1 'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag.
2 Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,
3 om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;
4 by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter.
5 Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande.
6 Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes!
7 'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie:
8 as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.
9 Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, HERE!
10 Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.
11 Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf.
12 En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.
13 Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die L¡banon.
14 Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.
15 In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees, [ (Psalms 92:16) om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie. ]
1 Salmo: Canción para el día del Sábado. BUENO es alabar á Jehová, Y cantar salmos á tu nombre, oh Altísimo;
2 Anunciar por la mañana tu misericordia, Y tu verdad en las noches,
3 En el decacordio y en el salterio, En tono suave con el arpa.
4 Por cuanto me has alegrado, oh Jehová, con tus obras; En las obras de tus manos me gozo.
5 Cuán grandes son tus obras, oh Jehová! Muy profundos son tus pensamientos.
6 El hombre necio no sabe, Y el insensato no entiende esto:
7 Que brotan los impíos como la hierba, Y florecen todos los que obran iniquidad, Para ser destruídos para siempre.
8 Mas tú, Jehová, para siempre eres Altísimo.
9 Porque he aquí tus enemigos, oh Jehová, Porque he aquí, perecerán tus enemigos; Serán disipados todos los que obran maldad.
10 Empero tú ensalzarás mi cuerno como el de unicornio: Seré ungido con aceite fresco.
11 Y mirarán mis ojos sobre mis enemigos: Oirán mis oídos de los que se levantaron contra mí, de los malignos.
12 El justo florecerá como la palma: Crecerá como cedro en el Líbano.
13 Plantados en la casa de Jehová, En los atrios de nuestro Dios florecerán.
14 Aun en la vejez fructificarán; Estarán vigorosos y verdes;
15 Para anunciar que Jehová mi fortaleza es recto. Y que en él no hay injusticia.