1 E kite koe i te kau a tōu teina, i tāna hipi rānei, e ātiutiu kē ana kei ninihi atu koe i a rāua; me āta whakahoki anō e koe ki tōu teina. 2 Ā, ki te kāhore tōu teina e tata mai ana ki a koe, ki te kāhore rānei koe e mōhio ki a ia, nā, me kawe mai ki tōu whare, ā, ki a koe noho ai, ā, rapu noa tōu teina i a ia; kātahi koe ka whakahoki atu ai ki a ia. 3 Me pēnā anō e koe ki tana kāihe; ā, me pēnā anō e koe ki tōna kākahu; me pēnā anō hoki ki ngā mea ngaro katoa a tōu teina, ina ngaro i a ia, ā, e kitea e koe; e kore e āhei kia ninihi koe.
4 E kite koe i te kāihe a tōu teina, i tāna kau rānei, kua hinga i te ara, kei ninihi koe i a rāua; me tino āwhina koe i a ia ki te whakaara i a rāua.
5 Kei kākahuria e te wahine tētahi mea o te tāne, kei kākahuria hoki e te tāne te kākahu o te wahine; he mea whakarihariha hoki ki a Ihowā, ki tōu Atua, te hunga katoa e pēnā ana.
6 Ki te pono koe ki te ōhanga manu i te ara, i runga i te rākau, i te whenua rānei, me ngā pī anō, me ngā hua rānei, me te kātua e pēhi ana i ngā pī i ngā hua rānei, kei tangohia ngātahitia e koe te kātua me ngā pī. 7 Me tuku tonu atu e koe te kātua, ka tango ai i ngā pī māu; kia whiwhi ai koe ki te pai, kia roa ai ōu rā.
8 Ki te hanga koe he whare hou, me hanga anō he taiepa mō tōu tuanui kei whai toto i a koe tōu whare, ina taka te tangata i runga.
9 Kaua e whakauruurua ngā purapura e whakatōkia e koe ki tāu māra wāina; kei poke te hua o te purapura e whakatōkia e koe, me ngā hua o te māra wāina.
10 Kaua e huihuia te kau ki te kāihe hei parau māu.
11 Kei kākahuria e koe te mea kakano whakauru, arā te huruhuru hipi i whakaurua nei ki te rīnena.
12 Hangā ētahi tāniko māu mō ngā tapa e whā o tōu kākahu e kākahu ai koe.
Hahani ki Tana Wahine
13 Ki te tango te tangata i te wahine, ā, ka haere ki roto, ki a ia, ā, ka kino ki a ia, 14 ā, ka hahani ki a ia, ka whakakinokino i tōna ingoa, ā, ka mea, "I tango ahau i tēnei wahine, ā, i tōku whakatatanga ki a ia, ka kite ahau ehara ia i te wāhina." 15 Kātahi te pāpā rāua ko te whaea o te kōtiro ka tiki, ka kawe i ngā tohu o te wāhinatanga o te kōtiro ki ngā kaumātua o te pā, ki te kūwaha. 16 Ā, ka kōrero te pāpā o te kōtiro ki ngā kaumātua: "I hoatu e ahau tāku tamāhine nei hei wahine mā tēnei tangata, ā, e kinongia ana e ia. 17 Nā, tēnei ia te mea nei kia kōrerotia kinotia ia, e mea ana, ‘Kīhai ahau i kite tohu he wāhina tāu tamāhine.’ Nā, ko ngā tohu ēnei o te wāhinatanga o tāku kōtiro." Nā, me hora e rāua te kākahu ki te aroaro o ngā kaumātua o te pā. 18 Kātahi ka mau ngā kaumātua o taua pā ki taua tangata, ka whiu i a ia; 19 ā, me tango e rātou i taua tangata kia kotahi rau ngā hekere hiriwa hei utu, (ka hoatu ai ki te pāpā o te kōtiro) mōna hoki i whakairi i te ingoa kino ki runga ki tētahi o ngā wāhina o Īharaira. Ā, hei wahine ia māna; e kore e āhei kia whakarērea e ia i ngā rā katoa e ora ai ia.
20 Ki te mea ia he tika taua mea, kāhore i kitea ngā tohu o te wāhinatanga o te kōtiro; 21 nā, me kawe mai e rātou te kōtiro ki te kūwaha o te whare o tōna pāpā, ā, me āki e ngā tāngata o tōna pā ki te kōhatu, kia mate; mō tāna mahi pōauau i roto i a Īharaira, mō tāna kairautanga i roto i te whare o tōna pāpā; ā, ka whakakorea e koe te kino i roto i a koe.
22 Ki te mau tētahi tangata e takoto ana ki te wahine whai tahu, nā, me whakamate rāua tokorua, te tāne i takoto ki te wahine, me te wahine anō hoki; ā, ka whakakorea e koe te kino i roto i a Īharaira.
23 Mehemea tērā tētahi kōtiro, he wāhina, i taumautia mā te tāne, ā, ka tūpono tētahi tangata ki a ia i te pā, ā, ka takotoria e ia; 24 me kawe rāua ki te kūwaha o tēnā pā, me āki ki te kōhatu, kia mate; te kōtiro, i te mea i roto ia i te pā kīhai ia i karanga; te tangata, mōna i whakaiti i te wahine a tōna hoa. Ā, ka whakakorea atu e koe te kino i roto i a koe.
25 Otiia, ki te tūpono te tangata, i te pārae, ki tētahi kōtiro kua oti te taumau, ā, ka hopukia atu ia e te tangata rā, ka takotoria hoki e ia; nā, ko taua tangata anake i takoto nei ki a ia e mate. 26 Kauaka ia e ahatia e koe te kōtiro; kāhore hoki o te kōtiro hara e mate ai. E rite ana hoki tēnei mea ki te whakatikanga ake o te tangata ki tōna hoa, ā, kōhurutia iho. 27 I tūpono hoki te tāne ki a ia i te pārae; ā, i karanga te kōtiro i taumautia nei, ā, kāhore tētahi hei whakaora i a ia.
28 Ki te tūpono tētahi tangata ki te kōtiro, ki te wāhina, kāhore nei i taumautia, ā, ka hopu i a ia, ka takoto ki a ia, ā, ka kitea rāua; 29 nā, kia rima tekau ngā hekere hiriwa e hōmai ki te pāpā o te kōtiro e te tangata i takoto nei ki a ia, ā, ka waiho te wahine hei wahine māna, mōna i whakaiti i a ia; e kore e āhei kia whakarērea e ia i ngā rā katoa e ora ai ia.
30 E kore e āhei kia tangohia e te tangata te wahine a tōna pāpā, kia hurahia hoki te remu o tōna pāpā.
Oor goed wat wegraak.
1 JY mag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou broer terugbring.
2 En as jou broer nie naby jou is nie en jy hom nie ken nie, moet jy dit in jou huis neem, en dit moet by jou wees totdat jou broer dit soek; dan moet jy dit aan hom teruggee.
3 So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou broer wegraak, wat hy verloor en wat jy vind; jy mag jou nie verberg nie.
4 Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet jy hulle sekerlik ophelp.
Verbode samevoeginge.
5 'n VROU mag geen mansklere dra nie, en 'n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die Here jou God 'n gruwel.
6 As jy op pad 'n voëlnes kry in een of ander boom of op die grond, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein voëltjies of op die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies wegneem nie.
7 Jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg, maar die kleintjies mag jy vir jou neem, dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae kan verleng.
8 As jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.
9 Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom: die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd.
10 Jy mag nie met 'n os en 'n esel tegelyk ploeë nie.
11 Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk, aantrek nie.
12 Klossies moet jy vir jou maak aan die vier hoeke van jou kleed waar jy jou mee toemaak.
Beskuldigde vroue.
13 AS 'n man 'n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat
14 en haar slegte dinge nagee en 'n slegte gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,
15 dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
16 En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;
17 en kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie — maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.
18 Dan moet die oudstes van dié stad die man neem en hom tugtig
19 en hom 'n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy 'n slegte gerug oor 'n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.
20 Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie —
21 dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy 'n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Ongeoorloofde betrekkinge.
22 AS 'n man betrap word terwyl hy met 'n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe: die man wat met die vrou gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.
23 As 'n dogter, 'n jongmeisie, aan 'n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap,
24 dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
25 Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, alleen sterwe;
26 maar aan die dogter moet jy niks doen nie: daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie; want soos wanneer 'n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval.
27 Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.
28 As 'n man 'n dogter, 'n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap,
29 dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.
30 'n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie, en hy mag die kombers van sy vader nie oplig nie.