Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 14

AFR53

1 "有 "

本节在《马索拉文本》包括细字标题

2

求 

3

4

5

为 

6 使

7

"耶和华给他子民带来复兴的时候"或译:"耶和华把他被掳的子民带回来的时候"

Goddeloosheid van die mens.

1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

Die dwaas in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.

2 Die Here het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.

3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.

4 Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die Here nie aan nie.

5 Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.

6 Die raad van die ellendige julle kan dit tot skande maak; waarlik, die Here is sy toevlug.

7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die Here die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

Veja também