1 'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed.

2 Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE.

3 Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.

4 As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan.

5 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.

6 Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.

7 Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk. [ (Psalms 142:8) Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen. ]

1 Masquil de David: Oración que hizo cuando estaba en la cueva. CON mi voz clamaré á Jehová, Con mi voz pediré á Jehová misericordia.

2 Delante de él derramaré mi querella; Delante de él denunciaré mi angustia.

3 Cuando mi espíritu se angustiaba dentro de mí, tú conociste mi senda. En el camino en que andaba, me escondieron lazo.

4 Miraba á la mano derecha, y observaba; mas no había quien me conociese; No tuve refugio, no había quien volviese por mi vida.

5 Clamé á ti, oh Jehová, Dije: Tú eres mi esperanza, Y mi porción en la tierra de los vivientes.

6 Escucha mi clamor, que estoy muy afligido; Líbrame de los que me persiguen, porque son más fuertes que yo.

7 Saca mi alma de la cárcel para que alabe tu nombre: Me rodearán los justos, Porque tú me serás propicio.