs berniukas bus visiškai šventas ir vadinsis Dievo Sūnumi. 36 Štai tavo teta Elzbieta – „nevaisingoji", kaip ją vadino, prieš pusmetį tapo nėščia senyvame amžiuje. 37 Dievas išpildo kiekvieną Savo pažadą." 38 Marija pasakė: „Štai aš – Viešpaties tarnaitė, trokštu tarnauti Jam taip, kaip Jis to nori. Tegul viskas, ką pasakei, išsipildo." Ir tada angelas pranyko.
Marijos apsilankymas pas Elzbietą
39,40 Po kelių dienų Marija išskubėjo į Judėjos kalnus, miestelį, kur gyveno Zacharijas, aplankyti Elzbietos. 41 Kai Marija pasveikino Elzbietą, suspurdėjo kūdikis Elzbietos įsčiose, ir ją aplankė Šventoji Dvasia. 42 Ji džiugiai sušuko Marijai: „Tu labiausiai palaiminta iš visų moterų – tavo Sūnus vertas Dievo išaukštinimo. 43 Iš kur man ta garbė, kad Viešpaties motina aplanko mane? 44 Kai tu įėjai ir pasveikinai mane, kai aš išgirdau tavo balsą, iš džiaugsmo suspurdėjo kūdikis mano įsčiose! 45 Tu įtikėjai, kad Viešpats tesės Savo pažadą, todėl Jis nuostabiai palaimino tave."
Marijos giesmė
46 Marija atsakė:
„Kaip aš šlovinu Viešpatį!
47 Aš džiaugiuosi Viešpačiu, savo Gelbėtoju,
48 nes Jis pažvelgė į Savo nuolankią tarnaitę.
Štai nuo dabar visos kartos vadins mane Dievo palaimintąja,
49 nes didžiais dalykais apdovanojo mane Visagalis.
50 Jo gailestingumas neaplenkia nė vieno, kuris Jam paklūsta.
51 Kokia galinga Jo ranka!
Jis išblaško išdidžiuosius išpuikėlius,
52 nuverčia nuo sostų galiūnus ir
išaukština žemesniuosius.
53 Jis pasotina išalkusias širdis,
o turtuolius tuščiomis paleidžia.
54 O kaip Jis padėjo Savo tarnui Izraeliui! Jis neužmiršo Savo pažado,
55 nes pažadėjo mūsų tėvams – Abraomui ir jo vaikams – amžiną gailestingumą."
56 Marija paviešėjo pas Elzbietą apie tris mėnesius ir grįžo į savo namus.
Jono Krikštytojo gimimas
57 Tuo metu atėjo laikas gimti Elzbietos kūdikiui, ir ji pagimdė sūnų. 58 Žinia, koks Viešpats jai gailestingas, greitai pasklido po kaimynus ir gimines, ir visi sveikino ją.
59 Kai kūdikiui suėjo aštuonios dienos, visi giminės ir draugai susirinko į apipjaustymo ceremoniją. Jie visi nusprendė, kad berniuko vardas bus Zacharijas, kaip ir jo tėvo. 60 Bet Elzbieta pasakė: „Visai ne! Jis turi būti pavadintas Jonu!" 61 „Kaip? – stebėjosi šie. – Juk visoje jūsų giminėje nerasi vyro tokiu vardu." 62 Tada jie ženklais paklausė kūdikio tėvą, kokį vardą jis nori duoti berniukui. 63 Tasai pasiekė skiautę popieriaus ir visų nustebimui užrašė: „Jo vardas Jonas!" 64 Tuojau pat Zacharijas atgavo kalbą ir ėmė garbinti Dievą. 65 Žinia apie stebuklą pasklido ne tik po visą kaimyninę apylinkę, bet ir Judėjoje. 66 Visi, kas girdėjo šią naujieną, ilgai svarstė: „Įdomu, kuo taps šis vaikas, kadangi Viešpats jį globoja ypatingai."
Zacharijo giesmė
67 Tada jo tėvą Zachariją aplankė Šventoji Dvasia ir jis pranašavo:
68 „Šlovinkite Viešpatį, Izraelio Dievą, kadangi Jis aplankė Savo tautą ir atnešė jai išgelbėjimą.
69 Jis siunčia mums galingą Gelbėtoją iš Savo tarno Dovydo karališkosios giminės,
70 kaip seniau buvo žadėjęs
per šventuosius pranašus,
71 Kuris išgelbės mus nuo priešų, nuo visų, kas mūsų nekenčia.
72,73 Jis buvo gailestingas mūsų protėviams, pačiam Abraomui,
prisimindamas jam duotą šventą pažadą, jog leis mums,
74 išvaduotiems iš priešų rankos, tarnauti Dievui be baimės
75 per visą gyvenimą šventumu ir teisumu Jo akivaizdoje.
76 O tu, sūneli, vadinsiesi Aukščiausiojo pranašu, nes eisi paruošti kelią Mesijui.
77 Tu mokysi žmones pažinti išgelbėjimą iš nuodėmių atleidimo.
78 Tai įvyks dėl mūsų gailestingojo Dievo malonės,
ir jau netruks nušvisti dangaus aušra,
79 kad paliestų sėdinčius tamsybėse ir mirties ūksmėje, kad palydėtų mus į ramybės kelią."
80 Mažasis berniukas labai mylėjo Dievą.
Kai jis užaugo, atsiskyręs gyveno dykumoje, kol pradėjo tarnauti Izraeliui.