1 Ó vós, todos os que tendes sede,
vinde às águas, e os que
não tendes dinheiro,
vinde, comprai, e comei;
sim, vinde, comprai,
sem dinheiro e sem preço,
vinho e leite.
2 Por que gastais o dinheiro naquilo
que não é pão? E o produto
do vosso trabalho naquilo
que não pode satisfazer? Ouvi-me atentamente,
e comei o que é bom,
e a vossa alma se deleite
com a
gordura.
3 Inclinai os vossos ouvidos,
e vinde a mim; ouvi,
e a vossa alma viverá;
porque convosco farei uma aliança perpétua,
dando-vos as firmes beneficências
de Davi.
4 Eis que eu o dei por testemunha aos povos,
como líder
e governador
dos povos.
5 Eis que chamarás a uma nação
que não conheces,
e uma nação
que nunca te conheceu correrá
para ti, por amor
do Senhor teu Deus,
e do Santo de Israel;
porque ele te glorificou.
6 Buscai
ao Senhor enquanto se pode achar,
invocai-o
enquanto
está perto.
7 Deixe o ímpio o seu caminho,
e o homem maligno os seus pensamentos,
e se converta ao Senhor,
que se compadecerá dele;
torne para o nosso Deus,
porque grandioso é
em perdoar.
8 Porque os meus pensamentos
não são os vossos pensamentos,
nem os vossos
caminhos os meus caminhos,
diz o
Senhor.
9 Porque assim
como os céus são mais altos do
que a terra,
assim são os meus caminhos mais altos
do que os vossos caminhos,
e os meus pensamentos mais altos
do que os vossos pensamentos.
10 Porque, assim como desce a chuva
e a neve dos céus,
e para lá não tornam,
mas regam a terra,
e a fazem produzir, e brotar,
e dar semente ao semeador,
e pão ao que come,
11 Assim será a minha palavra,
que sair da minha boca;
ela não voltará para mim vazia,
antes fará o que me apraz,
e prosperará naquilo
para que a enviei.
12 Porque com alegria saireis,
e em paz sereis guiados;
os montes
e os outeiros romperão
em cântico diante de vós,
e todas as árvores
do campo baterão palmas.
13 Em lugar
do espinheiro crescerá a faia,
e em lugar da sarça crescerá a murta;
o que será
para o Senhor por nome,
e por sinal eterno,
que nunca
se apagará.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 o ALMAL wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
2 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.
3 Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
4 Kyk, Ek het hom tot 'n getuie van die volke gemaak, tot 'n vors en 'n gebieder van die nasies.
5 Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die Here jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.
6 Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
7 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
8 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here.
9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
10 Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter;
11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
12 Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap.
13 Vir 'n doringboom sal 'n sipres opgaan; vir 'n distel sal 'n mirteboom opgaan; en dit sal vir die Here wees tot 'n naam, tot 'n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.