人的产业都是 神所赐
所罗门朝圣之歌原文作"往上行之歌"。 1 如果不是耶和华建造房屋,
建造的人就徒然劳苦;
如果不是耶和华看守城池,
看守的人就徒然警醒。本节在《马索拉文本》包括细字标题
2 你们清早起来,很晚才歇息,
吃劳碌得来的饭,都是徒然;
因为主必使他所爱的安睡。
3 儿女是耶和华所赐的产业,
腹中的胎儿是他的赏赐。
4 年轻时所生的儿女,
好象勇士手中的箭。
5 箭袋装满了箭的人是有福的,
他们在城门口和仇敌说话的时候,
必不至于羞愧。
Sonder die Here — alles tevergeefs!
1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Salomo.
As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.
2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet — net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!
3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die Here; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.
4 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.
5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.