1 Ai de Ariel, Ariel,
a cidade onde Davi
acampou! Acrescentai
ano a ano,
e sucedam-se as festas.
2 Contudo porei a Ariel em aperto,
e haverá pranto e tristeza;
e ela será para mim como Ariel.
3 Porque te cercarei com o meu
arraial, e te sitiarei
com baluartes,
e levantarei trincheiras contra ti.
4 Então serás abatida,
falarás de debaixo da terra,
e a tua fala desde o pó sairá fraca,
e será a tua voz debaixo da terra,
como a de um
que tem espírito familiar,
e a tua fala assobiará desde o pó.
5 E a multidão dos teus inimigos será
como o pó miúdo,
e a multidão dos tiranos
como a pragana que passa,
e num momento repentino
isso acontecerá.
6 Do Senhor dos Exércitos
serás visitada com trovões,
e com terremotos,
e grande ruído com tufão de vento,
e tempestade,
e labareda de fogo consumidor.
7 E como o sonho
e uma visão de noite será
a multidão de todas as nações
que hão de pelejar contra Ariel,
como também todos os
que pelejarem contra ela
e contra a sua fortaleza,
e a puserem em aperto.
8 Será também como o faminto que sonha,
que está a comer, porém,
acordando, sente-se vazio;
ou como o sedento que sonha
que está a beber, porém,
acordando, eis que
ainda desfalecido se acha,
e a sua alma com sede;
assim será toda a multidão das nações,
que pelejarem contra o monte Sião.
9 Tardai, e
maravilhai-vos,
folgai, e clamai;
bêbados estão,
mas não de vinho,
andam cambaleando,
mas não de bebida forte.
10 Porque o Senhor derramou
sobre vós um espírito
de profundo sono,
e fechou os vossos olhos,
vendou os profetas,
e os vossos
principais videntes.
11 Por isso toda a visão vos é como as palavras de um livro selado que se dá ao que sabe ler, dizendo: Lê isto, peço-te; e ele dirá: Não posso, porque está selado.
12 Ou dá-se o livro ao que não sabe ler, dizendo: Lê isto, peço-te; e ele dirá: Não sei ler.
13 Porque o Senhor disse:
Pois que este povo se
aproxima de mim,
e com a sua boca,
e com os seus lábios me honra,
mas o seu coração se afasta
para longe de mim
e o seu temor
para comigo consiste só em mandamentos de homens,
em que foi instruído;
14 Portanto eis
que continuarei a fazer
uma obra maravilhosa no
meio deste povo,
uma obra maravilhosa e um assombro;
porque a sabedoria dos
seus sábios perecerá,
e o entendimento dos seus
prudentes se esconderá.
15 Ai dos que querem
esconder profundamente
o seu propósito
do Senhor,
e fazem as suas
obras às escuras, e dizem:
Quem nos vê? E
quem nos conhece?
16 Vós tudo perverteis,
como se o oleiro fosse
igual ao barro,
e a obra dissesse do seu artífice:
Não me fez;
e o vaso formado dissesse
do seu oleiro: Nada sabe.
17 Porventura não se converterá o Líbano,
num breve momento,
em campo fértil? E o campo fértil
não se reputará por um bosque?
18 E naquele dia os surdos ouvirão
as palavras do livro,
e dentre a escuridão
e dentre as trevas os olhos dos cegos as verão.
19 E os mansos terão gozo
sobre gozo no Senhor;
e os necessitados entre os homens
se alegrarão no Santo de Israel.
20 Porque o tirano é reduzido a nada,
e se consome o escarnecedor,
e todos os que se dão à
iniquidade são desarraigados;
21 Os que fazem culpado
ao homem por uma palavra,
e armam laços ao
que repreende na porta,
e os que sem motivo
põem de parte o justo.
22 Portanto assim diz o Senhor, que remiu a Abraão, acerca da casa de Jacó: Jacó não será agora envergonhado, nem agora se descorará a sua face.
23 Mas quando ele vir seus filhos,
obra das minhas mãos no meio dele,
santificarão o meu nome;
sim, santificarão ao
Santo de Jacó,
e temerão ao Deus de Israel.
24 E os errados de espírito
virão a ter entendimento,
e os murmuradores
aprenderão doutrina.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 WEE Áriël, Áriël, stad waar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring —
2 dan sal Ek Áriël benoud maak, en daar sal geklaag en geklag wees, en dit sal vir My soos Áriël wees.
3 En Ek sal in 'n kring teen jou laer opslaan en jou met wagposte beleër en skanse teen jou oprig.
4 Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos dié van die gees van 'n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.
5 Maar die menigte van jou vyande sal word soos dun stof, en die menigte van die tiranne soos kaf wat wegwaai; en dit sal heeltemal onverwags gebeur.
6 Vanweë die Here van die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van 'n verterende vuur.
7 En soos 'n droom, 'n naggesig, sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen Áriël, ja, almal wat teen hom oorlog toe trek en teen sy bergvesting en hom benoud maak.
8 En soos 'n hongerige droom dat hy eet, maar hy word wakker en — sy siel is leeg; en soos 'n dorstige droom dat hy drink, maar hy word wakker en — hy is moeg en sy siel versmag: só sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen die berg Sion.
9 Vertoef, en verwonder julle! Wees blind en verblind! Hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie.
10 Want die Here het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë — die profete — toegesluit en julle hoofde — die sieners — toegebind.
11 So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van 'n verseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.
12 Of hulle gee die boek aan iemand wat nie kan lees nie, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie lees nie.
13 En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is,
14 daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.
15 Wee hulle wat planne diep verberg vir die Here, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?
16 o Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?
17 Sal dit nie nog 'n baie kort rukkie duur dat die Líbanon in 'n vrugteboord verander word, en die vrugteboord vir 'n bos gereken word nie?
18 En in dié dag sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.
19 En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die Here, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.
20 Want gedaan is dit met die tiran, en klaar is dit met die spotter, en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is —
21 hulle wat 'n mens as sondaar brandmerk ter wille van 'n woord, en strikke span vir hom wat vir die reg opkom in die poort, en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot.
22 Daarom, so sê die Here tot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie, en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie;
23 want as hy, as sy kinders die werk van my hande in sy midde sien, sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees;
24 en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem.