1 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?2 Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.3 Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.4 U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.6 En nou -- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.9 Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.10 Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?11 Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!12 Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.13 U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.14 U het die koppe van die Levi tan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk -- vir woestyndiere.15 U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.17 U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.18 Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.19 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.20 Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.21 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.22 Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.23 Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie -- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!
1 Masquil de Asaph. ¿POR qué, oh Dios, nos has desechado para siempre? ¿Por qué ha humeado tu furor contra las ovejas de tu dehesa?2 Acuérdate de tu congregación, que adquiriste de antiguo, Cuando redimiste la vara de tu heredad; Este monte de Sión, donde has habitado.3 Levanta tus pies á los asolamientos eternos: A todo enemigo que ha hecho mal en el santuario.4 Tus enemigos han bramado en medio de tus sinagogas: Han puesto sus divisas por señas.5 Cualquiera se hacía famoso según que había levantado El hacha sobre los gruesos maderos.6 Y ahora con hachas y martillos Han quebrado todas sus entalladuras.7 Han puesto á fuego tus santuarios, Han profanado el tabernáculo de tu nombre echándolo á tierra.8 Dijeron en su corazón: Destruyámoslos de una vez; Han quemado todas las sinagogas de Dios en el tierra.9 No vemos ya nuestras señales: No hay más profeta; Ni con nosotros hay quien sepa hasta cuándo.10 ¿Hasta cuándo, oh Dios, el angustiador nos afrentará? ¿Ha de blasfemar el enemigo perpetuamente tu nombre?11 ¿Por qué retraes tu mano, y tu diestra? ¿Por qué la escondes dentro de tu seno?12 Empero Dios es mi rey ya de antiguo; El que obra saludes en medio de la tierra.13 Tú hendiste la mar con tu fortaleza: Quebrantaste cabezas de ballenas en las aguas.14 Tú magullaste las cabezas del leviathán; Dístelo por comida al pueblo de los desiertos.15 Tú abriste fuente y río; Tú secaste ríos impetuosos.16 Tuyo es el día, tuya también es la noche: Tú aparejaste la luna y el sol.17 Tú estableciste todos los términos de la tierra: El verano y el invierno tú los formaste.18 Acuerdáte de esto: que el enemigo ha dicho afrentas á Jehová, Y que el pueblo insensato ha blasfemado tu nombre.19 No entregues á las bestias el alma de tu tórtola: Y no olvides para siempre la congregación de tus afligidos.20 Mira al pacto: Porque las tenebrosidades de la tierra llenas están de habitaciones de violencia.21 No vuelva avergonzado el abatido: El afligido y el menesteroso alabarán tu nombre.22 Levántate, oh Dios, aboga tu causa: Acuérdate de cómo el insensato te injuria cada día.23 No olvides las voces de tus enemigos: El alboroto de los que se levantan contra ti sube continuamente.