Gelykenis van die onregverdige regter.
1 EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,
2 en gesê: Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.
3 En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.
4 En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,
5 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.
6 Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.
7 Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
8 Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?
Gelykenis van die Fariseër en die tollenaar.
9 EN Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.
10 Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar.
11 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie — rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
12 Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.
13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!
14 Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.
Jesus en die kindertjies.
15 EN hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf.
16 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
17 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
Die ryk jongman.
18 EN 'n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
19 En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.
20 Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.
21 En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
22 En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou — verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
23 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.
24 En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.
25 Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
26 Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?
27 Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.
28 Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.
29 En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,
30 wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.
Jesus voorspel sy lyde.
31 EN Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.
32 Want Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word;
33 en nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
34 Maar hulle het niks hiervan begryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.
Die blinde man van Jérigo.
35 EN terwyl Hy naby Jérigo kom, sit daar 'n blinde man langs die pad en bedel;
36 en toe hy 'n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is.
37 En hulle vertel hom: Jesus die Nasaréner gaan verby.
38 Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!
39 En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!
40 En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom
41 en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.
42 En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.
43 En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.
Palyginimas apie įkyrią našlę
1 Vieną dieną Jėzus mokė, kad reikia nuolatos melstis. 2 „Gyveno mieste teisėjas, – sakė Jis, – didelis bedievis. 3 To miesto našlė dažnai ateidavo prašyti, kad ją apgintų nuo skriaudiko. 4,5 Jis kurį laiką spyrėsi, bet pagaliau nusileido." „Nebijau nei Dievo, nei žmonių, – pasakė jis sau, – bet ši moteris labai įkyri. Aš apginsiu jos teises, nes čia vaikščiodama ji mane vargina!" 6 Tada Viešpats pasakė: 7 „Jeigu net blogas teisėjas pavargo, nejaugi Dievas neapgins Savo žmonių, kurie Jo šaukiasi dieną naktį. 8 Taip! Jis jiems greitai atsakys! Tačiau svarbiausia tai: kai grįsiu Aš, Mesijas, kiek rasiu nepraradusių tikėjimo ir besimeldžiančių?"
Palyginimas apie fariziejų ir muitininką
9 Šią istoriją Jis papasakojo keliems žmonėms, kurie gyrėsi savo dorybe, o kitus niekino: 10 „Du vyrai nuėjo į šventyklą melstis. Vienas buvo išdidus, įsitikinęs savo teisumu fariziejus, o kitas – muitininkas. 11 Išdidusis fariziejus meldėsi: „Ačiū Dievui, aš nesu nusidėjėlis kaip kiti, ypač kaip šis muitininkas! Aš nesu sukčius, svetimoteriautojas. 12 Aš pasninkauju du kartus per savaitę. Aš duodu Dievui dešimtinę nuo to, ką pelnau." 13 O muitininkas stovėjo atokiau ir nedrįso besimelsdamas nė akių pakelti į dangų, tik liūdnai mušėsi į krūtinę, šaukdamas: „Dieve, pasigailėk manęs, nusidėjėlio." 14 Aš sakau jums, šitas nusidėjėlis, o ne fariziejus grįžo namo išteisintas! Nes išdidieji bus pažeminti, o pažemintieji bus išaukštinti."
Vaikeliai ir Jėzus
15 Vieną dieną keletas motinų atnešė savo kūdikius, kad Jis juos paliestų ir palaimintų. Bet mokiniai liepė joms pasišalinti. 16,17 Tada Jėzus sukvietė vaikus ir pasakė mokiniams: „Leiskite mažutėliams eiti pas Mane! Niekada nevarykite jų šalin! Nes Dievo karalystė priklauso žmonėms, kurių širdys pasitikinčios kaip šių vaikų. Kas neturi tokio tikėjimo, niekada neįeis pro karalystės vartus!"
Kilmingasis turtuolis
18 Kartą žydų religijos vadovas paklausė Jo: „Gerasis Mokytojau, ką aš turiu daryti, kad patekčiau į dangų?" 19 „Ar supranti, ką sakai, kai vadini Mane geru? – Jėzus paklausė jį. – Tik Dievas iš tiesų geras, o ne kas kitas. 20 Tu juk žinai dešimt Dievo įsakymų: nesvetimoteriauk, nežudyk, nevok, nemeluok, gerbk tėvus ir taip toliau." 21 Žmogus atsakė: „Aš laikiausi šitų įsakymų nuo vaikystės." 22 „Dar vieno dalyko tau trūksta, – pasakė Jėzus. – Parduok visa, ką turi, ir atiduok pinigus vargšams. Už tai gausi atpildą danguje. Tada ateik ir sek paskui Mane." 23 Kai žmogus tai išgirdo, nuėjo nuliūdęs, nes jis buvo labai turtingas.
24 Jėzus jį stebėjo nueinantį ir tada pasakė Savo mokiniams: „Kaip sunku turtingiems įeiti į Dievo karalystę! 25 Lengviau kupranugariui pralįsti pro adatos skylutę, negu turtuoliui įeiti į Dievo karalystę." 26 Tie, kurie girdėjo, sušuko: „Jeigu ją yra sunku pasiekti – kaip apskritai kas nors gali išsigelbėti?" 27 Jis atsakė: „Dievas gali padaryti tai, ko žmogus negali."
28 Petras pasakė: „Mes palikome savo namus ir nusekėme paskui Tave." 29 „Taip, – atsakė Jėzus. – Visiems, kurie kaip ir jūs paliko namus, žmoną, brolius, tėvus, vaikus dėl Dievo karalystės, 30 dabar bus atlyginta daug kartų daugiau; o taip pat jie gaus amžinąjį gyvenimą būsimajame amžiuje."
Jėzus vėl pranašauja Savo mirtį
31 Surinkęs dvylika apaštalų, Jis pasakė: „Kaip jūs žinote, mes vykstame į Jeruzalę. Kai ten nuvyksime, išsipildys senųjų pranašų žodžiai apie Mane. 32 Aš būsiu atiduotas pagonių pajuokai, išgėdintas, apspjaudytas, 33 nuplaktas ir nužudytas. Trečią dieną Aš prisikelsiu." 34 Bet jie nieko nesuprato, kas buvo sakoma, nes Jis kalbėjo lyg užuominomis.
Jericho neregys
35 Kai jie pasiekė Jerichą, šalikelėje sėdėjo vienas aklas keliauninkas, prašydamas išmaldos. 36 Išgirdęs praeinančios minios triukšmą, jis paklausė, kas vyksta. 37 Jam pasakė, kad pro šalį eina Jėzus iš Nazareto, 38 todėl jis pradėjo šaukti: „Jėzau, Dovydo Sūnau, pasigailėk manęs!" 39 Minia prieštaravo, bandydama nutildyti, bet jis tik dar garsiau šaukė: „Dovydo Sūnau, pasigailėk manęs." 40 Kai Jėzus atėjo į tą vietą, Jis sustojo. „Atveskit akląjį čia", – tarė Jis. 41 Po to kreipėsi į akląjį: „Ko nori?" „Viešpatie, – maldavo tasai, – grąžink man regėjimą!" 42 Ir Jėzus sutiko: „Gerai, praregėk! Tavo tikėjimas išgelbėjo tave!" 43 Žmogus tuojau praregėjo ir nusekė paskui Jėzų, šlovindamas Dievą. Ir visi, kurie matė šį stebuklą, taip pat šlovino Dievą.