Jesus voor Pilatus en voor Herodes.
1 EN die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.
2 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.
3 Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.
4 En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.
5 Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judéa deur, vandat Hy in Galiléa begin het tot hiertoe.
6 En toe Pilatus van Galiléa hoor, vra hy of die man 'n Galiléër is.
7 En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.
8 En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.
9 En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
10 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.
11 En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.
12 En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.
13 Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:
14 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;
15 ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.
16 Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.
17 En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.
18 Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!
19 Dié was oor 'n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor 'n moord in die gevangenis gewerp.
20 Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;
21 maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom!
22 En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.
23 Maar hulle het aangehou met 'n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en dié van die owerpriesters het die oorhand gekry.
24 Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.
25 En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.
Jesus op weg na Gólgota.
26 EN toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
27 En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.
28 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;
29 want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.
30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!
31 Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!
32 En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.
Die kruisiging.
33 EN toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter- en een aan die linkerkant.
34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.
35 En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.
36 En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring
37 en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.
38 En daar was ook 'n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.
39 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.
40 Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? —
41 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
42 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
44 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;
45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.
46 En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
47 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.
48 En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.
49 En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.
Die begrafnis.
50 EN daar was 'n man met die naam van Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en regverdige man
51 — hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie — van Arimathéa, 'n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
52 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra
53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
54 En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.
55 En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.
56 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.
1 Tada visa Taryba nuvedė Jėzų pas vietininką Pilotą. 2 Jie iš karto pradėjo Jį kaltinti: „Šis jaunuolis vedė mūsų žmones į pražūtį, sakydamas nemokėti mokesčių romėnų vyriausybei, tvirtindamas, kad Jis mūsų Mesijas – Karalius." 3 Todėl Pilotas paklausė: „Ar esi jų Mesijas ir Karalius?" „Taip, – atsakė Jėzus. – Taip yra, kaip sakai." 4 Pilotas pasisuko į vyresniuosius kunigus, į minią ir pasakė: „Na? Tai nėra nusikaltimas." 5 Tada jie įsiuto: „Bet Jis kursto riaušes prieš vyriausybę visoje Judėjoje, nuo Galilėjos iki Jeruzalės." 6 „Gal Jis tada iš Galilėjos?" – paklausė Pilotas. 7 Kai Jėzus tai patvirtino, Pilotas liepė Jį nuvesti pas karalių Erodą, nes Galilėja tada buvo Erodo valdžioje. O Erodas tuo metu buvo Jeruzalėje.
8 Erodas džiaugėsi, turėdamas progą pamatyti Jėzų, nes buvo daug apie Jį girdėjęs ir tikėjosi pamatyti Jį darant stebuklą. 9 Jis bėrė Jėzui klausimus vieną po kito, bet atsakymo nesulaukė. 10 Tuo tarpu vyriausieji kunigai ir kiti religijos vadovai stovėjo čia, garsiai Jį kaltindami. 11 Dabar Erodas ir jo kareiviai pradėjo tyčiotis iš Jėzaus, išjuokė Jį ir, aptaisę karališkais rūbais, nusiuntė atgal pas Pilotą. 12 Tą dieną iki šiol buvę priešai, Erodas ir Pilotas, tapo gerais draugais.
13 Tada Pilotas, sukvietęs aukštuosius kunigus, kitus žydų vadovus ir liaudį, 14 paskelbė savo nuosprendi: „Jūs atvedėte man šį Žmogų, kaltindami Jį už vadovavimą maištui prieš romėnų vyriausybę. Aš Jį smulkiai išklausinėjau ir įsitikinau, kad Jis nekaltas. 15 Erodas padarė tą pačią išvadą ir vėl atsiuntė Jį atgal. Šis Žmogus nepadaręs nieko, už ką derėtų bausti mirtimi. 16 Todėl aš Jį nuplakdinsiu odiniu diržu su švino gabalais ir paleisiu." 17,18 Bet dabar minioje kilo didelis triukšmas, nes jie vienu balsu šaukė: „Nukryžiuok Jį, paleisk mums Barabą!" 19 (Barabas sėdėjo kalėjime už žmogžudystę ir maišto Jeruzalėje kurstymą prieš vyriausybę.) 20 Pilotas ginčijosi, nes norėjo paleisti Jėzų. 21 Tačiau minia šaukė: „Nukryžiuoti! Nukryžiuoti!" 22 Jis dar trečią kartą klausė: „Kodėl? Kokį nusikaltimą Jis padarė? Aš neradau priežasties Jo žudyti, todėl aš Jį nuplakdinsiu ir paleisiu." 23 Bet jie šaukė vis garsiau ir garsiau, reikalaudami Jėzaus mirties, ir jų šauksmai nugalėjo.
24 Pilotas nuteisė Jėzų mirti, kaip jie reikalavo. 25 Jiems reikalaujant, jis paleido iš kalėjimo Barabą, nuteistą už maištą ir žmogžudystę. Jėzų atidavė jų valiai.
Nukryžiavimas
26 Kai minia lydėjo Jėzų į mirties vietą, Simonas iš Kirėnės, kuris ėjo iš kaimo į Jeruzalę, buvo priverstas eiti iš paskos ir nešti Jo kryžių. 27 Jėzų lydėjo didelės minios ir daug liūdesio apimtų moterų. 28 Bet Jėzus, atsigręžęs į jas, prabilo: „Jeruzalės dukros, verkite ne Manęs, bet savęs ir savo vaikų! 29 Nes ateis dienos, kai neturinčios vaikų motinos bus iš tiesų laikomos laimingomis. 30 Žmonės maldaus, kad griūdami kalnai juos sunaikintų, o kalvos palaidotų. 31 Jei šitaip daroma Man, Gyvybės medžiui, kas laukia jūsų?"
32,33 Du kiti nusikaltėliai buvo vedami nužudyti kartu su Juo į vietą, vadinamą „kaukole." Čia visi trys buvo nukryžiuoti. Jėzus – ant vidurinio kryžiaus, o du nusikaltėliai – iš abiejų pusių. 34 „Tėve, atleisk šiems žmonėms, nes jie nežino, ką daro", – Jėzus meldėsi. O kareiviai lošė iš jo drabužių, mėtydami kauliuką dėl kiekvieno daikto.
35 Minia stebėjo. Žydų vadovai tyčiodamiesi juokėsi: „Jis buvo toks geras, padėdamas kitiems, pažiūrėkim, kaip Jis išsigelbės, jei tikrai yra Dievo išrinktasis Mesijas." 36 Kareiviai išjuokė Jį, siūlydami parūgusio vyno. 37 Jie šaukė Jam: „Jei Tu žydų Karalius – gelbėkis pats!" 38 Viršum Jo buvo prikalta lentelė su užrašu: „Šitas yra žydų Karalius."
39 Vienas iš greta nukryžiuotų nusikaltėlių įžeidinėjo Jėzų: „Argi Tu ne Mesijas? Įrodyk tai, išgelbėdamas Save ir mus, jei gali." 40 Bet kitas nusikaltėlis sudraudė jį: „Ir Dievo tu nebijai net mirties akivaizdoje! 41 Savo piktais darbais mes užsitarnavome mirtį, bet šis Žmogus nepadarė nieko bloga." 42 Tada jis pasakė: „Jėzau, atsimink mane, kai įžengsi į Savo karalystę." 43 Jėzus atsakė: „Šiandien su Manimi tu būsi rojuje. Tai Mano pažadas."
Jėzaus mirtis
44 Buvo po vidurdienio, kai tamsa trims valandoms apgaubė žemę. 45 Saulė aptemo ir staiga stora šventyklos uždanga perplyšo pusiau. 46 Tada Jėzus sušuko: „Tėve, Aš Tau atiduodu Savo dvasią." Ir su tais žodžiais lūpose Jis mirė.
47 Kai vykdantis nuosprendžius romėnų karinio dalinio kapitonas pamatė, kas atsitiko, buvo pritrenktas Dievo akivaizdoje iš nuostabos ir pasakė: „Žinoma, šis Žmogus buvo nekaltas." 48 Ir kai žmonės, atėję pažiūrėti reginio, pamatė, kad Jėzus miręs, jie skirstėsi namo labai nusiminę.
49 Tuo tarpu Jėzaus draugai ir moterys, kurios sekė Jį nuo pat Galilėjos, stovėjo atokiau ir viską matė.
Jėzaus laidotuvės
50-52 Tada vienas žmogus, vardu Juozapas, žydų Aukščiausiojo teismo narys, nuėjo pas Pilotą ir paprašė Jėzaus kūno. Jis buvo pamaldus žmogus, kuris laukė Mesijo atėjimo ir nesutiko su nuosprendžiu ir kitais žydų vadovų veiksmais. 53 Tada jis nuėmė Jėzaus kūną, suvyniojo į ilgą lininę drobulę ir paguldė į naują kapą, iškaltą uolos rūsyje. 54 Tai buvo padaryta penktadienį po pietų, pasiruošimo šabui dieną.
55 Kai kūnas buvo nuimtas, moterys iš Galilėjos sekė ir matė, kaip Jis buvo palaidotas.
56 Tada jos grįžo namo ir ruošė tepalus bei kvepalus balzamavimui, bet kol baigė, atėjo šeštadienis, todėl jos visą dieną ilsėjosi, kaip reikalauja žydų įstatymas.