1 Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie.

2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.

3 'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase.

4 Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.

5 Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.

6 Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas.

7 Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.

8 Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas.

9 Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.

10 Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.

11 Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

12 Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom.

13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine.

14 'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.

15 Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.

16 Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.

17 Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie.

18 Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,

19 so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.

20 Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.

21 Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.

22 Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.

23 Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is -- so is gloeiende lippe en 'n slegte hart.

24 Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.

25 As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.

26 Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.

27 Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom.

28 'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang.

1 א   כשלג בקיץ--וכמטר בקציר    כן לא-נאוה לכסיל כבוד br

2 ב   כצפור לנוד כדרור לעוף--    כן קללת חנם לא (לו) תבא br

3 ג   שוט לסוס מתג לחמור    ושבט לגו כסילים br

4 ד   אל-תען כסיל כאולתו    פן-תשוה-לו גם-אתה br

5 ה   ענה כסיל כאולתו    פן-יהיה חכם בעיניו br

6 ו   מקצה רגלים חמס שתה--    שלח דברים ביד-כסיל br

7 ז   דליו שקים מפסח    ומשל בפי כסילים br

8 ח   כצרור אבן במרגמה--    כן-נותן לכסיל כבוד br

9 ט   חוח עלה ביד-שכור    ומשל בפי כסילים br

10 י   רב מחולל-כל    ושכר כסיל ושכר עברים br

11 יא   ככלב שב על-קאו--    כסיל שונה באולתו br

12 יב   ראית--איש חכם בעיניו    תקוה לכסיל ממנו br

13 יג   אמר עצל שחל בדרך    ארי בין הרחבות br

14 יד   הדלת תסוב על-צירה    ועצל על-מטתו br

15 טו   טמן עצל ידו בצלחת    נלאה להשיבה אל-פיו br

16 טז   חכם עצל בעיניו--    משבעה משיבי טעם br

17 יז   מחזיק באזני-כלב--    עבר מתעבר על-ריב לא-לו br

18 יח   כמתלהלה הירה זקים--    חצים ומות br

19 יט   כן-איש רמה את-רעהו    ואמר הלא-משחק אני br

20 כ   באפס עצים תכבה-אש    ובאין נרגן ישתק מדון br

21 כא   פחם לגחלים ועצים לאש    ואיש מדונים (מדינים) לחרחר-ריב

22 כב   דברי נרגן כמתלהמים    והם ירדו חדרי-בטן br

23 כג   כסף סיגים מצפה על-חרש--    שפתים דלקים ולב-רע br

24 כד   בשפתו ינכר שונא    ובקרבו ישית מרמה br

25 כה   כי-יחנן קולו אל-תאמן-בו    כי שבע תועבות בלבו br

26 כו   תכסה שנאה במשאון    תגלה רעתו בקהל br

27 כז   כרה-שחת בה יפול    וגולל אבן אליו תשוב br

28 כח   לשון-שקר ישנא דכיו    ופה חלק יעשה מדחה