Herodes vervolg die gemeente, maak Jakobus dood, sit Petrus in die gevangenis. Petrus word uit die gevangenis verlos. Dood van Herodes.
1 EN omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.
2 En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.
3 En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit was die dae van die ongesuurde brode.
4 Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die paasfees voor die volk te bring.
5 So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.
6 En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.
7 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hom, en 'n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.
8 En die engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!
9 En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy 'n gesig sien.
10 En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.
11 Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.
12 En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.
13 En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het 'n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te hoor wie daar was.
14 En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.
15 Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy engel.
16 En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.
17 Maar hy het hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na 'n ander plek vertrek.
18 En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.
19 Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judéa weggegaan na Cesaréa en daar gebly.
20 En Herodes was verbitterd teen die Tiriërs en Sidoniërs. En hulle het eenparig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra, omdat hulle land onderhoud uit die koning s’n ontvang het.
21 En op 'n bepaalde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek.
22 Daarop het die volk hom toegeroep: 'n Stem van 'n god en nie van 'n mens nie!
23 En onmiddellik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.
24 Maar die woord van God het gegroei en toegeneem.
25 En Bárnabas en Saulus het van Jerusalem teruggekeer, nadat hulle hul diens vervul het, en hulle het Johannes saamgeneem, wat ook Markus genoem word.
Stebuklingas Petro išvadavimas iš kalėjimo
1 Apie tą laiką karalius Erodas ėmė persekioti kai kuriuos tikinčiuosius. 2 Užmušė apaštalą Jokūbą, Jono broli. 3 Pamatęs, kad tai labai džiugino žydų vadovus, jis per Velykų šventes suėmė Petrą 4 ir įmetė kalėjiman, pavesdamas saugoti jį šešiolikos kareivių sargybai. Po Velykų Erodas ketino atiduoti Petrą žydų egzekucijai. 5 Bažnyčioje visi karštai meldė Dievą, kad Petras kalėjime būtų saugus.
6 Paskutinę naktį, kai Petras turėjo būti atiduotas žydams, jis miegojo surakintas dviem grandinėmis. Jį saugojo du kareiviai, o kiti stovėjo prie kalėjimo vartų. 7 Staiga kalėjimo kamerą nutvieskė šviesa. Priešais Petrą atsirado Viešpaties angelas! Angelas pažadino Petrą, bakstelėdamas į šoną, ir tarė: „Kelkis greičiau!" Nuo rankų nukrito grandinės. 8 Tada angelas kalbėjo toliau: „Renkis ir apsiauk batus!" Jis taip ir padarė. „Dabar apsivilk apsiaustą ir eik paskui mane", – įsakė angelas. 9 Tada Petras, sekdamas angelą, išėjo iš kalėjimo kameros. Bet visą laiką jis negalėjo suvokti, ar tai sapnas, ar regėjimas, ir netikėjo, jog viskas vyksta tikrovėje. 10 Jie praėjo pro pirmą, antrą sargybą ir prisiartino prie geležinių gatvės vartų. Vartai savaime atsidarė! Taigi jie išėjo. Kiek palydėjęs Petrą gatve, angelas nuo jo pasitraukė. 11 Petras, supratęs kas atsitiko, tarė sau: „Tai tiesa! Viešpats siuntė angelą, kad išgelbėtų mane iš Erodo rankų ir žydų kėslų."
12 Taip mąstydamas, jis atėjo prie Morkumi vadinamo Jono motinos Marijos namų, kuriuose maldai buvo susirinkę daug žmonių. 13 Jis pasibeldė į vartų duris. Atidaryti atėjo mergaitė, vardu Rodė. 14 Pažinusi Petro balsą, ji iš džiaugsmo nubėgo į vidų pranešti visiems, jog gatvėje stovi Petras. 15 Jie netikėjo jos žodžiais. „Tu pakvaišai!" – sakė jie. Ji atkakliai tvirtino savo. Tada jie nusprendė: „Tai greičiausiai jo angelas. Jie tikriausiai jį nužudė."
16 Tuo tarpu Petras tebesibeldė į lauko duris. Atidarę jie nustėro. 17 Jis davė ženklą nurimti ir papasakojo, kas buvo atsitikę ir kaip Viešpats išvedė jį iš kalėjimo. „Pasakykite Jokūbui ir kitiems apie tai, kas atsitiko", – sakė jis.
18 Auštant kalėjime kilo didelis sąmyšis. Kas atsitiko Petrui? 19 Erodas pasiuntė ji atvesti, bet niekur nerado. Jis suėmė šešiolika sargybinių, teisė karo teisme ir nubaudė mirtimi. Po to jis kuriam laikui persikėlė į Cezarėją.
Erodo mirtis
20 Erodui tebesant Cezarėjoje, jo aplankyti atvyko gyventojai iš Tyro ir Sidono miestų. Erodas buvo labai nepatenkintas tų dviejų miestų žmonėmis, bet jų atstovai draugavo su Blastu, karaliaus sekretorium, ir prašė taikos, nes jų miestai ekonomiškai priklausė nuo prekybos su Erodo šalimi. 21 Buvo duotas leidimas susitikti su Erodu. Tai dienai atėjus, jis, apsivilkęs karališkais rūbais, sėdėjo soste ir pasakė jiems prakalbą. 22 Pabaigoje žmonės sukėlė dideles ovacijas, šaukdami: „Tai dievo balsas, ne žmogaus!" 23 Bematant Viešpaties angelas palietė Erodą, ir jis susirgo, ji užpuolė kirminai ir jis mirė, kadangi priėmė žmonių pagarbą, užuot šlovinęs Dievą.
24 Viešpaties geroji naujiena greitai plito, ir tikinčiųjų skaičius vis augo. 25 Barnabas ir Paulius aplankė Jeruzalę, ir kai tik jie, įvykdę savo užduotis, grįžo į Antiochiją, pasiėmė su savimi Joną, vadinamą Morkumi.