1 Assim diz o Senhor:
Onde está a carta
de divórcio de vossa mãe,
pela qual eu a repudiei?
Ou quem é o meu credor a quem eu vos tenha vendido?
Eis que por vossas maldades fostes vendidos,
e por vossas
transgressões
vossa mãe
foi repudiada.
2 Por que razão vim eu,
e ninguém apareceu? Chamei,
e ninguém respondeu? Porventura tanto se encolheu a minha mão,
que já não possa remir?
Ou não há mais força
em mim para livrar?
Eis que
com a minha repreensão faço secar o mar,
torno os rios em deserto,
até que cheirem mal os seus peixes,
porquanto
não têm
água e
morrem de sede.
3 Eu visto os céus de negridão,
pôr-lhes-ei um saco para a sua cobertura.
4 O Senhor Deus me deu uma língua erudita,
para que eu saiba dizer a seu tempo uma boa palavra
ao que está cansado. Ele desperta-me todas as manhãs,
desperta-me o ouvido
para que ouça,
como aqueles
que aprendem.
5 O Senhor Deus me abriu os ouvidos,
e eu não fui rebelde;
não me retirei para trás.
6 As minhas costas ofereci aos
que me feriam,
e a minha face aos
que me arrancavam os cabelos;
não escondi a minha face
dos que me afrontavam
e me cuspiam.
7 Porque o Senhor Deus me ajuda,
assim não me confundo;
por isso pus o meu rosto
como um seixo, porque sei que
não serei envergonhado.
8 Perto está o que me justifica;
quem contenderá comigo? Compareçamos juntamente;
quem é meu
adversário?
Chegue-se para mim.
9 Eis que o Senhor Deus me ajuda;
quem há que me condene?
Eis que todos eles
como roupas se envelhecerão,
e a traça os comerá.
10 Quem há entre vós que tema
ao Senhor e ouça a voz
do seu servo? Quando andar em trevas,
e não tiver luz nenhuma,
confie no nome do Senhor,
e firme-se sobre o seu Deus.
11 Eis que todos vós,
que acendeis fogo,
e vos cingis com faíscas,
andai entre as labaredas
do vosso fogo,
e entre as faíscas,
que acendestes. Isto vos sobrevirá
da minha mão,
e em tormentos jazereis.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 SO sê die Here: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.
2 Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot 'n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
3 Ek beklee die hemel met swartheid en bedek dit met 'n roukleed.
4 DIE Here Here het My 'n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.
5 Die Here Here het my oor geopen, en Ek was nie wederstrewig nie; Ek het nie agteruitgewyk nie.
6 Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.
7 Maar die Here Here help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos 'n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.
8 Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My 'n regsaak begin? — laat ons saam optree! Wie is my teëparty? — laat hom nader kom na My toe!
9 Kyk, die Here Here help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos 'n kleed; die mot sal hulle eet.
10 Wie is daar onder julle wat die Here vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? — laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!
11 Kyk, julle almal wat 'n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord — wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het! Van my hand het dit julle oorgekom; in smart sal julle neerlê.