1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. o HERE, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie.
2 Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende kind by sy moeder, soos 'n gespeende kind is my siel in my.
3 Wag op die HERE, o Israel, van nou af tot in ewigheid!
1 Cántico gradual: de David. JEHOVA, no se ha envanecido mi corazón, ni mis ojos se enaltecieron; Ni anduve en grandezas, Ni en cosas para mí demasiado sublimes.
2 En verdad que me he comportado y he acallado mi alma, Como un niño destetado de su madre: Como un niño destetado está mi alma.
3 Espera, oh Israel, en Jehová Desde ahora y para siempre.