1 'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af -- laat Israel dit sê --2 alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.3 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.4 Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.5 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.6 Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek,7 waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.8 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE.
1 Cántico gradual. MUCHO me han angustiado desde mi juventud, Puede decir ahora Israel;2 Mucho me han angustiado desde mi juventud; Mas no prevalecieron contra mí.3 Sobre mis espaldas araron los aradores: Hicieron largos surcos.4 Jehová es justo; Cortó las coyundas de los impíos.5 Serán avergonzados y vueltos atrás Todos los que aborrecen á Sión.6 Serán como la hierba de los tejados, Que se seca antes que crezca:7 De la cual no hinchió segador su mano, Ni sus brazos el que hace gavillas.8 Ni dijeron los que pasaban: Bendición de Jehová sea sobre vosotros; Os bendecimos en el nombre de Jehová.