Geboorte van Jesus Christus.
1 EN in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.
2 Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.
3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.
4 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
6 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Die herders van Betlehem.
8 EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
9 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,
11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
12 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
13 En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:
14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!
15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.
17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.
18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;
19 maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.
20 En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.
Besnydenis en voorstelling van Jesus.
21 EN toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.
22 En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,
23 soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;
24 en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.
Símeon en Anna.
25 EN daar was 'n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.
26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.
27 En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,
28 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:
29 Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,
30 omdat my oë u heil gesien het,
31 wat U berei het voor die oë van al die volke —
32 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.
33 En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.
34 En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word —
35 ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan — sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.
36 En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;
37 en sy was 'n weduwee van omtrent vier-en-tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.
38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.
39 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galiléa, na hulle stad Násaret.
40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.
Die Kind Jesus tussen die leraars.
41 EN sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan.
42 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.
43 En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
44 Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.
45 En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.
46 En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.
47 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.
48 En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.
49 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?
50 En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.
51 En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.
52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.
Jėzaus gimimas
1 Apie tą laiką Romos imperatorius Cezaris Augustas paskelbė privalomą visos tautos gyventojų surašymą. 2 Šis surašymas vyko, kai Siriją valdė Kvirinas. 3 Visi privalėjo registruotis savo protėvių namuose. 4 Kadangi Juozapas buvo iš karališkos giminės, jam reikėjo vykti į Betliejaus miestą Judėjoje, į senuosius karaliaus Dovydo namus. Jis keliavo iš Galilėjos kaimelio Nazareto. 5 Jis pasiėmė drauge savo sužadėtinę Mariją, kuri buvo nėščia. 6 Ten ir atėjo metas gimdyti; 7 Marija pagimdė pirmagimį Sūnų, suvystė ir paguldė ėdžiose, kadangi jiems miestelio užeigose neatsirado vietos.
Piemenys ir angelai
8 Tą naktį keletas piemenų laukuose ganė avis. 9 Staiga tarp jų pasirodė angelas ir aplinkui viskas nušvito dangaus šviesa. Piemenys labai išsigando, 10 bet angelas juos nuramino. „Nebijokite! – tarė jis. – Aš skelbiu jums pačią linksmiausią naujieną, kuri skirta kiekvienam žmogui! 11 Šią naktį Betliejuje gimė Išgelbėtojas – Viešpats ir Mesijas! 12 Kaip jūs atpažinsite Jį? Jūs rasite Kūdikį, suvystytą ir paguldytą ėdžiose!" 13 Tuojau pasirodė daugybė kitų angelų – dangiškoji kariuomenė, kuri garbino Dievą giedodama: 14 „Šlovė Dievui aukštybėse, o žemėje ramybė Jo mylimiems žmonėms!"
15 Kai šis didžiulis būrys angelų grįžo į dangų, piemenys sakė vieni kitiems: „Eime į Betliejų! Ten pamatysime šį nuostabų dalyką, apie kurį mums Viešpats yra paskelbęs." 16 Jie nuskubėjo į kaimą pas Mariją ir Juozapą. Ėdžiose gulėjo Kūdikis. 17 Piemenys pasakojo visiems, ką angelas buvo sakęs jiems apie Vaikelį. 18 Visi, kurie girdėjo piemenų pasakojimą, labai stebėjosi. 19 Marija saugojo šituos dalykus širdyje ir dažnai juos apmąstydavo. 20 Piemenys grįžo į laukus prie savo bandų, dėkodami Dievui už angelų apsilankymą ir už tai, kad pamatė Vaikelį, kaip angelas jiems buvo sakęs.
Jėzus paaukojamas šventykloje
21 Po aštuonių dienų, apipjaustymo ceremonijos metu, berniukas buvo pavadintas Jėzumi. Šį vardą angelas davė dar Kūdikiui nesant įsčiose.
22 Kai atėjo Marijos aukos šventykloje laikas, po vaiko gimimo, kaip reikalavo Mozės įstatymai, tėvai nunešė Jį Jeruzalėn aukoti Dievui, 23 nes tame įstatyme Viešpaties pasakyta: „Kiekvienas moters pirmagimis berniukas turi būti pašvęstas Viešpačiui." 24 Ta pačia proga Jėzaus tėvai atnašavo „porą balandžių burkuolių arba du jauniklius karvelius", kaip buvo reikalaujama įstatyme.
25 Tą dieną šventykloje buvo Jeruzalės gyventojas, vardu Simeonas. Tai buvo geras ir dievobaimingas žmogus, kupinas Šventosios Dvasios ir nuolat laukiantis Mesijo pasirodymo. 26 Šventoji Dvasia jam buvo apreiškusi, kad jis nemirs, kol pamatys Jį – Dievo pateptąjį Karalių. 27 Šventoji Dvasia paskatino jį nueiti į šventyklą. Tą dieną, kai Marija su Juozapu atnešė Jėzų, 28 Simeonas buvo ten ir, paėmęs Vaikelį į savo rankas, šlovino Dievą:
29 „Dabar, Viešpatie, aš jau galiu ramus mirti!
30 Aš Jį pamačiau, kaip buvai žadėjęs.
Aš pamačiau Išgelbėtoją,
31 kurį Tu davei pasauliui.
32 Jis – toji Šviesa, kuri švies tautoms,
ir Jis bus Tavo tautos, Izraelio, žmonių garbė!"
33 Juozapas ir Marija stovėjo stebėdamiesi tuo, kas buvo sakoma apie Jėzų. 34 Simeonas palaimino juos ir tarė Marijai: „Kalavijas persmeigs tavo sielą, nes šį Kūdikį Izraelyje daugelis paniekins savo pačių pražūčiai.
35 Bet daugybei kitų Jis bus pats didžiausias džiaugsmas ir atsiskleis slapčiausios jų širdžių godos."
36 Tą dieną šventykloje buvo ir pranašė Ona. Ji buvo iš Asero giminės, Fanuelio duktė. Moteris buvo sena, nes po septynerių vedybinio gyvenimo metų jau našlavo aštuoniasdešimt keturis metus. 37 Ji niekada nepasitraukdavo iš šventyklos, dieną ir naktį garbindavo Dievą melsdamasi ir dažnai pasninkaudama. 38 Ji priėjo, kai Simeonas kalbėjo su Juozapu ir Marija, ir taip pat pradėjo dėkoti Dievui ir pasakoti Jeruzalėje visiems, kurie laukė Išgelbėtojo, kad Mesijas pagaliau atėjo. 39 Atlikę viską pagal Viešpaties įsakymus, Jėzaus tėvai grįžo namo į Nazareto miestą Galilėjoje. 40 Čia berniukas augo ir tvirtėjo, pasižymėdamas neįprasta Jo amžiui išmintimi, o Dievas Jį apdovanodavo Savo malone.
Vaikelis Jėzus šventykloje
41,42 Kai Jėzui sukako dvylika metų, Jis lydėjo tėvus į Jeruzalę, į tradicinę Velykų šventę, kurioje jie kasmet lankydavosi. 43 Pasibaigus iškilmėms, visi keliavo namo į Nazaretą, bet Jėzus pasiliko Jeruzalėje. Pirmą dieną tėvai Jo nepasigedo, 44 nes manė, kad Jis esąs tarp keliaujančiųjų. Kai Jėzus nepasirodė kitą vakarą, jie puolė Jo ieškoti tarp giminių ir draugų. 45 Negalėdami rasti, jie grįžo į Jeruzalę.
46 Po trijų dienų jie pagaliau surado Jėzų šventykloje. Su įstatymo mokytojais Jis kalbėjosi apie sudėtingus dalykus, 47 stebindamas visus išmanymu ir Savo atsakymais. 48 Tėvai nežinojo, ką galvoti. „Sūnau! – priekaištavo mama. – Kodėl Tu taip pasielgei? Mes nepaprastai išsigandome, Tavęs visur ieškodami." 49 „Kam jums reikėjo Manęs ieškoti? Ar jūs nesuprantate, kad Man reikia būti čia, šventykloje, Mano Tėvo namuose?" 50 Bet jie nesuvokė, apie ką Jis kalba.
51 Tada Jis grįžo su tėvais į Nazaretą ir buvo klusnus. O Jo motina dėjosi visa tai į širdį. 52 Su metais Jėzus darėsi išmintingesnis ir buvo mylimas Dievo bei žmonių.