Oor die struikelblokke. Oor die vergifnis van belediginge en die krag van die wet. Die nuttelose dienskneg.
1 EN Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.
2 Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.
3 Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.
4 En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe.
5 Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.
6 En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees.
7 En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?
8 Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?
9 Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.
10 So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.
Genesing van tien melaatses.
11 EN op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan.
12 En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het.
13 En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!
14 En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
15 En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik.
16 En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan.
17 Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?
18 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?
19 En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.
Oor die skielike koms van die koninkryk van God.
20 EN toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
22 En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.
23 En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.
24 Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.
25 Maar eers moet Hy baie ly en deur hierdie geslag verwerp word.
26 En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:
27 hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.
28 Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
29 Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.
30 Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.
31 In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.
32 Dink aan die vrou van Lot!
33 Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.
34 Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
35 Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
36 Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
37 En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
Nuodėmė, ištikimybė, pareiga
1 „Visuomet atsiras pagundų nusidėti, – vieną dieną pasakė Jėzus Savo mokiniams. – Bet vargas tam žmogui, kuris gundo. 2,3 Jam būtų geriau, jei ant kaklo būtų užmauta girnapusė ir jis būtų įmestas jūron, negu papiktintų šitų mažų vaikų sielas. Aš jus įspėju! Pabark savo brolį, jei jis nusižengia, o jeigu gailisi – atleisk jam. 4 Net jei jis nusižengia septynis kartus per dieną ir kiekvieną kartą kreipiasi į tave, prašydamas atleidimo, atleisk jam."
5 Vieną dieną apaštalai pasakė Viešpačiui: „Mums reikia didesnio tikėjimo, pamokyk, kaip jį sustiprinti." 6 „Jeigu jūsų tikėjimas būtų kaip garstyčios grūdas, – atsakė Jėzus, – jo užtektų šitam šilkmedžiui išrauti ir įmesti į siautėjančią jūrą. Jūsų paliepimas tuojau duotų rezultatus.
7-9 Kai tarnas grįžta suaręs laukus ir apžiūrėjęs avis, jis iškart nesėda prie stalo ir nevalgo, bet pirma paruošia valgį šeimininkui ir paduoda jam vakarienę, o tik paskui sėdasi pats. Jam net nedėkojama, nes jis paprasčiausiai atlieka pareigą. 10 Taip pat ir jūs, darote tik tai, kas privaloma!"
Dešimt išgydytų raupsuotųjų
11 Keliaudami Jeruzalės link, jie pasiekė ribątarp Galilėjos ir Samarijos. 12 Kaimelio pakraštyje atokiai stovėjo dešimt raupsuotųjų ir 13 šaukė: „Jėzau, pasigalėk mūsų!" 14 Jis pažvelgė į juos ir pasakė: „Eikite pas žydų kunigą ir pasirodykite, kad esate sveiki!" Jiems einant, raupsai pranyko. 15 Vienas jų sugrįžo pas Jėzų šaukdamas: „Šlovė Viešpačiui, aš išgydytas!" 16 Žmogus krito veidu ant žemės prieš Jėzų, dėkodamas už tai, kas įvyko. Jis buvo samarietis. 17 Jėzus paklausė: 18 „Ar ne dešimt pagydžiau? Kur kiti devyni? Ar tik šis svetimtautis sugrįžo pašlovinti Dievą?" 19 O žmogui Jėzus pasakė: „Stokis ir eik. Tavo tikėjimas išgydė tave."
Dievo karalystės atėjimas
20 Vieną dieną fariziejai paklausė Jėzų: „Kada ateis Dievo karalystė?" Jėzus atsakė: „Dievo karalystės jūs nematysite ir 21 negalėsite pasakyti: „Ji prasidėjo čia, šioje ar kitoje vietoje", nes Dievo karalystė yra jumyse."
22 Vėliau Jis apie tai kalbėjosi su Savo mokiniais: „Ateis laikas, kai jūs norėsite pabūti su Manimi nors dieną, bet Manęs čia nebus, – tarė Jis. 23 – Jus pasieks žinios, kad Aš sugrįžau, kad Aš toje ar kitoje vietoje; netikėkite tuo ir neikite Manęs ieškoti, 24 nes, kai Aš grįšiu, jūs tikrai žinosite: tvykstelės žaibas, kuris viską danguje nušvies. 25 Bet pirma visa ši tauta turi Mane atstumti ir Aš turiu daug iškentėti.
26 Kai Aš grįšiu, žmonės bus tokie abejingi Dievui, kaip Nojaus laikais. 27 Jie valgė ir gėrė, vedė ir tekėjo iki tos dienos, kol Nojus sėdo į laivą. Tada kilo tvanas, ir jie visi nuskendo. 28 Pasaulis bus toks, kaip ir Loto dienomis – žmonės rūpinosi savo buitimi. Jie valgė, gėrė, pirko, pardavinėjo, sodino, statė, 29 kol vieną rytą Lotas išėjo iš Sodomos. Tuomet iš dangaus pasipylė ugnis ir siera ir sunaikino juos visus. 30 Taip, kasdieniai darbai vyraus iki pat Mano sugrįžimo valandos.
31 Tie, kurie bus išvykę iš namų, tą dieną tenegrįžta namo susidėti daiktų, o kas laukuose – tenegrįžta į miestą. 32 Prisiminkite, kas atsitiko Loto žmonai. 33 Kas stengsis išsaugoti savo gyvybę, praras ją, o kas negailės jos, tas bus išgelbėtas.
34 Tą naktį du vyrai miegos viename kambaryjeir vienas bus paimtas, o kitas paliktas. 35,36 Dvi moterys bus užsiėmusios namų ruoša. Viena bus paimta, o kita palikta. Taip ir su žmonėmis, dirbančiais kartu laukuose." 37 „Viešpatie, kur jie bus paimti?" – klausė mokiniai. Jėzus atsakė: „Kur maita, ten susirenka maitvanagiai!"