1 Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,

2 haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.

3 Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:

4 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:

5 Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;

6 laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.

7 Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.

8 Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.

9 Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.

10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.

11 Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.

12 As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.

13 Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;

14 en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,

15 om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:

16 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:

17 Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.

18 Maar hy weet nie dat d r skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.

1 א   חכמות בנתה ביתה    חצבה עמודיה שבעה br

2 ב   טבחה טבחה מסכה יינה    אף ערכה שלחנה br

3 ג   שלחה נערתיה תקרא--    על-גפי מרמי קרת br

4 ד   מי-פתי יסר הנה    חסר-לב אמרה לו br

5 ה   לכו לחמו בלחמי    ושתו ביין מסכתי br

6 ו   עזבו פתאים וחיו    ואשרו בדרך בינה br

7 ז   יסר לץ--לקח לו קלון    ומוכיח לרשע מומו br

8 ח   אל-תוכח לץ פן-ישנאך    הוכח לחכם ויאהבך br

9 ט   תן לחכם ויחכם-עוד    הודע לצדיק ויוסף לקח br

10 י   תחלת חכמה יראת יהוה    ודעת קדשים בינה br

11 יא   כי-בי ירבו ימיך    ויוסיפו לך שנות חיים br

12 יב   אם-חכמת חכמת לך    ולצת לבדך תשא br

13 יג   אשת כסילות המיה    פתיות ובל-ידעה מה br

14 יד   וישבה לפתח ביתה--    על-כסא מרמי קרת br

15 טו   לקרא לעברי-דרך    המישרים ארחותם br

16 טז   מי-פתי יסר הנה    וחסר-לב ואמרה לו br

17 יז   מים-גנובים ימתקו    ולחם סתרים ינעם br

18 יח   ולא-ידע כי-רפאים שם    בעמקי שאול קראיה