1 Porque o Senhor se compadecerá de Jacó, e ainda escolherá a Israel e os porá na sua própria terra; e ajuntar-se-ão com eles os estrangeiros, e se achegarão à casa de Jacó.
2 E os povos os receberão, e os levarão aos seus lugares, e a casa de Israel os possuirá por servos, e por servas, na terra do Senhor; e cativarão aqueles que os cativaram, e dominarão sobre os seus opressores.
3 E acontecerá que no dia em que o Senhor vier a dar-te descanso do teu sofrimento, e do teu pavor, e da dura servidão com que te fizeram servir,
4 Então proferirás este provérbio contra o rei de Babilônia, e dirás: Como já cessou o opressor, como já cessou a cidade dourada!
5 Já quebrantou o Senhor
o bastão dos ímpios e
o cetro dos dominadores.
6 Aquele que feria aos povos com furor,
com golpes incessantes,
e que com ira dominava sobre as nações agora é perseguido,
sem que alguém o possa impedir.
7 Já descansa, já
está sossegada toda a terra;
rompem cantando.
8 Até as faias se alegram sobre ti, e
os cedros do Líbano, dizendo:
Desde que tu caíste
ninguém sobe contra nós
para nos cortar.
9 O inferno desde o
profundo se turbou por ti,
para te sair ao encontro
na tua vinda;
despertou por ti os mortos, e
todos os chefes da terra, e
fez levantar dos
seus tronos a todos
os reis das nações.
10 Estes todos responderão,
e te dirão:
Tu também adoeceste
como nós, e
foste semelhante a nós.
11 Já foi derrubada na sepultura
a tua soberba com o som
das tuas violas;
os vermes debaixo de ti se estenderão,
e os bichos te cobrirão.
12 Como caíste desde o céu,
ó Lúcifer, filho da
alva! Como foste
cortado por terra,
tu que debilitavas as nações!
13 E tu dizias no teu coração:
Eu subirei ao céu,
acima das estrelas de
Deus exaltarei o meu trono,
e no monte da
congregação me assentarei,
aos lados do norte.
14 Subirei sobre as alturas
das nuvens, e
serei semelhante ao Altíssimo.
15 E contudo levado
serás ao inferno,
ao mais profundo do abismo.
16 Os que te virem te contemplarão,
considerar-te-ão, e dirão:
É este o homem
que fazia estremecer
a terra e
que fazia tremer os reinos?
17 Que punha o mundo
como o deserto,
e assolava as suas
cidades? Que não abria
a casa de seus cativos?
18 Todos os reis das nações,
todos eles, jazem com honra,
cada um na sua morada.
19 Porém tu és lançado da tua sepultura,
como um renovo abominável, como
as vestes dos
que foram mortos atravessados
à espada, como os
que descem ao covil de pedras,
como um cadáver pisado.
20 Com eles não te
reunirás na sepultura;
porque destruíste a tua terra e
mataste o teu povo;
a descendência
dos malignos não
será jamais nomeada.
21 Preparai a matança
para os seus filhos por causa
da maldade de seus pais,
para que não se levantem,
e nem possuam a terra,
e encham a face do mundo de cidades.
22 Porque me levantarei contra eles, diz o Senhor dos Exércitos, e extirparei de Babilônia o nome, e os sobreviventes, o filho e o neto, diz o Senhor.
23 E farei dela uma possessão de ouriços e a lagoas de águas; e varrê-la-ei com vassoura de perdição, diz o Senhor dos Exércitos.
24 O Senhor dos Exércitos jurou, dizendo: Como pensei, assim sucederá, e como determinei, assim se efetuará.
25 Quebrantarei a Assíria
na minha terra,
e nas minhas montanhas a pisarei,
para que o seu jugo se aparte deles
e a sua carga se
desvie dos seus ombros.
26 Este é o propósito
que foi determinado sobre toda a terra;
e esta é a mão que está estendida
sobre todas as nações.
27 Porque o Senhor dos
Exércitos o determinou;
quem o invalidará? E a
sua mão está estendida;
quem pois a fará voltar atrás?
28 No ano em que morreu o rei Acaz, foi dada esta sentença.
29 Não te alegres, tu,
toda a Filístia,
por estar quebrada a vara
que te feria;
porque da raiz da cobra
sairá uma víbora,
e o seu fruto será uma
serpente ardente, voadora.
30 E os primogênitos
dos pobres serão
apascentados,
e os necessitados se
deitarão seguros;
porém farei morrer de
fome a tua raiz,
e ele matará os teus sobreviventes.
31 Dá uivos, ó porta, grita, ó cidade;
tu, ó Filístia, estás
toda derretida;
porque do norte vem uma fumaça,
e não haverá quem fique
sozinho nas suas convocações.
32 Que se responderá, pois,
aos mensageiros da nação?
Que o Senhor fundou a Sião,
para que os opressos do seu
povo nela encontrem refúgio.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 WANT die Here sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob.
2 En die volke sal hulle neem en op hul woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land van die Here as besitting verwerwe, as slawe en slavinne; en hulle sal dié gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, en oor hulle drywers heers.
3 En op die dag as die Here jou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het,
4 dan sal jy hierdie spotlied aanhef oor die koning van Babel en sê: Hoe het die drywer nou opgehou, opgehou die verdrukking!
5 Die Here het die stok van die goddelose verbreek, die staf van die heersers,
6 wat die volke verwoes het in grimmigheid met slaan sonder ophou, wat in toorn oor die nasies geheers het met 'n agtervolging sonder verskoning.
7 Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel.
8 Ook is die sipresse bly oor jou, die seders van die Líbanon, en hulle sê: Vandat jy daar lê, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie.
9 Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan.
10 Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword.
11 Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as 'n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking.
12 Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
13 En jý het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.
14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
15 Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!
16 Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?
17 Die wêreld soos 'n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?
18 Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis;
19 maar jý is gewerp, ver van jou graf, soos 'n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.
20 Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; die nageslag van die kwaaddoeners word vir ewig nie genoem nie.
21 Maak 'n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.
22 So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek die Here van die leërskare, en van Babel uitroei die naam en die oorblyfsel, kroos en nageslag, spreek die Here.
23 En Ek sal dit 'n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die Here van die leërskare.
24 DIE Here van die leërskare het gesweer en gesê: Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluit het, kom dit tot stand:
25 om Assur te verbreek in my land, en op my berge sal Ek hom vertrap, sodat sy juk van hulle kan afgly en sy las van hulle skouer kan wyk.
26 Dit is die besluit wat geneem is oor die hele aarde, en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies;
27 want die Here van die leërskare het dit besluit — wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek — wie sal dit kan afkeer?
28 IN die sterfjaar van koning Agas het hierdie Godspraak uitgegaan.
29 Wees nie bly, o ganse land van die Filistyne, dat die roede verbreek is wat jou geslaan het nie; want uit die wortel van die slang sal 'n basilisk voortkom, en sy vrug sal 'n vlieënde draak wees.
30 En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftiges sal veilig lê en rus; maar jou wortel sal Ek deur honger laat sterwe, en jou oorblyfsel sal hy doodmaak.
31 Huil, o poort! Skreeu, o stad! Bewe, o ganse land van die Filistyne! Want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie.
32 Wat sal hulle dan die boodskappers van die nasie antwoord? Dat die Here Sion gegrondves het, en dat die ellendiges van sy volk daarin sal skuil.