Die vroue wat Jesus met hulle goed gedien het.
1 EN daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,
2 ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat Magdaléna genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,
3 en Johanna, die vrou van Gusa, 'n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.
Gelykenis van die saaier.
4 EN toe daar 'n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur 'n gelykenis:
5 'n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val 'n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.
6 En 'n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.
7 En 'n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.
8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!
9 En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog?
10 En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.
11 Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God.
12 Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.
13 En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir 'n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.
14 En wat in die dorings geval het — dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.
15 En wat in die goeie grond val — dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in 'n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.
Gelykenis van die lamp.
16 EN niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.
17 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.
18 Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.
Die familie van Jesus.
19 EN sy moeder en broers het na Hom gekom, en weens die skare kon hulle Hom nie bereik nie.
20 Toe bring hulle Hom die boodskap en sê: U moeder en u broers staan buite en wil U sien.
21 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen.
Jesus maak die storm stil.
22 EN op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in 'n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die oorkant van die see. En hulle het weggevaar.
23 En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar 'n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.
24 En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het 'n stilte gekom.
25 En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!
Die besetene van Gádara.
26 EN hulle het geseil na die land van die Gadaréners, wat reg anderkant Galiléa is.
27 En toe Hy aan wal uitklim, kom 'n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir 'n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in 'n huis gewoon nie, maar in die grafte.
28 En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met 'n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie —
29 want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.
30 Daarop vra Jesus hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio — want baie duiwels het in hom ingevaar.
31 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie.
32 En daar het 'n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in dié varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat.
33 Daarop gaan die duiwels uit die man uit en vaar in die varke in, en die trop het van die krans af in die see gestorm en verdrink.
34 En toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die buitewyke gaan vertel.
35 Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.
36 En die wat ooggetuies was, het ook aan hulle vertel hoe die besetene genees is.
37 En die hele menigte van die omtrek van die Gadaréners het Hom gevra om van hulle weg te gaan, omdat hulle deur 'n groot vrees bevang was. Toe het Hy in die skuit geklim en teruggegaan.
38 En die man uit wie die duiwels uitgevaar het, het Hom gebid om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom laat gaan en gesê:
39 Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het.
Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het.
40 EN toe Jesus terugkom, het die skare Hom verwelkom; want almal was Hom te wagte.
41 En daar kom 'n man wie se naam Jaïrus was, en hy was 'n owerste van die sinagoge; en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom;
42 want sy enigste dogter van omtrent twaalf jaar het op sterwe gelê. En terwyl Hy gaan, het die skare Hom verdring.
43 En 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie,
44 het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou.
45 Daarop sê Jesus: Wie is dit wat My aangeraak het? En toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat by hom was: Meester, die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak het?
46 Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het gemerk dat krag van My uitgegaan het.
47 En toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie, kom sy bewende en val voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk om watter rede sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.
48 En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.
49 Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie.
50 Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.
51 En toe Hy in die huis kom, het Hy niemand toegelaat om in te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes en die vader en die moeder van die meisie.
52 En almal het gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Hy sê: Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.
53 En hulle het Hom uitgelag, want hulle het geweet dat sy dood was.
54 En toe Hy almal na buite uitgejaag het, gryp Hy haar hand en roep uit en sê: Dogtertjie, staan op!
55 En haar gees het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan; en Hy het beveel dat hulle haar iets te ete moes gee.
56 En haar ouers was verbaas, maar Hy het hulle bevel gegee om aan niemand te sê wat gebeur het nie.
Palyginimas apie sėjėją
1 Netrukus Jis pradėjo kelionę per Galilėjos miestus ir kaimus, skelbdamas Dievo karalystės atėjimą, ir pasiėmė dvylika mokinių su Savimi. 2 Dalis moterų, iš kurių Jis išvarė piktąsias dvasias arba išgydė, ėjo kartu su Juo. Tarp jų buvo Marija Magdalietė (Jėzus išvarė iš jos septynias piktąsias dvasias), 3 Joana, Chuzos žmona (Chuza buvo karaliaus Erodo rūmų valdininkas), Zuzana ir daug kitų, kurios asmeninėmis santaupomis prisidėdavo išlaikant Jėzų ir Jo mokinius.
4 Vieną dieną Jis papasakojo istoriją didelei miniai, kuri rinkosi Jo paklausyti, kiti iš aplinkinių miestų dar tebebuvo kelyje. 5 „Ūkininkas išėjo į laukus sėti. Jis išbarstė sėklas ant žemės. Kai kurios krito ant tako ir buvo sumindžiotos. Atskrido paukščiai ir sulesė jas, nes jos buvo gerai matomos. 6 Kitos sėklos krito į nederlingą dirvą ant uolos. Šios sėklos pradėjo dygti, bet greitai sudžiūvo dėl drėgmės stokos. 7 Dar kitos sėklos krito tarp erškėčių, ir jauni daigeliai greitai buvo nustelbti. 8 Tačiau didelė dalis krito į derlingą dirvą. Ši sėkla išaugo ir davė šimteriopą derlių." Šitaip palyginęs, Jis pasakė: „Kas turi ausis, tesiklauso."
9 Apaštalai klausė, ką ši istorija reiškianti. 10 Jis atsakė: „Dievas leido jums sužinoti šio palyginimo prasmę, kadangi čia kalbama apie Dievo karalystę. Tačiau minia, kaip senasis pranašas ir buvo sakęs, viską girdėjo, bet nieko nesuprato.
11 Štai ką jis reiškia: Sėkla yra Dievo Žodis žmonėms. 12 Išmintas takas, kur nukrenta sėklos, reiškia kietas širdis tų, kurie girdi Dievo žodžius, tačiau juos atima atėjęs velnias, kad žmonės netikėtų ir nebūtų išgelbėti. 13 Akmenuota žemė vaizduoja tuos, kuriems patinka klausytis pamokslų, bet Žodis niekada iš tiesų jų nepasiekia, neįsišaknija jų širdyse ir nesubręsta. Jie tiki, kad Žodis tikras, ir tiki juo kurį laiką, bet kaipapučia karšti permainų vėjai, jie praranda tikėjimą. 14 Sėklos tarp erškėčių simbolizuoja tuos, kurie klauso ir tiki Dievo Žodžiu, bet vėliau jų tikėjimas prapuola rūpesčių, turtų, pareigų ir gyvenimo malonumų sūkuryje. Ir tokiu būdu jie niekada nesugeba niekam padėti įtikėti Dievo Žodžiu. 15 O geroji dirva simbolizuoja sąžiningus, geros širdies žmones. Jie klauso Dievo Žodžio, priima ir skleidžia jį, todėl jų darbas yra vaisingas."
Palyginimas apie žiburį
16 Kitą kartą Jis paklausė: „Ar girdėjote, kad kas nors, uždegęs žiburį, laikytų jį uždengęs gaubtu? Ne, žibintai statomi taip, kad visi matytų. 17 Lygiai taip pat kurią nors dieną visa, kas paslėpta žmonių širdyse, bus iškelta į dienos šviesą ir išaiškės. 18 Taigi žiūrėkite, kaip jūs klausotės. Nes turinčiam bus duota, o iš neturinčio net ir tai, ką jis tariasi turįs, bus atimta."
Jėzaus motina ir broliai
19 Kartą, kai motina ir broliai atėjo Jo aplankyti, jie negalėjo įeiti į namus, kur Jis mokė, nes buvo susirinkusi didelė žmonių minia. 20 Kai Jėzui buvo pasakyta, kad artimieji stovi lauke ir nori Jį pamatyti, 21 Jis tarė: „Mano motina ir Mano broliai yra tie, kurie klauso Dievo Žodžio ir jį vykdo."
Jėzus nutildo audrą
22 Vieną dieną, būdamas valtyje su Savo mokiniais, Jėzus pasiūlė jiems persikelti į kitą ežero pusę. 23 Plaukiant per ežerą, Jėzus užsnūdo, o tuo metu pradėjo pūsti vėjas. Kilo didelė audra, ir jie atsidūrė dideliame pavojuje, nes galėjo nuskęsti. 24 Prisiartinę prie Jėzaus, mokiniai pažadino Jį. „Mokytojau, Mokytojau, mes skęstame!" – šaukė jie. Todėl Jis įsakė audrai: „Nurimk", – ir vėjas tuojau pat nurimo, bangos sumažėjo. 25 Tada Jis paklausė: „Kur jūsų tikėjimas?" Jie išsigando ir nustebę vienas kito klausė: „Kas šis žmogus, kad net vėjai ir bangos Jo klauso?"
Velnio apsėstojo išgydymas
26 Taigi jie atplaukė į geraziečių kraštą, kuris yra priešingame Galilėjos krante. 27 Lipant iš valties, Jo pasitikti atėjo žmogus iš Godaro miesto. Jis ilgą laiką buvo demonų apsėstas, gyveno kapinėse benamis ir nuogas. 28 Vos tik jis pamatė Jėzų, ėmė garsiai šaukti ir parpuolęs priešais Ji sakė: „Ko Tu iš manęs nori, Jėzau, Aukščiausiojo Dievo Sūnau?! Prašau, maldauju, nekankink manęs!" 29 Šis demonas jį dažnai užvaldydavo. Net ir surakintas grandinėmis jis buvo visiškai to demono valdomas, todėl nusitraukdavo grandines ir išlėkdavo į dykynę. Jėzus įsakė demonui atstoti nuo jo. 30 „Koks tavo vardas?" – paklausė Jėzus demoną. Jis atsakė: „Legionas", nes žmogų buvo apsėdę tūkstančiai piktųjų dvasių. 31 Jos maldavo, kad Jėzus neįsakytų joms prasmegti.
32 Netoliese kalne ganėsi kiaulių kaimenė. Demonai prašė leisti jiems persikelti į kiaules. Jėzus jiems leido. 33 Taigi jie paliko vyrą ir suėjo į kiaules. Bematant visa kaimenė metėsi nuo skardžio į ežerą ir prigėrė.
34 Piemenys pasileido į netoliese esantį miestą ir bėgdami visiems pasakojo apie tai, kas įvyko. 35 Greitai minia išėjo pati pažiūrėti, kas atsitiko, ir pamatė žmogų, iš kurio buvo išėję demonai, sėdintį prie Jėzaus kojų, apsirengusį ir sveiko proto! Visa minia labai išsigando. 36 Tada mačiusieji papasakojo, kaip buvo išgydytas apsėstasis. 37 Visi puolė maldauti Jėzų pasitraukti ir palikti juos vienus, nes visus buvo užvaldžiusi didelė baimė. Taigi Jis grįžo į valtį ir nusiyrė į kitą ežero pusę.
38 Velnio apsėstas žmogus maldavo, kad jį paimtų drauge, bet Jėzus nesutiko. 39 „Grįžk į šeimą, – tarė jam, – ir papasakok, kokį didelį dalyką tau Dievas padarė." Todėl jis vaikščiojo po miestą ir visiems skelbė apie didelį Jėzaus stebuklą.
Mirusi mergaitė ir serganti moteris
40 Kitoje ežero pusėje žmonės pasitiko Jį išskėstomis rankomis, labai Jo laukė. 41 Vienas žydų sinagogos vyresnysis, vardu Jajiras, atėjo ir krito Jėzui po kojomis, maldaudamas ateiti į jo namus, 42 nes vienintelis jo vaikas, dvylikos metų mergytė, buvo marinama. Jėzus ėjo skverbdamasis pro minią.
43,44 Jiems beeinant, iš paskos prisiartino moteris, kuri norėjo pagyti, ir palietė Jį. Dvylika metų ji sirgo kraujoplūdžiu, kurio niekas negalėjo pagydyti (nors ji atidavė visą turtą daktarams). Tačiau tik palietus Jėzaus rūbo kraštelį, kraujavimas sustojo. 45 „Kas palietė Mane?" – paklausė Jėzus. Visi gynėsi, o Petras pasakė: „Mokytojau, minia spaudžia Tave…" 46 Bet Jėzus jam atsakė: „Ne, kažkas sąmoningai palietė Mane, nes Aš jutau, kaip iš Manęs išėjo gydanti galia." 47 Kai moteris suvokė, kad Jėzus žino, ji pradėjo drebėti, atsiklaupė priešais Jį ir pasakė, kodėl palietė Jį ir, kad dabar ji sveika. 48 „Dukrele, – tarė Jis jai, – tavo tikėjimas išgelbėjo tave, lik rami."
49 Jiems dar tebekalbant, iš Jajiro namų atėjo pasiuntinys ir pranešė, kad mažoji mergaitė mirė. „Ji mirė, – pasakė jis jos tėvui. – Dabar nebėra prasmės varginti Mokytoją." 50 Bet kai Jėzus išgirdo, kas atsitiko, Jis pasakė tėvui: „Nebijok! Tik pasitikėk Manimi, ir ji bus gyva." 51 Kai jie atvyko į namus, Jėzus neleido į kambarį nieko, išskyrus tik Petrą, Jokūbą ir Joną, mergaitės tėvą bei motiną. 52 Namai buvo pilni giedotojų, bet Jis juos nutildė, sakydamas: „Baikite raudoję! Ji gyva, tik užmigusi." 53 Šie žodžiai sukėlė šypseną ir juoką, nes visi žinojo, kad ji mirusi. 54 Tada Jis paėmė ją už rankos ir sušuko: „Mergaite, kelkis!" 55 Tuo metu mergaitė atsigavo ir pakilo. „Duokite jai ko valgyti", – pasakė Jis. 56 Jos tėvus apėmė didelis džiaugsmas, bet Jėzus reikalavo niekam nepasakoti atsitikimo smulkmenų.