Paulus verskyn voor Festus en beroep hom op die keiser.
1 FESTUS het dan in die provinsie gekom en ná drie dae van Cesaréa opgegaan na Jerusalem.
2 En die hoëpriester en die vernaamstes van die Jode het Paulus by hom aangeklaag
3 en by hom aangedring en gevra, as 'n guns teen Paulus, dat hy hom na Jerusalem moes laat haal; terwyl hulle intussen 'n hinderlaag voorberei het om hom op die weg om te bring.
4 Maar Festus het geantwoord dat Paulus in Cesaréa bewaak word en dat hy self spoedig daarheen sou reis.
5 Laat dan dié onder julle, sê hy, wat bevoeg is, saamgaan, en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.
6 En nadat hy nie meer as tien dae onder hulle deurgebring het nie, het hy na Cesaréa afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Paulus voorgebring moes word.
7 En toe hy verskyn, het die Jode wat van Jerusalem afgekom het, rondom hom gestaan en baie en swaar beskuldiginge teen Paulus ingebring wat hulle nie kon bewys nie,
8 terwyl hy tot sy verdediging gesê het: Ek het niks teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser gesondig nie.
9 Maar omdat Festus aan die Jode 'n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Paulus gesê: Wil jy na Jerusalem opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan?
10 Toe sê Paulus: Ek staan voor die regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet word. Aan die Jode het ek geen onreg gedoen nie, soos u ook baie goed weet.
11 Want as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterwe nie. Maar as daar niks is in die dinge waarvan hulle my beskuldig nie, dan kan niemand my aan hulle by wyse van guns oorlewer nie. Ek beroep my op die keiser!
12 Toe antwoord Festus, nadat hy met die Raad gespreek het: Op die keiser het jy jou beroep — na die keiser sal jy gaan!
Paulus voor Agríppa.
13 EN ná verloop van enkele dae het koning Agríppa en Berníce in Cesaréa aangekom om Festus te begroet.
14 En toe hulle daar verskeie dae deurgebring het, het Festus die saak van Paulus aan die koning voorgelê en gesê: Hier is 'n man deur Felix as gevangene agtergelaat,
15 teen wie die owerpriesters en die ouderlinge van die Jode, toe ek in Jerusalem was, 'n klag ingedien en vonnis teen hom gevra het.
16 En ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens by wyse van guns aan die dood prys te gee voordat die beskuldigde die beskuldigers voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldiging gekry het nie.
17 Toe hulle dan hier vergader het, het ek sonder enige uitstel die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee om die man voor te bring.
18 Die beskuldigers het teen hom opgetree en geen beskuldiging ingebring van dinge soos ek verwag het nie,
19 maar hulle het met hom sekere twisvrae oor hulle eie godsdiens gehad en oor 'n sekere Jesus wat dood is, van wie Paulus verklaar het dat Hy lewe.
20 En omdat ek met die ondersoek hiervan verleë was, het ek gevra of hy na Jerusalem wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan;
21 maar toe Paulus in beroep gegaan het om in bewaring te bly vir die beslissing van die keiser, het ek bevel gegee dat hy in bewaring moes bly totdat ek hom na die keiser kon stuur.
22 En Agríppa sê vir Festus: Ek sou self ook graag die man wil hoor. Toe antwoord hy: Môre sal u hom hoor.
23 Op die volgende dag het Agríppa en Berníce toe met prag en praal gekom en die gehoorsaal binnegetree saam met die owerstes oor duisend en die aansienlikste manne van die stad; en op bevel van Festus is Paulus voorgebring.
24 Toe sê Festus: Koning Agríppa en manne wat almal hier saam met ons is, u sien hierdie man oor wie die hele menigte van die Jode my aangespreek het in Jerusalem en ook hier, en uitgeroep het dat hy nie langer behoort te lewe nie.
25 Maar omdat ek gevind het dat hy niks gedoen het wat die dood verdien nie, en hy self ook hom op die keiser beroep het, het ek besluit om hom te stuur.
26 Maar ek kan niks sekers oor hom aan my heer skrywe nie; daarom het ek hom voor u gebring en veral voor u, koning Agríppa, sodat ek ná die ondersoek iets kan skrywe.
27 Want dit lyk vir my onredelik om 'n gevangene te stuur en nie die beskuldiginge teen hom aan te dui nie.
Apklausa pas Festą
1 Po trijų dienų, perėmęs savo naujas pareigas Cezarėjoje, Festas išvyko į Jeruzalę. 2 Ten jį pasičiupo vyriausieji kunigai bei kiti žydų vadovai ir daug papasakojo apie Paulių. 3 Jie prašė atvesti Paulių į Jeruzalę, tikėdamiesi patykoti jį kelyje ir nužudyti. 4,5 Bet Festas atsakė, jog kol Paulius Cezarėjoje, įgaliotiniai turi grįžti į teismą, kadangi jis pats netrukus ten vyksta.
6 Po aštuonių ar dešimties dienų jie sugrįžo į Cezarėją. Kitą dieną prasidėjo Pauliaus teismas. 7 Pauliui atvykus į teismą, susirinkę Jeruzalės žydai iškėlė jam daug rimtų kaltinimų, kurių negalėjo įrodyti. 8 Paulius paneigė kaltinimus: „Aš esu nekaltas, – pareiškė jis. – Aš niekuo nenusikaltau žydų įstatymams, šventyklos neišniekinau, prieš Romos vyriausybę nemaištavau."
9 Paskui Festas, norėdamas parodyti savo palankumą žydams, paklausė jį: „Ar nori keliauti į Jeruzalę ir būti ten teisiamas mano akivaizdoje?" 10 Paulius atsakė: „Ne! Aš reikalauju ypatingos teisės būti išklausytas paties imperatoriaus. Jūs labai gerai žinote, kad aš nekaltas. 11 Jeigu padariau tai, kas verta mirties bausmės, aš neatsisakau mirti! Bet jeigu aš nekaltas, nei tau, nei kam kitam nevalia manęs išduoti šitiems, kad nužudytų. Aš kreipsiuosi į Cezarį!" 12 Festas, pasitaręs su savo patarėjais, atsakė: „Labai gerai! Šaukeisi – vyksi pas Cezarį."
Festas pataria karaliui Agripai
13 Po kelių dienų karalius Agripa ir Berenikė atvyko paviešėti pas Festą. 14 Jiems tenai užtrukus keletą dienų, Festas aptarė Pauliaus bylą su karaliumi. Jis papasakojo jam: „Turiu vieną kalinį, kurį man paliko Feliksas. 15 Kai buvau Jeruzalėje, aukštieji kunigai ir kiti žydų seniūnai savaip žiūrėjo į šį reikalą ir prašė, kad pasmerkčiau Paulių. 16 Žinoma, aš nedelsdamas paaiškinau jiems, kad romėnų įstatymas nepasmerkia žmogaus, kol jis nenuteisiamas. Jam suteikiama galimybė stoti savo kaltintojų akivaizdoje ir gintis. 17 Kai jie susirinko, kitą dieną sušaukiau teismą ir įsakiau atvesti Paulių. 18 Jam iškelti kaltinimai buvo visai ne tokie, kaip maniau. 19 Ten buvo kalbama apie religiją ir mirusį Jėzų, kurį Paulius tvirtina esant gyvą! 20 Dvejodamas, kaip išspręsti tokią bylą, aš paklausiau, ar jis nenorėtų vykti į Jeruzalę ir tenai būti teisiamas. 21 Paulius šaukėsi Cezario. Todėl aš įsakiau kalinti jį toliau, kol galėsiu išsiųsti jį pas Cezarį." 22 „Aš ir pats norėčiau pasiklausyti to žmogaus", – tarė Agripa. Festas atsakė: „Galėsi rytoj pasiklausyti."
Paulius prieš Agripą
23 Rytojaus dieną Agripa ir Berenikė iškilmingai atvyko, lydimi tribūnų bei kitų žymių miesto žmonių, ir Festas liepė įvesti Paulių. 24 Tada Festas kreipėsi į klausytojus: „Karaliau Agripa ir visi susirinkusieji. Jūs matote žmogų, kurio mirties reikalauja vietiniai ir Jeruzalės žydai! 25 Bet mano nuomone, jis nėra padaręs nieko, kas būtų verta mirties. Tačiau jis nori kreiptis dėl savo bylos į Cezarį. Neturėdamas ką daryti, nusprendžiau jį ten pasiųsti. 26 Bet ką turėčiau parašyti valdovui? Nes nėra jokios tikros kaltės! Štai aš ir atvedžiau jį visų, o ypač jūsų, karaliau Agripa, teismui, kad jį apklausęs, patartumei, ką man parašyti. 27 Nes nėra teisinga siųsti kalinį pas imperatorių neturint įkalčių!"