1 Ai dos que decretam leis injustas,
e dos escrivães
que prescrevem opressão.
2 Para desviarem os pobres do seu direito,
e para arrebatarem o
direito dos aflitos do meu povo;
para despojarem as viúvas
e roubarem os órfãos!
3 Mas que fareis vós no dia da visitação,
e na desolação,
que há de vir de longe? A quem recorrereis
para obter socorro,
e onde deixareis a vossa glória,
4 Sem que cada um se
abata entre os presos,
e caia entre mortos?
Com tudo isto a
sua ira não cessou,
mas ainda está
estendida a sua mão.
5 Ai da Assíria, a vara da minha ira,
porque a minha indignação é
como cajado nas suas mãos.
6 Enviá-la-ei contra uma nação hipócrita,
e contra o povo do meu
furor lhe darei ordem,
para que lhe roube a presa,
e lhe tome o despojo,
e o ponha para ser pisado aos pés,
como a lama das ruas.
7 Ainda que ele não cuide assim,
nem o seu coração assim o imagine;
antes no seu coração intenta
destruir e desarraigar
não poucas nações.
8 Porque diz: Não são meus
príncipes todos eles reis?
9 Não é Calno como Carquemis?
Não é Hamate
como Arpade? E Samaria como Damasco?
10 Como a minha mão
alcançou os reinos
dos ídolos,
cujas imagens esculpidas
eram melhores do
que as de Jerusalém
e do que as de Samaria,
11 Porventura como fiz a Samaria
e aos seus ídolos,
não o faria igualmente a Jerusalém
e aos seus ídolos?
12 Por isso acontecerá que, havendo o Senhor acabado toda a sua obra no monte Sião e em Jerusalém, então castigarei o fruto da arrogante grandeza do coração do rei da Assíria e a pompa da altivez dos seus olhos.
13 Porquanto disse: Com a força da minha mão o fiz, e com a minha sabedoria, porque sou prudente; e removi os limites dos povos, e roubei os seus tesouros, e como valente abati aos habitantes.
14 E achou a minha mão as
riquezas dos povos como a um ninho,
e como se ajuntam os
ovos abandonados, assim
eu ajuntei a toda a terra,
e não houve quem
movesse a asa,
ou abrisse a boca, ou murmurasse.
15 Porventura gloriar-se-á o
machado contra o
que corta com ele,
ou presumirá a serra
contra o que puxa por ela,
como se o cajado
movesse aos
que o levantam,
ou a vara levantasse
como não sendo pau?
16 Por isso o Senhor,
o Senhor dos Exércitos,
fará definhar os
que entre eles são gordos,
e debaixo da sua glória
ateará um incêndio,
como incêndio de fogo.
17 Porque a Luz de Israel
virá a ser como fogo
e o seu Santo por labareda,
que abrase
e consuma os seus
espinheiros
e as suas sarças num só dia.
18 Também consumirá a glória
da sua floresta,
e do seu campo fértil,
desde a alma até à carne,
e será como quando desmaia o porta-bandeira.
19 E o resto das árvores
da sua floresta
será tão pouco em número,
que um menino
poderá contá-las.
20 E acontecerá naquele dia que os restantes de Israel, e os que tiverem escapado da casa de Jacó, nunca mais se estribarão sobre aquele que os feriu; antes estribar-se-ão verdadeiramente sobre o Senhor, o Santo de Israel.
21 Os restantes se converterão ao Deus forte, sim, os restantes de Jacó.
22 Porque ainda que o teu povo, ó Israel, seja como a areia do mar, só um remanescente dele se converterá; uma destruição está determinada, transbordando em justiça.
23 Porque determinada já a destruição, o Senhor Deus dos Exércitos a executará no meio de toda esta terra.
24 Por isso assim diz o Senhor Deus dos Exércitos: Povo meu, que habitas em Sião, não temas à Assíria, quando te ferir com a vara, e contra ti levantar o seu cajado à maneira dos egípcios.
25 Porque daqui a bem pouco se cumprirá a minha indignação e a minha ira, para a consumir.
26 Porque o Senhor dos Exércitos suscitará contra ela um flagelo, como na matança de Midiã junto à rocha de Orebe; e a sua vara estará sobre o mar, e ele a levantará como sucedeu aos egípcios.
27 E acontecerá, naquele dia, que a sua carga será tirada do teu ombro, e o seu jugo do teu pescoço; e o jugo será despedaçado por causa da unção.
28 Já vem chegando a Aiate, já
vai passando por Migrom, e
em Micmás deixa a sua bagagem.
29 Já passaram o desfiladeiro, já
se alojam em Geba; já
Ramá treme, e Gibeá de Saul vai fugindo.
30 Clama alto com a tua voz,
ó filha de Galim! Ouve, ó Laís! Ó tu pobre Anatote!
31 Madmena já se foi;
os moradores de Gebim
vão fugindo em bandos.
32 Ainda um dia parará em Nobe;
acenará com a sua
mão contra o monte
da filha de Sião,
o outeiro de Jerusalém.
33 Mas eis que o Senhor,
o Senhor dos Exércitos,
cortará os ramos com violência,
e os de alta estatura
serão cortados,
e os altivos serão abatidos.
34 E cortará com ferro
a espessura da floresta,
e o Líbano cairá à
mão de um poderoso.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 WEE hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe,
2 om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder.
3 Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre?
4 Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
5 WEE Assur! die roede van my toorn en 'n stok is hy — in hulle hand is my grimmigheid!
6 Ek sal hom stuur teen 'n roekelose nasie, en Ek sal hom bevel gee teen die volk van my grimmigheid, om buit te maak en roof in te samel en om hulle tot 'n vertrapping te maak soos modder van die strate.
7 Maar hý bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie.
8 Want hy sê: Is my vorste nie almal saam konings nie?
9 Het dit met Kalno nie gegaan soos met Kárkemis, met Hamat soos met Arpad, met Samaría soos met Damaskus nie?
10 Soos my hand die koninkryke van die afgode bereik het, alhoewel hulle gesnede beelde meer was as dié van Jerusalem en Samaría,
11 sou ek nie, soos ek aan Samaría en sy afgode gedoen het, net so aan Jerusalem en sy afgode kan doen nie?
12 Maar as die Here al sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë.
13 Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos 'n maghebber neergewerp.
14 En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na 'n voëlnes, en ék het die hele aarde bymekaargeskraap soos 'n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat 'n vlerk verroer of 'n bek oopgemaak of gepiep het nie.
15 Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof 'n staf húlle swaai wat hom ophef, asof 'n stok hóm ophef wat nie hout is nie!
16 Daarom sal die Here Here van die leërskare onder sy vettes 'n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy 'n brand laat uitslaan soos die brand van vuur.
17 En die Lig van Israel sal 'n vuur wees, en sy Heilige 'n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en verteer op een dag.
18 Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer 'n kranke wegkwyn.
19 En die oorblyfsel van die bome van sy bos sal min in getal wees, en 'n seuntjie sal hulle kan opskrywe.
20 En in dié dag sal die oorblyfsel van Israel en die wat ontvlug het van die huis van Jakob, nie meer voortgaan om te steun op hom wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op die Here, die Heilige van Israel, in opregtheid.
21 Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe.
22 Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.
23 Want 'n verdelging wat vas besluit is, sal die Here Here van die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.
24 Daarom, so sê die Here Here van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.
25 Want nog 'n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om húlle te vernietig.
26 En die Here van die leërskare sal oor hom die gésel swaai soos Mídian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.
27 En in dié dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid.
28 Hy oorval Ajat; hy trek deur Migron; in Migmas laat hy sy pakgoed agterbly.
29 Hulle trek oor die nek. Laat Geba ons nagverblyf wees! Rama bewe, Gíbea van Saul vlug.
30 Skreeu dit uit, dogter van Gallim! Luister, Lais! Arme Ánatot!
31 Madména vlug, die inwoners van Gebim soek skuiling!
32 Nog vandag staan hy in Nob, hy swaai sy hand teen die berg van die dogter van Sion, teen die heuwel van Jerusalem!
33 Maar kyk, die Here Here van die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi;
34 en Hy sal die digte takke van die bos met die yster omkap, en die Líbanon sal val deur die Heerlike.