称颂 神的慈爱与信实
大卫的诗。 1 我要一心称谢你,
我要在众神面前歌颂你。本节在《马索拉文本》包括细字标题
2 我要向你的圣殿下拜,
我要因你的慈爱和信实称谢你的名;
因为你使你的名和应许显为大,
超过一切"因为你使你的名和应许显为大,超过一切"原文作"因为你使你的应许显为大,超过你的一切名字"。
3 我呼求的日子,你就应允我;
你使我刚强,心里有力。
4 耶和华啊!世上的君王都要称谢你,
因为他们听见了你口中的言语。
5 他们要歌颂耶和华的作为,
因为耶和华大有荣耀。
6 耶和华虽然高高在上,仍然看顾卑微的人;
他却从远处认出骄傲的人。
7 我虽然处身在患难之中,你仍使我存活;
我仇敌的怒气,你必伸手抵挡;
你的右手必拯救我。
8 耶和华必成全关乎我的事;
耶和华啊!你的慈爱永远长存,
求你不要离弃你手所造的。
Dank vir verlossing.
1 'n PSALM van Dawid.
Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.
2 Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.
3 Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.
4 Al die konings van die aarde sal U loof, o Here, as hulle gehoor het die woorde van u mond;
5 en hulle sal sing van die weë van die Here, want die heerlikheid van die Here is groot.
6 Want die Here is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.
7 As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.
8 Die Here sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!