Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 15

OJJP

Vraag oor die onderhouding van die besnydenis en die wet van Moses. Vergadering in Jerusalem en besluit daaromtrent.

1 EN sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.

2 Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog 'n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk.

3 En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.

4 En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het.

5 Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.

6 En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.

7 En toe daar 'n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.

8 En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.

9 En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.

10 Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels 'n juk te wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?

11 Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.

12 En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.

13 En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en : Broeders, luister na my!

14 Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.

15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:

16 Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,

17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.

18 Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.

19 Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,

20 maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.

21 Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.

22 Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was.

23 En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete!

24 Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,

25 het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus

26 manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.

27 Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.

28 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te nie as hierdie noodsaaklike dinge:

29 dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

30 So is hulle dan weggestuur en het in Antiochíë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.

31 En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.

32 En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.

33 En nadat hulle 'n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.

34 Maar Silas het besluit om daar te bly.

Paulus en Bárnabas skei van mekaar.

35 EN Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.

36 En 'n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.

37 En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem.

38 Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.

39 Daar het toe 'n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil.

Tweede sendingreis van Paulus saam met Silas en Timótheüs.

40 MAAR Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.

41 En hy het Sírië en Cilícië deurgegaan en die gemeentes versterk.

Pasitarimas Jeruzalėje

1 Kai Paulius ir Barnabas buvo Antiochijoje, atvykę žmonės Judėjos ėmė sakyti tikintiesiems, kad jie turi tvirtai laikytis seno žydų apipjaustymo papročio, nes kitaip negalės būti išgelbėti. 2 Paulius ir Barnabas ilgai ginčijosi ir svarstė. Pagaliau tikintieji pasiuntė juos į Jeruzalę, lydimus keleto vietinių vyrų, kad ten pakalbėtų šiuo klausimu su apaštalais ir vyresniaisiais.

3 Lydimi viso susirinkimo, jie miesto pasuko Jeruzalės link, pakeliui sustodami aplankyti tikinčiųjų Fenikijos ir Samarijos miestuose, ir visų džiaugsmui pasakojo, kad pagonys taip pat įtikėjo. 4 Atvykę į Jeruzalę, jie susitiko su bažnyčios vadovais. Dalyvavo visi apaštalai ir vyresnieji. Paulius ir Barnabas pasakojo apie tai, Viešpats buvo per juos nuveikęs.

5 Bet pakilo keletas vyrų, anksčiau buvusių fariziejų, ir paskelbė, kad visi atsivertėliai pagonys privalo būti apipjaustyti ir reikalavo laikytis visų žydų papročių bei ceremonijų. 6 Tada apaštalai ir bažnyčios vyresnieji susirinko šio klausimo apsvarstyti. 7 Po ilgų diskusijų atsistojo Petras ir kreipėsi į juos: Broliai, visi jūs žinote, jog Dievas jau seniai pasirinko mane, kad skelbčiau pagonims gerąją naujieną ir kad jie taip pat įtikėtų. 8 Dievas, kuris pažįsta žmonių širdis, paliudijo, kad Jis priima pagonis, duodamas jiems Šventąją Dvasią kaip ir mums. 9 Jis neatskyrė nuo mūsų, tikėjimu apvalydamas širdis. 10 Negi jūs ketinate mokyti Dievą, apsunkindami pagonis jungu, kurio nei mes, nei mūsų tėvai negalėjo pakelti? 11 Negi netikite, kad visi išsigelbės tuo pačiu būdu Viešpaties Jėzaus malone?"

12 Daugiau niekas nesiginčijo. Dabar visi klausėsi Barnabo ir Pauliaus pasakojimo apie Dievo padarytus stebuklus tarp pagonių.

13 Jiems nutilus, prabilo Jokūbas: Broliai, paklausykite manęs! 14 Petras jums papasakojo, kaip Viešpats pirmiausia aplankė pagonis, kad ir jie šlovintų Jo vardą. 15 Pagonių atsivertimas rodo, jog pranašai buvo teisūs. Pavyzdžiui, paklausykite ištraukos pranašo Amoso knygos:

16 Paskui, sako Viešpats, sugrįšiu ir atnaujinsiu sutartį su Dovydu tam, 17 kad ir pagonys rastų Dievą, ir visi kiti, kurie Mano vardą mini. 18 Taip sako Viešpats", leisdamas nuo amžių tai pažinti.

19 manau, jog mes neturime reikalauti, kad pagonys, kurie atsigręžia į Dievą, laikytųsi žydų įstatymų, 20 bet mes privalome jiems įsakyti, kad jie atsisakytų nuo susiteršimo stabais, nuo paleistuvavimo, paskerstų gyvulių mėsos ir kraujo. 21 Kiekviename mieste šeštadienį kartos į kartą žydų sinagogose šie dalykai buvo skelbiami."

Tarybos laiškas tikintiesiems, kilusiems pagonių

22 Tada apaštalai ir vyresnieji kartu su visa bažnyčia nutarė pasiųsti į Antiochiją savųjų išrinktus vyrus kartu su Pauliumi ir Barnabu, kad šie praneštų apie tokį sprendimą. Išrinktieji vyrai buvo dviejų bažnyčių vadovai Judas (taip pat vadinamas Barsabu) ir Silas. 23 Jie pasiėmė su savimi raštą: Nuo apaštalų, vyresniųjų ir brolių Jeruzalėje broliams pagonims Antiochijoje, Sirijoje ir Sicilijoje. Sveikiname! 24 Mes suprantame, kad kai kurie tikintieji sujaudino jus ir sujaukė jūsų sielas, bet mes jiems tokių įgaliojimų nedavėme. 25 Mums atrodo išmintinga, vieningai nusprendus, pasiųsti du oficialius atstovus su mylimaisiais Barnabu ir Pauliumi. 26 Tie vyrai ir Judas, ir Silas rizikavo gyvybe dėl Jėzaus Kristaus. 27 Jie jums praneš, mes nusprendėme šiuo klausimu. 28 Šventajai Dvasiai ir mums pasirodė teisinga nebeužkrauti jums daugiau jokios naštos, išskyrus tai, kad 29 būtina susilaikyti nuo aukų stabams, nuo paskerstų gyvulių mėsos ir kraujo, ir nuo paleistuvystės. Jei taip darysite, bus gerai. Sudiev!"

Atsisveikinimas

30 Keturi pasiuntiniai tuojau iškeliavo į Antiochiją, kur jie sušaukė krikščionių bendruomenę ir įteikė jiems laišką. 31 Kai perskaitė, visoje bažnyčioje kilo daug džiaugsmo. 32 Judas ir Silas buvo talentingi oratoriai ir stiprino tikėjimą ilgais pamokslais. 33 Pabuvę ten keletą dienų, Judas ir Silas parnešė į Jeruzalę sveikinimus ir linkėjimus tiems, kurie juos siuntė. 34,35 Paulius ir Barnabas pasiliko Antiochijoje padėti kitiems, kurie ten sakė pamokslus ir skelbė Dievo Žodį.

Nesutarimai tarp Pauliaus ir Barnabo

36 Po kiek laiko Paulius patarė Barnabui grįžti atgal į Turkiją aplankyti miestų, kuriuose anksčiau buvo skelbę Viešpaties Žodį, ir pažiūrėti, kaip jiems sekasi. 37 Barnabas sutiko ir norėjo pasiimti kartu Joną, vadinamą Morkumi. 38 Bet Pauliui tas sumanymas visai nepatiko, kadangi Jonas buvo juos palikęs Pamfilijoje. 39 Barnabas ir Paulius labai nesutarė šiuo klausimu ir išsiskyrė. Barnabas, pasiėmęs Morkų, išplaukė į Kiprą. 40,41 Tuo tarpu Paulius, pasirinkęs Silą ir palaimintas tikinčiųjų, iškeliavo į Siriją stiprinti bažnyčių.

Veja também