祈求 神使王得胜
大卫的诗,交给诗班长。 1 愿耶和华在你遭难的日子应允你,
愿雅各的 神的名保护你。
2 愿他从圣所帮助你,
从锡安扶持你。
3 愿他记念你的一切素祭,
悦纳你的燔祭。细拉
4 愿他照着你的心愿赏赐你,
实现你的一切计划。
5 我们要因你的胜利欢呼,
因我们 神的名高举旗帜;
愿耶和华实现你所求的一切。
6 现在我确知,耶和华拯救自己的受膏者;
他必从他的圣天上应允他,
用自己右手的能力拯救他。
7 有人靠车,有人靠马。
我们却靠耶和华我们 神的名。
8 他们都屈身跌倒,
我们却起来,挺身而立。
9 耶和华啊!求你拯救君王!
我们呼求的时候,愿你应允我们按照《马索拉文本》,"愿你应允我们"应作"愿他应允我们";现参照《七十士译本》翻译。
称颂 神赐王尊荣胜利
大卫的诗,交给诗班长。
Gebed vir die koning as hy optrek in die stryd.
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 Mag die Here u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!
3 Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!
4 Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.
5 Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!
6 Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die Here al u begeertes vervul!
7 Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
8 Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die Here onse God.
9 Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.
10 Here, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!