Pular para o conteúdo
Publicidade

Lucas 10

OJJP

Die sending van die sewentig dissipels.

1 EN hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.

2 Hy toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

3 Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.

4 Moenie 'n beurs of 'n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie.

5 En in watter huis julle ook al mag ingaan, eers: Vrede vir hierdie huis!

6 En as dáár 'n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.

7 Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie.

8 En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word.

9 En maak die siekes gesond wat daarin is, en vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.

10 Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en :

11 Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het.

12 En Ek vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad.

13 Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.

14 Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

15 En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word.

16 Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.

17 En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.

18 Toe Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die hemel sien val.

19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

20 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

21 In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

22 Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.

23 En Hy het Hom omgedraai na sy dissipels en afsonderlik aan hulle gesê: Salig is die wat sien wat julle sien;

24 want Ek vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

Gelykenis van die barmhartige Samaritaan.

25 EN daar het 'n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te : Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

26 En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?

27 En hy antwoord en : Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

28 Toe Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.

29 Maar hy wou homself regverdig, en vir Jesus: En wie is my naaste?

30 En Jesus antwoord en : 'n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood .

31 En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

32 En net so het ook 'n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

33 Maar 'n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,

34 en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na 'n herberg geneem en vir hom gesorg.

35 En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag , sal ek jou betaal as ek terugkom.

36 Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?

37 En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

Martha en Maria.

38 EN op hulle reis het Hy in 'n sekere dorp gekom, en 'n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.

39 En sy het 'n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.

40 Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en : Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? dan vir haar dat sy my moet help.

41 Maar Jesus antwoord en vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;

42 maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

Jėzus išsiunčia septyniasdešimt du

1 Tuo metu Viešpats pasirinko kitus septyniasdešimt du mokinius ir pasiuntė juos po du pirma Savęs į visus miestus ir kaimus, kuriuos Jis vėliau ketino aplankyti. 2 Jis davė jiems nurodymus: Melskite pjūties Viešpatį, kad atsiųstų daugiau darbininkų jums padėti, nes pjūtis didelė, o darbininkų maža. 3 Dabar eikite ir atminkite, kad jūs būsite kaip avinėliai tarp vilkų. 4 Nesiimkite su savimi pinigų, nei elgetos maišelio, nei atsarginių porų batų. O kelyje negaiškite laiko. 5 Kai tik į kuriuos namus įeisite, laiminkite juos. 6 Jei tik jie bus verti palaimos, jūsų palaima pasiliks, jei ne jūsų palaiminimas sugrįš jums. 7 Kai ateisite į kaimą, nesikelkite namų į namus, bet pasilikite vienoje vietoje. Be abejonės, valgykite ir gerkite, kas jums padėta. Nedvejodami priimkite svetingumą, nes darbininkas vertas savo užmokesčio! 8,9 Jeigu miestas priims jus, laikykitės šių dviejų taisyklių: valgykite, kas jums padėta, gydykite ligonius. Tai darydami sakykite: Dievo karalystė dabar yra labai arti jūsų." 10 Jei miestas jūsų nepriims, eikite į gatves ir sakykite: 11 Mes nusivalome net jūsų miesto dulkes nuo kojų, viešai skelbdami pražūtį. Niekada neužmirškite, kaip arti Dievo karalystės jūs buvote!" 12 Net Sodomai paskutiniojo teismo dieną bus lengviau nei tokiam miestui.

13 Kokie baisumai laukia jūsų, Chorazino ir Betsaidos miestai! Jei Tyre ar Sidone būčiau padaręs stebuklus, kuriuos parodžiau jums, žmonės seniai būtų apsivilkę ašutines ir barstę savo galvas pelenais sielodamiesi bei atgailaudami. 14 Taip, Tyras ir Sidonas teismo dieną užsitrauks mažesnę bausmę jus. 15 O jūs, Kafarnaumo žmonės, Man apie jus pasakyti? Negi jūs būsite išaukštinti iki dangaus? Ne, jūs būsite nutrenkti į pragarą."

16 Tada Jis pasakė Savo mokiniams: Tie, kurie jus priima Mane priima. Kurie jus atmeta Mane atmeta. O tie, kurie Mane atmeta, atmeta Dievą, kuris Mane siuntė."

17 Sugrįžę tie septyniasdešimt du Jam linksmai pareiškė: Net demonai mūsų klauso, kai mes ištariame Tavo vardą." 18 Taip, atsakė Jis jiems. mačiau šėtoną, krintantį dangaus kaip žaibą! 19 O jums suteikiau galią įveikti visą blogio galybę, vaikščioti tarp gyvačių bei skorpionų ir juos mindžioti. Niekas jums nepakenks. 20 Tačiau svarbu ne tai, kad piktosios dvasios jums pavaldžios, bet kad jūsų vardai, kaip dangaus piliečių, užrašyti danguje."

21 Tada Jėzų užvaldė Šventosios Dvasios džiaugsmas ir Jis tarė: šlovinu Tave, Tėve, dangaus ir žemės Viešpatie, kad paslėpei tuos dalykus nuo išmintingųjų ir pasaulio protingųjų ir apreiškei tiems, kurie patiklūs kaip maži vaikai. 22 Taip, Tėve, ačiū Tau, nes Tu taip norėjai. Viskas Man yra Mano Tėvo atiduota. Niekas tiesų nežino, kas yra Sūnus, tik Tėvas, nei kas yra Tėvas, tik Sūnus ir tie, kuriuos Sūnus pasirinko apreikšti."

23 Tada, atsigręžęs į dvylika apaštalų, Jis ramiai pasakė: Palaiminti jūs esate, kad teko jums tai pamatyti. 24 Daug pranašų ir karalių seniai laukė dienų, kad pamatytų ir išgirstų tai, jūs matėte ir išgirdote!"

Palyginimas apie gailestingąjį samarietį

25 Vieną dieną pas Jėzų atėjo Mozės įstatymo žinovas ir, norėdamas patikrinti , paklausė: Mokytojau, turi daryti žmogus, kad amžinai gyventų danguje?" 26 Jėzus atsakė: O apie tai sako Mozės įstatymas?" 27 Jis teigia, atsakė, kad turite mylėti Viešpatį, savo Dievą, visa širdimi, visa siela, visomis jėgomis, visu protu, o savo artimą kaip save patį." 28 Teisingai! Jėzus jam pasakė. Taip daryk ir gyvensi."

29 Žmogus norėjo pateisinti savo nemeilę kai kuriems žmonėms, todėl paklausė: Kas yra mano artimas?" 30 Jėzus atsakė palyginimu: Vienas žydas ėjo Jeruzalės į Jerichą ir buvo užpultas plėšikų. Jie išrengė , atėmė pinigus, primušė ir paliko pusgyvį šalia kelio. 31 Atsitiktinai pro šalį ėjo vienas žydų kunigas ir, pamatęs ten gulintį žmogų, perėjo į kitą kelio pusę ir praėjo pro . 32 Žydų šventyklos tarnautojas ėjo pro šalį, pažiūrėjo į gulintį žmogų ir nuėjo toliau. 33 Bet niekinamas samarietis keliavo pro šalį ir pamatė gulintį žmogų. Jis pajuto didelį gailestį. 34 Atsiklaupęs šalia, jis patepė jo žaizdas vaistais ir aprišo. Paskui, užsodinęs žmogų ant savo asilo, ėjo šalia jo, kol priėjo užeigą, kur slaugė per naktį. 35 Kitą dieną jis padavė užeigos šeimininkui du denarus ir paprašė jo pasirūpinti tuo žmogumi. Jei viršaus išleisi, pasakė jis, sumokėsiu skirtumą kitą kartą, kai būsiu čia!" 36 Kuris šių trijų, tavo manymu, yra artimas plėšikų aukai?" 37 Žmogus atsakė: Tas, kuris parodė jam gailestingumą." Tada Jėzus pasakė: Tai keliauk ir tu šitaip daryk."

Mortos ir Marijos namuose

38 Jėzus ir Jo mokiniai, keliaudami į Jeruzalę, priėjo kaimą, kur moteris, vardu Morta, pakvietė juos į savo namus. 39 Jos sesuo Marija sėdėjo ant grindų ir klausėsi Jėzaus žodžių. 40 Bet Morta buvo nepatenkinta ir susirūpinusi pietumis, kuriuos ruošė. Ji priėjo prie Jėzaus ir paklausė: Mokytojau, ar Tau neatrodo, kad mano sesuo neteisi čia sėdėdama, kai viena dirbu visus darbus? Liepk jai ateiti man padėti." 41 Bet Viešpats jai pasakė: Brangioji Morta, tu nusiminusi dėl daugelio menkniekių. 42 Tėra tik vienas dalykas, dėl kurio verta rūpintis. Marija atrado jos to neatimsiu!"

Veja também