1 Consolai,
consolai o meu povo,
diz o vosso Deus.
2 Falai benignamente a Jerusalém,
e bradai-lhe
que já a sua milícia é acabada,
que a sua iniquidade está expiada
e que já recebeu
em dobro da mão do Senhor,
por todos os
seus pecados.
3 Voz do que clama no deserto:
Preparai o caminho
do Senhor;
endireitai
no ermo vereda a nosso Deus.
4 Todo o vale será exaltado,
e todo o monte
e todo o outeiro será abatido;
e o que é torcido se endireitará,
e o que é áspero
se aplainará.
5 E a glória do Senhor se manifestará,
e toda a carne juntamente a verá,
pois a boca
do Senhor o disse.
6 Uma voz diz: Clama;
e alguém disse:
Que hei
de clamar? Toda a carne é erva
e toda a sua beleza
como a flor do campo.
7 Seca-se a erva, e cai a flor,
soprando nela o Espírito do Senhor.
Na verdade o povo é erva.
8 Seca-se a erva, e cai a flor,
porém a palavra
de nosso Deus subsiste eternamente.
9 Tu, ó Sião,
que anuncias boas novas,
sobe a um monte alto. Tu,
ó Jerusalém,
que anuncias boas novas,
levanta a tua voz fortemente;
levanta-a, não temas,
e dize às cidades de Judá:
Eis aqui está o vosso Deus.
10 Eis que o Senhor Deus virá
com poder
e seu braço dominará por ele;
eis que o seu galardão está
com ele,
e o seu salário diante
da sua face.
11 Como pastor apascentará o seu rebanho;
entre os seus braços recolherá os cordeirinhos,
e os levará
no seu regaço;
as que amamentam
guiará
suavemente.
12 Quem mediu na concha
da sua mão as águas,
e tomou a medida
dos céus aos palmos,
e recolheu numa medida o pó
da terra e pesou os montes
com peso e os outeiros
em balanças?
13 Quem guiou o Espírito
do Senhor, ou
como seu conselheiro
o ensinou?
14 Com quem tomou ele conselho,
que lhe desse entendimento,
e lhe ensinasse o caminho
do juízo,
e lhe ensinasse conhecimento,
e lhe mostrasse o caminho
do entendimento?
15 Eis que as nações são consideradas por ele
como a gota de um balde,
e como o pó miúdo
das balanças;
eis que ele levanta as ilhas
como a uma coisa
pequeníssima.
16 Nem todo o Líbano basta
para o fogo,
nem os seus animais bastam
para holocaustos.
17 Todas as nações são
como nada perante ele;
ele as considera menos do
que nada e como uma coisa vã.
18 A quem, pois,
fareis semelhante a Deus,
ou com
que o comparareis?
19 O artífice funde a imagem,
e o ourives a cobre
de ouro, e forja
para ela cadeias de prata.
20 O empobrecido, que
não pode oferecer tanto,
escolhe madeira que não se apodrece;
artífice sábio busca,
para gravar uma imagem
que não se pode mover.
21 Porventura
não sabeis? Porventura
não ouvis,
ou desde o princípio
não se vos notificou,
ou não atentastes
para os
fundamentos
da terra?
22 Ele é o que está assentado
sobre o círculo da terra,
cujos moradores são
para ele como gafanhotos;
é ele o que estende os céus
como cortina,
e os desenrola como tenda,
para neles habitar;
23 O que reduz a nada os príncipes,
e torna
em coisa vã os juízes
da terra.
24 E mal se tem plantado,
mal se tem semeado,
e mal se tem enraizado
na terra o seu tronco,
já se secam,
quando ele sopra sobre eles,
e um tufão os leva
como a pragana.
25 A quem, pois,
me fareis semelhante,
para que eu lhe seja
igual? Diz o Santo.
26 Levantai ao alto os vossos olhos,
e vede quem criou estas coisas;
foi aquele
que faz sair o exército delas segundo o seu número;
ele as chama a todas pelos seus nomes;
por causa da grandeza
das suas forças,
e porquanto é forte em poder,
nenhuma delas
faltará.
27 Por que dizes, ó Jacó,
e tu falas, ó Israel:
O meu caminho está encoberto
ao Senhor,
e o meu juízo passa despercebido
ao meu Deus?
28 Não sabes, não ouviste
que o eterno Deus, o Senhor,
o Criador dos fins da terra,
nem se cansa
nem se fatiga? É insondável
o seu entendimento.
29 Dá força ao cansado,
e multiplica as forças ao
que não tem nenhum vigor.
30 Os jovens se cansarão
e se fatigarão,
e os moços certamente cairão;
31 Mas os que esperam
no Senhor renovarão as forças,
subirão com asas como águias;
correrão, e não se cansarão;
caminharão, e não se fatigarão.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 TROOS, troos my volk, sê julle God.
2 Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die Here dubbel ontvang het vir al haar sondes.
3 'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!
4 Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet 'n gelykte en die rotsagtige plekke 'n laagte word.
5 En die heerlikheid van die Here sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die Here het dit gespreek.
6 'n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos 'n blom van die veld.
7 Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die Here daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!
8 Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.
9 o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op 'n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!
10 Kyk, die Here Here sal kom as 'n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.
11 Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.
12 WIE het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met 'n span die maat geneem, en in 'n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met 'n weegtoestel en die heuwels met 'n weegskaal?
13 Wie het die Gees van die Here bestier en as sy raadsman Hom onderrig?
14 Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?
15 Kyk, die nasies is soos 'n druppel aan die emmer, en soos 'n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos 'n stoffie!
16 En die Líbanon is nie genoeg as brandhout en sy wild nie genoeg as brandoffer nie.
17 Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken.
18 By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?
19 Die ambagsman giet 'n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings.
20 Wie te arm is vir so 'n offergawe, kies 'n stuk hout wat nie vergaan nie; hy soek vir hom 'n kunsvaardige ambagsman om 'n beeld op te rig wat nie wankel nie.
21 Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?
22 Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos 'n dun doek en sprei dit uit soos 'n tent om in te woon.
23 Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;
24 skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos 'n stoppel.
25 By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige.
26 Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie.
27 WAAROM sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die Here verborge, en my reg gaan by my God verby?
28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
29 Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
30 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;
31 maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.