Gelykenis van die onregverdige bestuurder.
1 EN Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.
2 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.
3 Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.
4 Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.
5 Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?
6 En hy antwoord: Honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.
7 Daarna sê hy vir 'n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: Honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.
8 En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
9 En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.
11 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?
12 En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
Die gesag van die wet.
14 EN die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
15 En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor God.
16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
17 Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
18 Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
Gelykenis van die ryk man en Lasarus.
19 EN daar was 'n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.
20 En daar was 'n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het.
21 En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.
22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.
23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.
24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.
25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.
26 En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.
27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur —
28 want ek het vyf broers — om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.
29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.
30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.
31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
Palyginimas apie apsukrųjį prievaizdą
1 Po to Jėzus mokiniams papasakojo šią istoriją: „Vienas turtingas žmogus turėjo prievaizdą, kuris tvarkė jo reikalus, bet greitai pasklido gandas esą jis labai nesąžiningas. 2 Todėl darbdavys pasišaukė jį į vidų ir pasakė: „Ką aš girdžiu apie tave šnekant, kad tu vagi iš manęs? Paruošk ataskaitą, nes būsi atleistas." 3 Prievaizdas pagalvojo sau: „Ką dabar daryti? Čia netenku darbo, eiti kasti griovių aš neturiu jėgų, be to esu pernelyg išdidus, kad galėčiau prašyti išmaldos. 4 Aš žinau, ką daryti. Įgysiu daug draugų, kurie manimi rūpinsis, kai būsiu atleistas."
5,6 Jis pasikvietė visus, kurie buvo savo darbdaviui skolingi, kad ateitų ir aptartų padėtį. Jis paklausė pirmąjį: „Kiek tu jam skolingas?" „Mano skola šimtas statinių aliejaus", – atsakė žmogus. „Taip, štai skolos raštas, kurį tu pasirašei!" – jam pasakė prievaizdas. – Suplėšyk ir parašyk kitą, parodantį pusę to kiekio!" 7 „O kiek tu jam skolingas?" – paklausė jis kitą žmogų. „Šimtą saikų kviečių", – atsakė tas. Prievaizdas tarė: „Štai, imk skolos raštą ir pakeisk jį kitu, kuriame parašyta, jog esi skolingas aštuoniasdešimt saikų kviečių!"
8 Turtingasis žmogus negalėjo nesižavėti sukčiaus įžvalgumu. Tiesa, kad pasauliečiai yra daug apsukresni už pamaldžiuosius. 9 Bet ar Aš liepiu jums siekti draugystės per suktybes? Ar šitaip elgdamiesi įgysite amžinus namus danguje? 10 Ne! Jei negali sąžiningai atlikti mažų darbų, nebūsi sąžiningas ir didelius dirbdamas. 11 Jei nors truputį sukčiausite, sąžiningai neatliksite ir didesnių pareigų. 12 Ir jeigu jums negalima patikėti pasaulio turtų, kas patikės jums tikrus dangaus turtus? Jeigu nesąžiningai elgiatės su svetimais pinigais, tai ar galima jums patikėti jūsų pačių pinigus?
13 Nei jūs, nei kas kitas negali tarnauti dviem šeimininkams. Jūs neapkęsite vieno ir parodysite ištikimybę kitam, arba atvirkščiai – jūs vieną priimsite su džiaugsmu, o kito neapkęsite. Jūs negalite tarnauti ir Dievui, ir pinigui!" 14 Fariziejai, kurie buvo godūs, žinoma, šaipėsi iš viso to. 15 Tada Jis jiems pasakė: „Jūs apsimetę teisiais ir pamaldžiais žmonių akivaizdoje, bet Dievas žino jūsų piktas širdis. Žmonių akyse jūs pagerbti, bet pasmerkti Dievo akyse."
Trumpi pamokymai
16 „Iki Jono Krikštytojo mokslo jūs vadovavotės Mozės įstatymais ir pranašų žodžiais, bet Jonas supažindino su gerąja naujiena apie greit ateisiančią Dievo karalystę. Ir dabar daugybė į ją veržiasi.
17 Bet tai nereiškia, kad įstatymas neteko galios bent vienu požiūriu. Jis stiprus ir nepalaužiamas kaip dangus ir žemė.
18 Taigi kiekvienas, kas išsiskiria su žmona ir veda kitą – svetimauja, ir kas veda išsiskyrusią moterį – taip pat."
Turtuolis ir Lozorius
19 „Gyveno vienas turtingas žmogus, – tęsė Jėzus, – kuris buvo nuostabiai apsirengęs ir kiekvieną dieną kėlė prabangias puotas. 20 O Lozorius, sergantis elgeta, gulėjo prie jo durų, svajodamas apie trupinius nuo turtuolio stalo. 21 Atbėgę šunys laižydavo jo atviras žaizdas. 22 Pagaliau vargšas mirė, ir angelai jį nunešė į Abraomo prieglobstį, ten, kur yra teisiųjų mirusiųjų vieta.
23 Mirė taip pat ir turtuolis, buvo palaidotas, o jo vėlė nukeliavo į pragarą. Čia kentėdamas, jis pamatė tolumoje Lozorių su Abraomu. 24 „Tėve Abraomai, – sušuko jis, – pasigailėk! Atsiųsk čionai Lozorių, kad, suvilgęs vandenyje galą piršto, atvėsintų mano liežuvi, nes aš baisiai kenčiu šiose liepsnose!" 25 Bet Abraomas jam pasakė: „Sūnau, atmink, kad savo gyvenime turėjai ko norėjai, o Lozorius neturėjo nieko. Todėl dabar čia jis paguostas, o tu – kančioje. 26 Be to, mus skiria didelė bedugnė, tad kiekvienas, kuris nori pas tave patekti, yra sustabdomas ant bedugnės krašto, ir nė vienas iš jūsų negali ateiti pas mus."
27 Tas vėl tarė: „Tai meldžiu tave, tėve, nusiųsk jį bent į mano tėvo namus: 28 aš gi turiu penkis brolius – juos teįspėja, kad ir jie nepatektų į šią kančių vietą." 29 Abraomas atsiliepė: „Jie turi Mozę bei pranašus, tegul jų klauso!" 30 O anasatsakė: „Ne, tėve Abraomai! Bet jei kas iš mirusiųjų nueitų pas juos, jie atsiverstų" 31 Tačiau Abraomas tarė: „Jeigu jie neklauso Mozės nei pranašų, tai nepatikės, jei kas ir iš mirusiųjų prisikeltų."