Jesus stuur die twaalf apostels uit.
1 EN Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
2 En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak
3 en vir hulle gesê: Neem niks vir die pad nie, geen stokke of reissak of brood of geld nie, en geeneen van julle moet twee kledingstukke hê nie.
4 En in watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en gaan dáárvandaan verder.
5 En almal wat julle nie ontvang nie — as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot 'n getuienis teen hulle.
6 En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.
Herodes, die viervors, en Johannes die Doper.
7 HERODES, die viervors, hoor toe van al die dinge wat deur Hom gedoen is; en hy was met die saak verleë, omdat deur sommige gesê is: Johannes is uit die dode opgewek;
8 en deur ander: Elía het verskyn; en deur ander: Een van die ou profete het opgestaan.
9 En Herodes het gesê: Johannes het ek onthoof; maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor? En hy het probeer om Hom te sien.
Eerste vermeerdering van die brode.
10 EN toe die apostels terugkom en Hom alles vertel wat hulle gedoen het, het Hy hulle saamgeneem en in die eensaamheid gegaan na 'n verlate plek van 'n stad met die naam van Betsáida.
11 Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.
12 Toe die dag begin daal, kom die twaalf na Hom en sê vir Hom: Stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe en buitewyke in die omtrek kan gaan en herberg en voedsel kry; want ons is hier in 'n verlate plek.
13 Maar Hy sê vir hulle: Gee julle vir hulle iets om te eet. Maar hulle antwoord: Ons het nie meer as vyf brode en twee visse nie, tensy ons voedsel gaan koop vir al hierdie mense.
14 Want daar was omtrent vyfduisend manne. Maar Hy sê vir sy dissipels: Laat hulle in groepe van vyftig sit.
15 En hulle het dit gedoen en almal laat sit.
16 Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.
17 En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
Die belydenis van Petrus.
18 EN toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek?
19 En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.
20 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!
21 Toe gee Hy hulle 'n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand te vertel nie.
22 En Hy sê: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.
Om die kruis op te neem.
23 EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
24 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.
25 Wat baat dit 'n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
26 Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.
27 Ek sê vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.
Die verheerliking.
28 EN omtrent agt dae ná hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklim om te bid.
29 En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy aangesig anders geword en sy klere skitterend wit.
30 En daar was twee manne in gesprek met Hom; dit was Moses en Elía.
31 Hulle het in heerlikheid verskyn en van sy uitgang gespreek wat Hy in Jerusalem sou volbring.
32 En Petrus en die wat saam met hom was, was deur die slaap oorweldig. Maar toe hulle wakker word, sien hulle sy heerlikheid en die twee manne wat by Hom staan.
33 En toe hulle van Hom weggaan, sê Petrus vir Jesus: Meester, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie hutte maak, een vir U en vir Moses een en een vir Elía — hy het nie geweet wat hy sê nie.
34 Maar toe hy dit sê, kom daar 'n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan.
35 En daar kom 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!
36 En nadat die stem gekom het, was Jesus daar alleen. En hulle het geswyg en aan niemand in daardie dae iets vertel van wat hulle gesien het nie.
Genesing van die maansieke kind.
37 EN op die volgende dag toe hulle van die berg afklim, kom 'n groot skare Hom tegemoet.
38 En daar roep 'n man uit die skare en sê: Meester, ek bid U, kyk tog na my seun, want hy is my enigste.
39 En kyk, 'n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat hom stuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van hom weg nie en verniel hom.
40 En ek het u dissipels gebid om hom uit te drywe, en hulle kon nie.
41 Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.
42 En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.
43 En almal was verslae oor die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
44 Bewaar hierdie woorde in julle ore; want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense.
45 Maar hulle het hierdie woord nie verstaan nie, en dit was vir hulle bedek, sodat hulle dit nie sou begryp nie; en hulle was bang om Hom iets te vra oor hierdie woord.
Die grootste in die koninkryk van die hemele.
46 EN daar het 'n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was.
47 En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy 'n kindjie en laat dié by Hom staan
48 en sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.
„Die wat nie teen ons is nie, is vír ons."
49 EN Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.
50 Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vír ons.
Die Samaritane wys Jesus af.
51 EN toe die dae van sy opneming nader kom, het Hy sy aangesig gerig om na Jerusalem te reis,
52 en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek en in 'n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak.
53 En hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was.
54 En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het?
55 Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie;
56 want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na 'n ander dorp vertrek.
Hoe Jesus gevolg moet word.
57 EN terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!
58 Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.
59 En Hy sê aan 'n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.
60 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.
61 En 'n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.
62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
Apaštalų išsiuntimas
1 Vieną dieną Jėzus sukvietė visus dvylika apaštalų ir davė jiems valdžią bei galią išvaryti demonus ir gydyti visas ligas. 2 Tada Jis pasiuntė juos gydyti ligonių ir skelbti apie artėjančią Dievo karalystę. 3 „Neimkite su savimi net lazdos, – nurodė jiems, – nei elgetos maišelio, nei maisto, nei pinigų. Neturėkite nė dviejų apsiaustų. 4 Aplankykite kiekviename kaime vienerius namus. 5 Jei tik miesto žmonės neklausytų jūsų, kai jūs į jį įeisite, apsisukite ir išeikite, parodydami Dievo rūstybę, nusipurtydami to miesto dulkes nuo kojų." 6 Taigi jie keliavo po kaimus, skelbdami gerąją naujieną ir gydydami ligonius.
7 Kai Erodą pasiekė žinia apie Jėzaus stebuklus, jis sunerimo ir susimąstė, nes kai kas sakė: „Tai Jonas Krikštytojas prisikėlė iš numirusių." 8 Kiti sakė: „Tai Elijas ar kuris kitas pranašas prisikėlė iš numirusių." Tie gandai sklido po visą šalį. 9 „Aš nukirsdinau Jonui galvą, – sakė Erodas. – Okas Šis Žmogus, apie Kuri aš girdžiu tokius keistus pasakojimus?" Jis panoro Ji pamatyti.
Jėzus pamaitina penkis tūkstančius
10 Kai apaštalai grįžo pas Jėzų ir apsakė, ką buvo nuveikę, drauge su jais ir Jėzus tyliai pasitraukė į Betsaidos miestą. 11 Bet žmonės sužinojo, kur Jis eina, ir sekė iš paskos. Jis neatstūmė jų, vėl pasakodamas apie Dievo karalystę ir gydydamas ligonius.
12 Pavakary atėjo visi dvylika mokinių, sakydami, kad Jis siųstų žmones į šalia esančius kaimus ir vienkiemius susirasti maisto ir prieglobstį nakčiai, „nes šioje dykumoje nėra ko valgyti", kaip jie sakė. 13 Bet Jėzus tarė: „Jūs duokite jiems valgyti!" „Bet mes turime tik penkis kepalėlius duonos ir dvi žuvis, – protestavo jie. – Nebent nueitume ir nupirktume maisto visai šiai miniai." 14 O ten buvo penki tūkstančiai vyrų. „Liepkite jiems susėsti ant žemės grupėmis po penkiasdešimt", – atsiliepė į tai Jėzus. 15 Mokiniai taip ir padarė. 16 Jėzus paėmė penkis kepalėlius duonos, dvi žuvis, pažvelgė į dangų ir palaimino, laužė duoną ir dalino Savo mokiniams, kad duotų miniai. 17 Visi valgė iki soties, ir dar buvo surinkta dvylika pintinių trupinių!
Petras išpažįsta Kristų
18 Vieną dieną, kai Jėzus buvo vienas ir meldėsi netoli nuo Savo mokinių, Jis priėjo prie jų ir paklausė: „Kas Aš esu žmonių akyse?" 19 Jie sakė Jam: „Jonas Krikštytojas, o galbūt Elijas ar vienas iš senųjų pranašų, prisikėlęs iš numirusių." 20 Tada Jis paklausė: „O ką jūs apie Mane galvojate?" Petras atsakė: „Tu Mesijas – Dievo Kristus!" 21 Jis liepė niekam apie tai nesakyti.
22 „Aš, Mesijas, turiu daug kentėti, – sakė Jis, – būti atmestas žydų vadovų – vyresniųjų, vyriausiųjų kunigų ir įstatymo žinovų, nužudytas, o po trijų dienų Aš prisikelsiu."
23 Tada Jis visiems pasakė: „Kiekvienas, kuris nori Manimi sekti, turi atsisakyti savo troškimų ir patogumų, nešti savo kryžių kiekvieną dieną ir būti su Manimi. 24 Kas netenka gyvybės dėl Manęs, išgelbsti ją, bet kas nori išsaugoti gyvybę, praranda ją. 25 Nes kokia nauda būtų žmogui, jei jis laimėtų visą pasaulį, o pražudytų save? 26 Kai ateis Mano šlovės valanda, Mano Tėvo ir visų šventųjų angelų šlovės valanda, tada gėdysiuosi tų, kurie gėdijosi Manęs ir Mano žodžių. 27 Bet tai paprasta tiesa – kai kurie iš jų, kurie čia stovi, nemirs, kol išvys Dievo karalystę."
Atsimainymas
28 Praėjus aštuonioms dienoms, Jis nusivedė Petrą, Jokūbą ir Joną į kalną melstis. 29 Besimeldžiant Jo veidas nušvito, o apdaras tapo akinančiai baltas ir švytėjo. 30 Tuomet pasirodė du vyrai – Mozė ir Elijas. 31 Jie atrodė didingai ir kalbėjo apie Jėzaus mirtį Jeruzalėje, kurią Jis turės priimti pagal Dievo sumanymą.
32 Petrą ir jo draugus apėmė miegas ir jie užsnūdo. Nubudę jie pamatė Jėzų didingoje šviesoje, o su Juo stovinčius du vyrus. 33 Mozei ir Elijui besirengiant iškeliauti, Petras sutrikęs ir nežinodamas ką sakąs, tarė: „Mokytojau, mums čia gera būti. Mes pastatysime šioje vietoje tris palapines: vieną Tau, vieną Mozei ir vieną Elijui." 34 Bet jam bekalbant užėjo debesis, ir juos apėmė baimė, 35 o balsas iš debesies pasakė: „Tai Mano mylimasis Sūnus, Mano išrinktasis, klausykite Jo." 36 Balsui nutilus, Jėzus vėl buvo vienas su Savo mokiniais. Jie tylėjo ir ilgai nekalbėjo nieko apie tai, ką buvo matę.
Nuomariu sergančio berniuko išgydymas
37 Rytojaus dieną, jiems leidžiantis nuo kalno, Jėzų pasitiko gausi minia, 38 o vienas žmogus sušuko: „Mokytojau, šis berniukas yra mano vienintelis sūnus, 39 o velnias jį laiko pasigavęs. Jis verčia jį rėkti, tampo, kad net putos iš burnos veržiasi. Jis nesiliauja jo kankinęs. 40 Aš prašiau Tavo mokinius pagelbėti, bet jie neįstengė!" 41 „O užsispyrę ir netikintys žmonės, – pasakė Jėzus Savo mokiniams. – Kaip ilgai Man reikės jus kęsti? Atvesk jį čia." 42 Besiartinantį berniuką demonas parbloškė ant žemės ir pradėjo stipriai tąsyti, bet Jėzus liepė demonui išeiti, pagydė berniuką ir atidavė tėvui. 43 Pagarbi baimė apėmė žmones, kai jie pamatė Dievo galios apreiškimą.
Tada, kai visi stebėjosi nuostabiais Jėzaus darbais, Jis tarė Savo mokiniams: 44 „Paklausykite ir įsidėmėkite, ką sakau: Aš, Mesijas, būsiu išduotas." 45 Bet mokiniai nesuprato Jo kalbos, nes nuo jų tai buvo paslėpta, o klausti jie nedrįso.
Kas didžiausias?
46 Dabar kilo ginčas, kuris iš jų pranašiausias bus artėjančioje karalystėje! 47 Bet Jėzus žinojo jų mintis ir, pasikvietęs mažą vaiką prie Savęs, 48 jiems pasakė: „Kas rūpinasi tokiu vaikeliu, rūpinasi Manimi, o kas rūpinasi Manimi, tas ir Dievu rūpinasi, nes Jis Mane siuntė. Jūsų rūpestis kitais yra jūsų vertės matas."
49 Jo mokinys Jonas priėjo prie Jo ir pasakė: „Mokytojau, mes matėme vieną žmogų, Tavo vardu išvarantį demonus. Mes draudėme jam. Pagaliau juk jis ne iš mūsų."
50 Bet Jėzus pasakė: „Jums nereikėjo to daryti. Nes kas nėra prieš jus, tas už jus."
Samariečių priešiškumas
51 Artėjant metui grįžti į dangų, Jis ryžtingai pasuko Jeruzalės link. 52 Vieną dieną Jis siuntė pasiuntinius užsakyti kambarius viename Samarijos kaime. 53 Bet jie buvo išvaryti. Kaimo žmonės atsisakė bendrauti su jais, nes jie keliavo į Jeruzalę. 54 Kai atėjo žinia apie tai, kas atsitiko, Jokūbas ir Jonas pasakė Jėzui: „Mokytojau, ar mums įsakyti, kad kristų ugnis iš dangaus ir sudegintų juos?" 55 Bet Jėzus atsigręžęs sudraudė juos, 56 ir jie iškeliavo į kitą kaimą.
Reikalavimai sekančiam Jėzų
57 Jiems einant keliu, vienas žmogus pasakė Jėzui: „Aš Tave seksiu, kur tik Tu beeitum." 58 Bet Jėzus atsakė: „Atmink, Aš neturiu nė kur galvos priglausti. Lapės turi urvus, paukščiai lizdus, o Aš, Mesijas, neturiu visai namų žemėje." 59 Kitą kartą, kai Jis pakvietė žmogų, kad šis eitų su Juo ir būtų Jo mokinys, jis sutiko, bet norėjo palaukti tėvo mirties. 60 Jėzus atsakė: „Leisk neturintiems amžino gyvenimo pasirūpinti tokiais dalykais. Tavo pareiga eiti ir skelbti visam pasauliui apie Dievo karalystę." 61 Dar vienas sakė: „Taip, Mokytojau. Aš seksiu paskui Tave, bet pirma leisk paprašyti leidimo namie." 62 Bet Jėzus tarė: „Kas leidžiasi atitraukiamas nuo darbo, kurį jam skirsiu, netinkamas Dievo karalystei."