1 'n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid.2 En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.3 Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.4 En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.5 Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink n oor die werk van u hande.6 Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.7 Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.8 Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.9 Red my van my vyande, HERE! By U skuil ek.10 Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land.11 o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.12 En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is u kneg.
1 Salmo de David. OH Jehová, oye mi oración, escucha mis ruegos: Respóndeme por tu verdad, por tu justicia.2 Y no entres en juicio con tu siervo; Porque no se justificará delante de ti ningún viviente.3 Porque ha perseguido el enemigo mi alma; Ha postrado en tierra mi vida; Hame hecho habitar en tinieblas como los ya muertos.4 Y mi espíritu se angustió dentro de mí; Pasmóse mi corazón.5 Acordéme de los días antiguos; Meditaba en todas tus obras, Reflexionaba en las obras de tus manos.6 Extendí mis manos á ti; Mi alma á ti como la tierra sedienta. (Selah.)7 Respóndeme presto, oh Jehová que desmaya mi espíritu: No escondas de mí tu rostro, Y venga yo á ser semejante á los que descienden á la sepultura.8 Hazme oir por la mañana tu misericordia, Porque en ti he confiado: Hazme saber el camino por donde ande, Porque á ti he alzado mi alma9 Líbrame de mis enemigos, oh Jehová: A ti me acojo.10 Enséñame á hacer tu voluntad, porque tú eres mi Dios: Tu buen espíritu me guíe á tierra de rectitud.11 Por tu nombre, oh Jehová me vivificarás: Por tu justicia, sacarás mi alma de angustia.12 Y por tu misericordia disiparás mis enemigos, Y destruirás todos los adversarios de mi alma: Porque yo soy tu siervo.