Jesus genees 'n man wat water het.
1 EN toe Hy in die huis van een van die owerstes van die Fariseërs gegaan het om brood te eet op die sabbat, het hulle Hom in die oog gehou.
2 En daar was voor Hom 'n man wat die water gehad het.
3 En Jesus het gespreek en aan die wetgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?
4 Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.
5 En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van julle se esel of os sal in 'n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?
6 En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.
Gelykenis van die genooides en die voorste plekke.
7 EN toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides 'n gelykenis en sê vir hulle:
8 Wanneer jy deur iemand na 'n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,
9 en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.
10 Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.
11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.
12 En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy 'n môre- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.
13 Maar wanneer jy 'n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
14 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.
Gelykenis van die groot maaltyd.
15 EN toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.
16 Maar Hy antwoord hom: 'n Sekere man het 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.
17 En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.
18 En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het 'n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.
19 En 'n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.
20 En 'n ander een het gesê: Ek het 'n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.
21 En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.
22 En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.
23 Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
24 Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.
Gelykenis oor bedagsaamheid.
25 EN groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:
26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
28 Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —
29 sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot
30 en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.
31 Of watter koning wat optrek om teen 'n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tienduisend die een te ontmoet wat met twintigduisend teen hom kom nie?
32 Anders stuur hy 'n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.
33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
34 Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?
35 Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
Jėzus fariziejaus namuose
1 Vieną šeštadienį, kai Jis buvo žydų tarybos nario namuose, fariziejai stebėjo Jį kaip vanagai, norėdami pamatyti, 2 ar Jis išgydys žmogų, sergantį vandenlige. 3 Jėzus paklausė fariziejų ir įstatymo žinovų, stovinčių aplinkui: „Ar įstatymas draudžia gydyti ligonius šeštadienį?" 4 Kai jie atsisakė paaiškinti, Jėzus paėmė ligonį už rankos, išgydė jį ir paleido. 5 Tada Jis pasisuko į stebėjusius: „Kas iš jūsų šeštadienį nedirba? Jeigu jūsų karvė įkris į duobę, ar nepulsite jos gelbėti?" 6 Jie vėl neturėjo ką atsakyti.
7 Matydamas, kad pakviestieji pietums stengėsi atsisėsti pačioje garbingiausioje vietoje prie stalo, Jis davė jiems patarimą: 8 „Jeigu jus pakvies į vestuvių pokylį, nesėskite pirmoje vietoje, nes jei pasirodys kas nors kitas garbingesnis už jus, 9 šeimininkas atves jį prie jūsų ir pasakys: „Tegul šis žmogus sėdasi į jūsų vietą." O jūs sutrikęs turėsite sėstis į likusią vietą stalo gale. 10 Geriau daryti taip – sėstis paskutinėje vietoje, o kai šeimininkas pamatys jus, jis ateis ir pasakys: „Drauge, mes tau turime geresnę vietą nei šita." Tai jūs būsite pagerbtas visų svečių akivaizdoje. 11 Nes kiekvienas, kuris pažemins save, bus išaukštintas."
12 Tuomet Jis pasisuko į šeimininką: „Kada ruošiate pietus, – pasakė Jis, – nekvieskite draugų, brolių, giminių ir turtingų kaimynų, 13 nes jie ir jus pakvies atsilygindami. 14 Pamaldiesiems prisikeliant Dievas atlygins, kad pakvietėt tuos, kurie negali tuo pačiu atsimokėti."
Nedėkingi svečiai
15 Tai girdėdamas žmogus, sėdintis prie stalo su Jėzumi, sušuko: „Kokia palaima patekti į Dievo karalystę!" 16 Jėzus pasakė palyginimą: „Žmogus surengė didelę puotą ir išsiuntinėjo daug pakvietimų. 17 Kai viskas buvo paruošta, jis pasiuntė savo tarną pranešti svečiams, jog laikas atvykti. 18 Jie pradėjo atsiprašinėti. Vienas sakė, kad jis ką tik nusipirko lauką, nori eiti jį apžiūrėti ir prašė, kad ji atleistų nuo pokylio. 19 Kitas pasakė, kad jis ką tik nusipirko penkis jungus jaučių ir nori juos išmėginti. 20 Dar vienas – ką tik vedęs ir dėl tos priežasties negali ateiti."
21 Tarnas sugrįžo ir viską pranešė savo šeimininkui. Šis supyko ir liepė greitai eiti į gatves, skersgatvius ir sukviesti elgetas, vargetas, luošus ir aklus. 22 Bet ir tuomettada dar liko vietos. 23 „Na, – tada pasakė šeimininkas, – pereik kaimo takeliais, patvoriais ir atvaryk visus, ką tik surasi, kad namai būtų pilni. 24 Nes nė vienas iš tų, kuriuos anksčiau pakviečiau, neragaus nė trupučio to, ką jiems buvau paruošęs."
Visko išsižadėjimas
25 Jėzų sekė didelė minia. Jis apsisuko ir kreipėsi į juos: 26 „Kas nori Mane sekti, turi mylėti Mane labiau už savo tėvą, motiną, žmoną, vaikus, brolius, seseris, labiau už savo gyvybę – kitaip jis negali būti Mano mokinys. 27 Ir nė vienas negali būti Mano mokinys, kas neima savo kryžiaus ir neseka Manimi.
28 Bet nepradėkite, kol nežinote tikros kainos. Negi kas pradės statyti namą, nepadaręs sąmatos ir nepatikrinęs, ar turi pakankamai pinigų? 29 Priešingu atveju, jo pinigai gali pasibaigti pastačius tik pamatus, ir kiek visiems būtų juoko! 30 „Pažiūrėkite į šitą jaunuolį, – jie juoktųsi. – Jis pradėjo statyti namus ir pristigo pinigų." 31 Koks karalius eina į karą, pirma neatsisėdęs su savo patarėjais ir neapsvarstęs, ar jo armija iš 10 000 vyrų pakankamai stipri, kad sumuštų 20 000 vyrų. 32 Jeigu sprendimas neigiamas, tada, kol priešo armija dar toli, jis siųs paliaubų komandą, kad aptartų taikos sąlygas.
33 Taigi, nė vienas negali tapti Mano mokiniu pirma neatsisėdęs ir neperskaičiavęs savo gėrybių, o tada jų dėl Manęs neatsisakęs.
34 Ko verta druska, kai nebetenka sūrumo? 35 Druska be skonio nieko neverta – net kaip trąša. Ji bevertė ir tinka tik išmesti. Gerai paklausykite, gal jūs suprasite, ką norėjau pasakyti."