Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 101

AFR53

1

本节在《马索拉文本》包括细字标题

2

3

4

5

6

使

7

8

Vir konings en staatsmanne.

1 VAN Dawid. 'n Psalm.

Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o Here!

2 Ek wil ag gee op regskape wandel wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis.

3 Ek stel geen lae ding voor my nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.

4 'n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie.

5 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van is en trots van hart, hom verdra ek nie.

6 My sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien.

7 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my nie bestaan nie.

8 Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die Here uit te roei.

Veja também