Die gebed van die Here.
1 EN toe Hy op 'n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.
2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
3 gee ons elke dag ons daaglikse brood;
4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Gelykenis van die onbeskaamde vriend.
5 EN Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal 'n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,
6 want 'n vriend van my het van 'n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie —
7 en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.
8 Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.
9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee;
12 of ook as hy 'n eier vra, hom 'n skerpioen gee?
13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Godslastering van die Fariseërs.
14 EN Hy het 'n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.
15 Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit.
16 En ander het Hom versoek en van Hom 'n teken uit die hemel begeer.
17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en 'n huis wat teen homself is, val.
18 En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.
19 En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
20 Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.
21 Wanneer 'n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.
22 Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.
23 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
24 Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.
25 En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.
26 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
27 En terwyl Hy dit spreek, het 'n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.
28 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
Die teken van Jona.
29 EN toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
30 Want soos Jona 'n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.
31 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en — meer as Salomo is hier!
32 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en — meer as Jona is hier!
Die lamp van die liggaam.
33 EN niemand steek 'n lamp op en sit dit in 'n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.
34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
35 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.
36 As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.
Jesus bestraf die skrifgeleerdes en die Fariseërs.
37 EN onderwyl Hy besig was om te spreek, het 'n sekere Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet; en Hy het ingekom en aan tafel gegaan.
38 En toe die Fariseër dit sien, het hy hom verwonder dat Hy nie voor die maaltyd eers gewas het nie.
39 Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.
40 Onverstandiges, het Hy wat die buitekant gemaak het, nie die binnekant ook gemaak nie?
41 Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.
42 Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
43 Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.
44 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.
45 Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U só spreek, beledig U ons ook.
46 En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.
47 Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.
48 Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.
49 Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg,
50 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,
51 van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.
52 Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.
53 En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge,
54 om vir Hom 'n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.
Jėzus moko melstis
1 Kartą, Jėzui baigiant melstis, vienas iš mokinių priėjo ir pasakė: „Viešpatie, pamokyk mus melstis, kaip ir Jonas mokė savo mokinius." 2 Štai malda, kurios Jis išmokė:
„Tėve, tegul Tavo vardas būna pagarbintas, nes yra šventas;
te greičiau ateina Tavo karalystė. 3 Pamaitink mus kiekvieną dieną. 4 Atleisk mums mūsų kaltes, nes ir mes atleidžiame tiems, kurie mums nusidėjo. Ir neleisk, kad mes būtume sugundyti."
5,6 Paskui, aiškindamas jiems šią maldą, Jis palygino: „Sakykime, jūs nuėjote į draugo namus vidurnaktį, norėdami pasiskolinti tris kepalus duonos. Jūs jam sakote: „Mano draugas ką tik atvyko pas mane iš kelionės, ir aš neturiu ką jam duoti valgyti." 7 Anas iš miegamojo atsilieps: „Neprašyk, kad atsikelčiau. Durys nakčiai užrakintos ir mes visi miegame. Šį kartą aš negaliu tau padėti." 8 Bet Aš jums sakau – jeigu jis to nepadarys iš bičiulystės, o jūs nenustosite beldę, tai jis atsikels ir duos visa, ko jūs paprašysite – dėl jūsų įkyrumo. 9 Taip ir su malda. Nepaliaudami prašykite, tai nuolat gausite, atkakliai ieškokite – ir visada rasite, belskite, ir durys bus atidarytos. 10 Kiekvienas, kas prašo – gauna, kas ieško – randa, ir durys atidaromos kiekvienam, kas beldžia. 11 Jei esate tėvai, o jūsų sūnus prašo duonos, negi duosite akmenį? Jeigu jis prašo žuvies, nejau paduosite gyvatę? 12 Jeigu jis prašo kiaušinio, argi duosite skorpioną? Žinoma, ne! 13 Tad jei nusidėjėliai, kaip jūs, duoda savo vaikams ko jiems reikia, negi nesuprantate, kad jūsų dangiškasis Tėvas duos bent jau tiek pat ir atsiųs Šventąją Dvasią tiems, kurie Jos prašo?"
Jėzus ir Belzebubas
14 Kartą Jėzus išvarė velnią iš nebylio, ir žmogus vėl prakalbo. Minia buvo sujaudinta ir nustebinta, 15 bet kai kurie sakė: „Nenuostabu, kad Jis išvaro piktąsias dvasias. Jam galią suteikia šėtonas, piktųjų dvasių karalius!" 16 Kiti prašė ženklo iš dangaus, įrodančio, kad Jis yra Mesijas. 17 Jis žinojo kiekvieno jų mintis, todėl pasakė: „Kiekviena karalystė, vidaus kovų draskoma, pasmerkta pražūčiai. Taip pat ir namai, kuriuose tvyro kivirčai bei priešiškumas. 18 Tokiu būdu, jei tai, ką jūs sakote, yra tiesa, vadinasi šėtonas kovoja pats prieš save, įgaliodamas Mane išvaryti velnius; kaip gali jo karalystė išlikti? 19 Jeigu Aš šėtono įgaliotas, tai ką galite pasakyti apie savo pasekėjus? Nes jie išvaro demonus! Ar manote, jog tai rodo, kad jie šėtono apsėsti? Paklauskite jų, ar esate teisūs? 20 Kadangi Aš išvarau demonus Dievo suteikta galia, tai reiškia, kad atėjo Dievo karalystė.
21 Šėtono rūmai saugūs tol, kol juos sergsti stiprus ir ginkluotas šeimininkas, 22 kol kas nors stipresnis bei geriau ginkluotas neužpuola jo, nenugali, neatima ginklų ir neišdalija šėtono turtų.
23 Visi, kurie nėra su Manimi, eina prieš Mane, ir jeigu Man nepadeda, kenkia Mano tikslui.
24 Kai velnias yra išvaromas iš žmogaus, jis nueina į tyrus, ieškodamas poilsio, bet jo neradęs, jis sugrįžta į žmogų, iš kurio išėjo, ir 25 pamato, kad buvę namai iššluoti ir sutvarkyti. 26 Tada jis eina ir pasiima kartu kitas septynias dvasias, dar piktesnes už save, ir jos visos apsėda žmogų. Tokiu būdu vargšui žmogui darosi septynis kartus blogiau negu buvo iki tol."
27 Jam bekalbant, viena moteris iš minios garsiai sušuko: „Tepalaimina Dievas Tavo motiną, įsčias, iš kurių Tu išėjai, ir krūtis, kurios Tave maitino." 28 Jis atsakė: „Taip, bet dar labiau palaiminti tie, kurie girdi Dievo Žodį ir pagal jį gyvena."
Jonos ženklas
29,30 Miniai veržiantis artyn, Jis pasakė pamokslą: „Blogi laikai, ir žmonės blogi. Jie reikalauja ženklo iš dangaus, įrodančio, kad Aš – Mesijas, bet vienintelis įrodymas, kurį Aš duosiu, bus Jonos ženklas, įtikinęs nineviečius, kad jį siuntė Dievas. Mano panašus ženklas įrodys, kad Dievas Mane siuntė pas šituos žmones. 31 Paskutiniojo teismo dieną Sabos karalienė prisikels ir pirštu parodys į šią kartą ją smerkdama, nes patinuėjo ilgą ir sunkų kelią, norėdama paklausyti Saliamono išminties, o čia štai Asmuo didesnis už Saliamoną, bet mažai kas kreipia į tai dėmesį. 32 Nineviečiai taip pat prisikels ir pasmerks šią tautą, nes jie atgailavo, Jonai sakant pamokslus, o čia yra kažkas didesnis negu Jona, bet ši tauta nenori klausytis."
Kūno žiburys
33 „Niekas nedega žiburio, kad po to jį paslėptų! Jį deda į žibintą, kad šviestų visiems, kas tik įeis į kambarį. 34 Jūsų akys atspindi jūsų vidinę būklę. Tyra akis įleidžia saulės šviesą į jūsų sielą. Jei ji ydinga, uždengia šviesą ir panardina jus tamsoje. 35 Todėl žiūrėkite, kad saulės šviesa nebūtų užtemdyta. 36 Jei tu būsi pilnas vidinės šviesos, be jokių tamsos kampelių, tai švytės ir tavo veidas, lyg apšviestas išorinės šviesos."
Šeši vargai
37,38 Jam tebekalbant, vienas fariziejus pasikvietė Jį į namus pietų. Atvykęs Jėzus atsisėdo valgyti neatlikęs rankų mazgojimo ceremonijos, kaip reikalavo žydų paprotys. Tai labai nustebino šeimininką. 39 Tada Jėzus jam pasakė: „Jūs, fariziejai, nusiplaunat išorę, bet viduje tebesate nešvarūs, gobšūs ir pikti. 40 Neišmanėliai! Argi Dievas, sukurdamas išorę, nesukūrė vidaus? 41 Dosnumas geriausiai paliudija tyrumą. 42 Bet vargas jums, fariziejai! Jūs imate dešimtinę už smulkmenas, bet visai pamirštate Dievo meilę ir teisingumą. Taip, reikia dešimtines rinkti, bet svarbiausių dalykų neapleidžiant! 43 Vargas jums, fariziejai! Kaip jūs mėgstate pirmąsias kėdes sinagogose ir garbingus sveikinimus turgavietėse! 44 Taip, jūsų laukia baisus teismas. Nes jūs panašūs į užmirštus kapus laukuose. Žmonės praeina pro juos, nežinodami, kad jus mindžioja."
45 „Pone, – pasakė vienas ten stovėjęs religijos įstatymo žinovas. – Jūs savo žodžiais įžeidėte ir mano profesiją." 46 „Taip, – atsakė Jėzus. – Tokie pat baisumai laukia ir jūsų. Jūs žlugdote žmones, keldami neįvykdomus religinius reikalavimus, kurių patys niekada nemanote laikytis. 47 Vargas jums! Nes jūs lygiai tokie patys kaip ir jūsų protėviai, kurie kadaise nužudė pranašus. 48 Žmogžudžiai! Jūs sutinkate su savo protėviais, manydami, kad jie viską darė gerai – jūs ir patys taip būtumėte pasielgę.
49 Štai ką Dievas apie jus sako: „Aš siųsiu pas jus pranašus ir apaštalus, o jūs vienus jų nužudysite, kitus persekiosite. 50 Ir jūsų kartos atsakys už Dievo tarnų žudymą nuo pat pasaulio sutvėrimo – 51 pradedant Abelio nužudymu ir baigiant Zacharijo mirtimi tarp altoriaus ir šventyklos." Taip, toks bus kaltinimas jums.
52 Vargas jums, religijos žinovai! Nes jūs slepiate tiesą nuo žmonių. Jūs patys jos nepriimate ir kitiems kliudote rasti progą įtikėti."
53,54 Fariziejai ir Rašto aiškintojai be galo įniršo ir nuo to laiko pradėjo Jį smarkiai pulti kamantinėdami, užduodami daugybę klausimų, tykodami Jį sugauti ką nors sakant, už ką galėtų suimti.