Pular para o conteúdo
Publicidade

Lucas 24

OJJP

Die opstanding.

1 EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.

2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.

3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.

4 En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne by hulle in blink klere.

5 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?

6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:

7 Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.

8 En hulle het sy woorde onthou.

9 Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.

10 En dit was Maria Magdaléna en Johanna en Maria, die moeder van Jakobus, en die ander vroue saam met hulle wat dit aan die apostels vertel het.

11 En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie.

12 Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen . En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.

Die Émmaüsgangers.

13 EN twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.

14 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.

15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.

16 Maar hulle is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.

17 En Hy vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?

18 En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?

19 En Hy vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;

20 en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.

21 En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.

22 Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was;

23 en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook 'n gesig gesien het van engele wat dat Hy lewe.

24 En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.

25 En Hy vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!

26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?

27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

28 Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;

29 maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.

30 En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.

31 Toe is hulle geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.

32 En hulle vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

33 Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,

34 wat : Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.

35 Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.

Verskyning van Jesus aan die apostels.

36 EN terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en vir hulle: Vrede vir julle!

37 Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 'n gees sien.

38 En Hy vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?

39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.

40 En terwyl Hy dit , wys Hy hulle sy hande en sy voete.

41 En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?

42 Daarop gee hulle Hom 'n stuk gebraaide vis en 'n stuk heuningkoek.

43 En Hy het dit geneem en voor hulle geëet.

44 En Hy vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.

45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

46 En Hy vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,

47 en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.

48 En julle is getuies van hierdie dinge.

49 En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

Die hemelvaart.

50 EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.

51 En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

52 En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.

53 En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.

Prisikėlimas

1 Labai ankstų sekmadienio rytą jos pasiėmė tepalus, nuėjo prie kapo 2 ir rado didžiulį akmenį, dengusi įėjimą, nuridentą į šalį. 3 Jos įėjo į vidų, bet Viešpaties Jėzaus kūno neberado. 4 Jos stovėjo čia sutrikusios, nežinodamos, kas Jam galėjo atsitikti. Staiga prieš jas pasirodė du vyrai, apsirengę tokiais spindinčiais drabužiais, kad moterys net buvo apakintos. 5 Jos išsigando ir žemai jiems nusilenkė. Tada vyrai paklausė: Kodėl jūs kape ieškote gyvo žmogaus? 6,7 Jo čia nėra. Jis prisikėlė. Ar neprisimenate, Jis jums pasakė Galilėjoje? Mesijas bus išduotas ir atsidurs blogų žmonių valioje, nukryžiuotas prisikels trečią dieną." 8 Tuomet jos prisiminė Jėzaus žodžius, 9 sugrįžo atgal į Jeruzalę, kad pasakytų vienuolikai mokinių ir visiems kitiems, kas įvyko. 10 (Moterys, įėjusios į kapo rūsį, buvo Marija Magdalietė, Joana, Jokūbo motina Marija ir keletas kitų.) 11 Bet tiems vyrams žodžiai atrodė kaip pasaka. Jie netikėjo jomis.

12 Tačiau Petras nubėgo prie kapo pažiūrėti. Pasilenkęs jis pažvelgė į vidų ir pamatė tuščias linines drobules. Jis vėl grįžo namo stebėdamasis tuo, kas buvo įvykę.

Pakeliui į Emausą

13 pačią dieną, Sekmadienį, du Jėzaus sekėjai ėjo į Emauso kaimą, esantį septynių mylių nuo Jeruzalės. 14 Eidami jie kalbėjosi apie Jėzaus mirtį, 15 ir staiga prie keliauninkų prisiartino Jėzus. Jis ėjo šalia , 16 bet šie Jo nepažino, kadangi nuo to juos saugojo Dievas. 17 Jūs, atrodo, apie kažką smarkiai diskutuojate? Jis paklausė. Kuo jūs taip susirūpinote?" Jie nutilo, ir veidai apsiniaukė.

18 Vienas , vardu Kleopas, pasakė: Jūs greičiausiai vienintelis žmogus Jeruzalėje, negirdėjęs apie baisius dalykus, kurie vyko praėjusią savaitę." 19 Kokius dalykus?" paklausė Jėzus. Visa tai atsitiko Jėzui, žmogui Nazareto, pasakė jie. Jis buvo pranašas, kuris darė neįtikėtinus stebuklus ir buvo galingas Mokytojas, aukštai vertinamas Dievo ir žmonių. 20 Bet aukštieji kunigai ir mūsų religijos vadovai suėmė , perdavė romėnų vyriausybei, kad pasmerktų mirčiai. Jie nukryžiavo . 21 Mes manėme, kad Jis šlovingasis Mesijas ir atėjo išgelbėti Izraelį. O greta to, kas įvyko prieš tris dienas, 22,23 šiandien rytą kelios mūsų grupės moterys buvo nuėjusios prie Jo kapo. Jos grįžo su neįtikėtina naujiena, kad Jo kūno kape nebėra ir kad jos susitiko angelus, pasakiusius, jog Jėzus gyvas. 24 Vyrai taip pat bėgo pažiūrėti, ir tikrai kūno nebėra, kaip moterys ir sakė."

25 Tada Jėzus tarė jiems: Ak jūs paiki, paiki žmonės! Kaip sunkiai jūs patikite tuo, apie rašo pranašai Raštuose! 26 Argi neaiškiai buvo pasakyta pranašų, kad Mesijas turės visa tai iškentėti, prieš išeidamas į Savo šlovę?" 27 Tada Jėzus citavo jiems vieną pastraipą po kitos pranašų Raštų, pradėdamas Pradžios knyga, ir, peržvelgęs visus Raštus, aiškino prasmę ir tai, kas juose rašoma apie .

28 Dabar jau jie artėjo prie Emauso. Jėzus būtų keliavęs toliau, 29 bet jie maldavo pasilikti nakčiai, nes jau temo. 30 Tada Jis nuėjo su jais į namus. Jiems atsisėdus valgyti, Jis paprašė Viešpatį palaiminti maistą, paėmė mažą kepalėlį duonos, laužė ir davė kitiems. 31 Tik staiga akys atsivėrė ir jie pažino Jėzų! Bet tuo metu Jis pranyko jiems akių! 32 Jie pradėjo vienas kitam pasakoti, kaip širdys sušilo, kai Jis su jais kalbėjo, aiškindamas Raštą.

33 Po valandos jie sugrįžo atgal į Jeruzalę, kur juos pasitiko vienuolika mokinių 34 šiais žodžiais: Viešpats tiesų prisikėlė! Jis pasirodė Petrui!" 35 Tiedu Emauso tuojau papasakojo, kaip jiems pasirodė Jėzus kelyje ir kaip, belaužantį duoną, jie atpažino .

Jėzus pasirodo mokiniams

36 Apie tai besikalbant, tarp staiga atsirado pats Jėzus ir pasveikino juos. 37 Bet visas būrelis labai išsigando, manydamas, kad mato dvasią. 38 Kodėl jūs taip išsigandote?" paklausė Jis. Kodėl jūs abejojate, kad tai tiesų ? 39 Pasižiūrėkite į Mano rankas ir kojas. Žiūrėkite ir įsitikinkite, kad tai esu . Palieskite Mane. Būkite tikri, kad nesu dvasia. Nes dvasia neturi kūno, kaip matote Mane turint." 40 Kalbėdamas Jis iškėlė rankas, kad jie matytų vinių žymes ir parodė jiems žaizdas kojose. 41 Tačiau jie tebestovėjo neryžtingi, pilni džiaugsmo ir abejonių. Tada Jis paklausė: Ar neturite čia ko valgyti?" 42 Jie davė Jam gabalėlį keptos žuvies, 43 ir visiems žiūrint Jėzus valgė!

44 Tada Jis tarė: Kai anksčiau buvau su jumis, argi neprisimenate, kai sakiau: viskas, kas turi išsipildyti apie Mane, parašyta Mozės, Pranašų ir Psalmių knygose." 45 Tai pasakęs, Jis atvėrė protus bent jau šitiems Raštams išmanyti! 46 Po to pridūrė: Tikrai, jau seniai parašyta, kad Mesijas turės kentėti ir mirti, ir prisikelti trečią dieną numirusių; 47 šita žinia apie prisikėlimą turi pasklisti Jeruzalės į visas tautas. Visiems, kurie tik į Mane atsigręžia, bus atleidžiamos nuodėmės. 48 Jūs šių pranašysčių išsipildymo liudininkai.

49 O dabar jums atsiųsiu Šventąją Dvasią, kaip pažadėjo Mano Tėvas. Dar nepasakokite kitiems apie tai, kol dangaus ateis Šventoji Dvasia, pasilikite mieste, kol Ji aukštybių suteiks jums jėgą."

Žengimas į dangų

50 Tada Jėzus nusivedė juos keliu į Betaniją ir, iškėlęs rankas į dangų, palaimino juos. Laimindamas 51 pradėjo kilti į dangų, ir jie Jo nebematė. 52 Visi šlovino , grįžo į Jeruzalę, pilni didelio džiaugsmo, 53 ir nuolat lankė šventyklą, šlovindami Dievą.

Veja também