1 Nā, ka haere a Hōhepa, ka kōrero ki a Parao, ka mea, "Kua tae mai tōku pāpā me ōku tuākana, me ā rātou kāhui, ā rātou kau, ā rātou mea katoa, i te whenua o Kanaana; nā, kei te whenua rātou o Kohena." 2 Nā, ka tango ia i ētahi o ōna tuākana, tokorima, ā, whakatūria ana rātou e ia ki te aroaro o Parao.
3 Ā, ka mea a Parao ki ōna tuākana, "He aha tā koutou nā mahi?"
Ā, ka mea rātou ki a Parao, "He hēpara āu pononga, mātou me ō mātou mātua." 4 I mea anō rātou ki a Parao, "He noho ki tēnei whenua i haere mai ai mātou; nō te mea kāhore he kai mā ngā hipi a āu pononga; he nui hoki te matekai o te whenua o Kanaana; koia rā kia noho āu pononga ki te whenua o Kohena."
5 Nā, ka kōrero a Parao ki a Hōhepa, ka mea, "Kua tae mai nei tōu pāpā me ōu tuākana ki a koe. 6 Kei tōu aroaro te whenua o Īhipa; whakanohoia e koe tōu pāpā me ōu tuākana ki te wāhi pai o te whenua; kia noho rātou ki te whenua o Kohena. Ki te mea hoki e mōhiotia ana e koe ētahi tāngata pakari i roto i a rātou, meinga rātou hei rangatira mō āku kararehe."
7 Nā, ka kawea mai a Hākopa, tōna pāpā, e Hōhepa, ka whakatūria ki te aroaro o Parao; ā, ka manaaki a Hākopa i a Parao. 8 Ā, ka mea a Parao ki a Hākopa, "Ka hia ōu tau?"
9 Ka mea a Hākopa ki a Parao, "Ka kotahi rau e toru tekau tau ngā rā o ngā tau o tōku noho manene. He torutoru, ā, he kino ngā rā o ngā tau o tōku ora, kīhai anō hoki i rite ki ngā rā o ngā tau o te ora o ōku mātua, i ngā rā i noho manene ai rātou." 10 Nā, ka manaaki a Hākopa i a Parao, ā, puta atu ana i te aroaro o Parao.
11 Nā, ka whakanohoia e Hōhepa tōna pāpā me ōna tuākana, ā, hoatu ana e ia ki a rātou he kāinga i te whenua o Īhipa, i te wāhi pai rawa o te whenua, i te whenua o Ramehehe, pērā me tā Parao i whakahau ai. 12 Nā, ka atawhai a Hōhepa i tōna pāpā, rātou ko ōna tuākana, ko te whare katoa anō hoki o tōna pāpā ki te taro, he mea whakarite tonu ki ō rātou hapū.
Te Matekai
13 Ā, kāhore he taro o te whenua katoa; he nui rawa hoki te matekai; ā, hemo noa iho te whenua o Īhipa i te matekai, me te whenua hoki o Kanaana. 14 Ā, kohia ana e Hōhepa te moni katoa i kitea ki te whenua o Īhipa, ki te whenua hoki o Kanaana, mō te wīti i hokona e rātou; ā, kawea ana e Hōhepa te moni ki te whare o Parao. 15 Ā, nō te potonga o te moni o te whenua o Īhipa, o te whenua hoki o Kanaana, nā, ka haere ngā Īhipiana katoa ki a Hōhepa, ka mea, "Hōmai he taro ki a mātou; kia mate hoki mātou ki tōu aroaro hei aha? Kua poto nei hoki te moni."
16 Nā, ka mea a Hōhepa, "Hōmai ā koutou kararehe; ā, ka hoatu e ahau hei utu mō ā koutou kararehe, i te mea kua poto te moni." 17 Nā, ka kawea mai e rātou ā rātou kararehe ki a Hōhepa; ā, hoatu ana e Hōhepa he taro ki a rātou hei utu mō ngā hōiho, mō ngā kāhui hipi, mō ngā kāhui kau, mō ngā kāihe. Ā, whāngaia ana rātou e ia ki te taro i taua tau, hei utu mō ā rātou kararehe katoa.
18 Ā, nō te takanga o taua tau, ka haere mai rātou ki a ia i te rua o ngā tau, ka mea ki a ia, "E kore e hunā e mātou i tōku ariki, kua poto te moni; kei tōku ariki hoki ā mātou kāhui kararehe; kāhore he mea e toe ana hei tirohanga mā tōku ariki, ko ō mātou tinana anake, me ō mātou oneone. 19 Kia mate mātou ki tōu aroaro hei aha? Mātou tahi hoki me tō mātou oneone? Hokona mātou me tō mātou oneone ki te taro, ā, ka riro mātou me tō mātou oneone hei pononga mā Parao. Hōmai anō hoki he purapura, ā, ka ora mātou, ā, e kore e mate, e kore anō hoki e ururuatia te whenua."
20 Nā, ka hokona e Hōhepa te oneone katoa o Īhipa mō Parao. I hokona hoki e ngā Īhipiana tāna māra, tāna māra; he pēhi rawa hoki nā te matekai i a rātou. Ā, riro ana te whenua i a Parao; 21 tēnā ko ngā tāngata, i whakawhitiwhitia e ia ki ngā pā, i tētahi pito o ngā rohe o Īhipa ā puta noa ki tētahi pito o reira. 22 Ko te oneone anake ia o ngā tohunga kīhai i hokona e ia; i whakaritea hoki tētahi wāhi e Parao mā ngā tohunga, ā, i kai rātou i tā rātou wāhi i hōmai e Parao mā rātou; koia tē hokona ai e rātou ō rātou oneone.
23 Ā, ka mea a Hōhepa ki te iwi, "Nanā, kua hokona nei koutou e ahau ināianei, me tō koutou oneone, mā Parao. Nā, he purapura mā koutou, ruia te whenua. 24 Ā, ka whai hua ā mua, me hōmai e koutou te rima o ngā wāhi ki a Parao, ā, mā koutou ngā wāhi e whā, hei purapura mō te māra, hei kai hoki mā koutou, mā te hunga hoki i roto i ō koutou whare, hei kai anō hoki mā ā koutou tamariki."
25 Ā, ka mea rātou, "Ka ora mātou i a koe; kia manakohia mātou e tōku ariki, hei pononga mātou mā Parao."
26 Nā, ka whakatakotoria te tikanga e Hōhepa mō te oneone o Īhipa ā tae noa mai ki tēnei rā, mā Parao te rima o ngā wāhi; hāunga ia te oneone o ngā tohunga, kīhai hoki tēnā i riro i a Parao.
Te Ōhākī a Īharaira
27 Nā, ka noho a Īharaira ki te whenua o Īhipa, ki te whenua o Kohena; ka whai kāinga rātou ki reira, ka hua, ka nui whakaharahara. 28 Ā, kotahi tekau mā whitu ngā tau i ora ai a Hākopa ki te whenua o Īhipa; ā, kotahi rau e whā tekau mā whitu ngā tau o te oranga o Hākopa.
29 Nā, ka whakatata ngā rā o Īharaira e mate ai ia; ā, ka karanga i tāna tama, i a Hōhepa, ka mea ki a ia, "Nā, ki te mea ka manakohia ahau e koe, tēnā, whakapākia mai tōu ringa ki raro i tōku hūhā, ā, whakaputaina mai he aroha, he pono ki ahau; kaua rā ahau e tanumia ki Īhipa. 30 Engari, kia takoto ahau ki ōku mātua, me kawe atu ahau e koe i Īhipa, me tanu hoki ki tō rātou urupā."
Ā, ka mea ia, "Ka rite i ahau tāu kupu."
31 Ā, ka mea ia ki a ia, "Oati mai ki ahau." Ā, oati ana ia ki a ia, ā, ka piko a Īharaira ki runga ki te urunga o te moenga.
1 DAAROP het Josef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die land Kanaän, en daar is hulle nou in die land Gosen.
2 En hy het uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle aan Farao voorgestel.
3 Toe sê Farao aan sy broers: Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders.
4 Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as vreemdelinge in die land te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die land Gosen woon.
5 Daarop het Farao met Josef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom.
6 Egipteland lê voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die land woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.
7 Toe bring Josef sy vader Jakob in en stel hom aan Farao voor. En Jakob het Farao gegroet met 'n seënwens.
8 Daarop sê Farao vir Jakob: Hoeveel is die dae van jou lewensjare?
9 En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd-en-dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.
10 Toe het Jakob Farao gegroet met 'n seënwens en van Farao af weggegaan.
11 En Josef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle besitting in Egipteland gegee, in die beste deel van die land, in die landstreek Raämses, soos Farao beveel het.
12 En Josef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met brood onderhou ooreenkomstig die getal van die kinders.
13 En daar was in die hele land geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die land Kanaän uitgeput was weens die hongersnood.
14 En Josef het al die geld versamel wat in Egipteland en in die land Kanaän te vinde was, vir die koring wat hulle gekoop het, en Josef het die geld in die paleis van Farao gebring.
15 En toe die geld in Egipteland en in die land Kanaän op was, het al die Egiptenaars na Josef gekom en gesê: Gee vir ons brood! En: Waarom moet ons voor u oë sterwe, want die geld is gedaan?
16 En Josef antwoord: Gee julle vee, dan sal ek dit aan julle gee vir julle vee as die geld gedaan is.
17 Toe bring hulle hul vee na Josef, en Josef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste en vir die esels; en hy het hulle dié jaar versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee.
18 Toe dié jaar om was, het hulle na hom gekom in die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit vir my heer nie wegsteek nie, maar die geld is op en die besitting aan vee is my heer s’n. Daar het niks vir my heer oorgebly nie as net ons lyf en ons grond.
19 Waarom moet ons voor u oë te gronde gaan, ons sowel as ons landerye? Koop ons en ons grond vir brood, dan sal ons met ons grond aan Farao diensbaar wees; en gee saadkoring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, en dat die grond nie woes word nie.
20 So het Josef dan al die grond van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die land dan Farao se eiendom geword.
21 En wat die volk betref — hy het hulle laat verhuis na die stede, van die een end van die Egiptiese gebied na die ander end daarvan.
22 Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het 'n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.
23 Toe sê Josef aan die volk: Kyk, ek het vandag julle en jul grond vir Farao gekoop: daar is saadkoring vir julle, dat julle die grond kan besaai.
24 En by die insameling moet julle 'n vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier dele sal julle eiendom wees, as saad vir die land en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is, en as voeding vir julle kinders.
25 En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat ons guns mag vind in die oë van my heer, dan sal ons die dienaars van Farao wees.
26 En Josef het dit 'n wet gemaak tot vandag toe vir die saaigrond van Egipte — die vyfde deel behoort aan Farao. Net die grond van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie.
27 So het Israel dan in Egipteland gewoon, in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.
28 En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd-sewen-en-veertig jaar was.
29 En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou — begrawe my tog nie in Egipte nie.
30 Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord.
31 Toe sê hy: Sweer my dit tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het Israel in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed.