Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 7

OJJP

1 TOE die hoëpriester: Is hierdie dinge dan so?

2 En hy : Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was, voordat hy in Haran gewoon het,

3 en vir hom gesê: Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys.

4 Toe het hy getrek uit die land van die Chaldeërs en in Haran gaan woon; en die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon.

5 En Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie 'n voetbreed nie, maar Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag hom as eiendom te gee, toe hy nog geen kind gehad het nie.

6 En God het aan hom dít gesê, dat sy nageslag bywoners in 'n vreemde land sou wees en die mense hulle tot slawe sou maak en mishandel, vierhonderd jaar lank.

7 En die nasie aan wie hulle diensbaar sal wees, sal Ek oordeel, het God gesê; en daarna sal hulle uittrek en My in hierdie plek dien.

8 En Hy het hom die verbond van die besnydenis gegee, en so het hy die vader van Isak geword en hom op die agtste dag besny; en Isak het die vader van Jakob geword, en Jakob van die twaalf aartsvaders.

9 En die aartsvaders was jaloers op Josef en het hom verkoop na Egipte toe; maar God was met hom

10 en het hom uit al sy verdrukkinge verlos en hom guns en wysheid geskenk voor Farao, die koning van Egipte; en dié het hom goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis.

11 En 'n hongersnood en groot benoudheid het oor die hele Egipteland en Kanaän gekom, en ons vaders kon geen voedsel kry nie.

12 En toe Jakob hoor dat daar koring in Egipte was, het hy ons vaders die eerste keer uitgestuur.

13 En die tweede keer is Josef deur sy broers herken, en die afkoms van Josef het aan Farao bekend geword.

14 Toe het Josef gestuur en sy vader Jakob laat roep en sy hele familie, vyf-en-sewentig siele.

15 En Jakob het afgetrek na Egipte en daar gesterwe, hy en ons vaders.

16 En hulle is oorgebring na Sigem en weggelê in die graf wat Abraham vir 'n som geld gekoop het van die seuns van Hemor, die vader van Sigem.

17 En namate die tyd van die belofte wat God aan Abraham met 'n eed beloof het, nader kom, het die volk toegeneem en vermeerder in Egipte,

18 totdat daar 'n ander koning opgestaan het wat nie vir Josef geken het nie.

19 Hy het listig met ons geslag te werk gegaan en ons vaders mishandel deur hulle te verplig om hul kindertjies weg te gooi, sodat hulle nie in die lewe behou kon word nie.

20 In dié tyd is Moses gebore, en hy was wonderlik mooi. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader versorg;

21 en toe hy weggegooi is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom as haar seun grootgemaak.

22 En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.

23 En nadat hy die ouderdom van veertig jaar bereik het, het dit in sy hart opgekom om sy broers, die kinders van Israel, te besoek;

24 en toe hy sien dat iemand onreg aangedoen word, het hy hom verdedig en die man wat mishandel was, gewreek deur die Egiptenaar te verslaan.

25 En hy het gedink dat sy broers sou verstaan dat God hulle deur sy hand redding sou gee; maar hulle het dit nie verstaan nie.

26 En die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?

27 Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: Wie het jou as 'n owerste en regter oor ons aangestel?

28 Jy wil my tog nie doodmaak soos jy gister die Egiptenaar doodgemaak het nie?

29 En Moses het op hierdie woord gevlug en 'n bywoner geword in die land Mídian, waar hy die vader van twee seuns geword het.

30 En toe veertig jaar verby was, het 'n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van 'n doringbos.

31 En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:

32 Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het begin bewe en nie gewaag om dit te bekyk nie.

33 Toe die Here vir hom: Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.

34 Ek het duidelik gesien die mishandeling van my volk wat in Egipte is, en hulle gesug gehoor en neergedaal om hulle te verlos. En nou, kom hier, Ek wil jou na Egipte stuur.

35 Hierdie Moses wat hulle verloën het deur te : Wie het jou aangestel as 'n owerste en regter? hom het God as owerste en verlosser gestuur deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos.

36 Hy het hulle uitgelei en wonders en tekens in Egipteland en in die Rooi See en die woestyn gedoen, veertig jaar lank.

37 Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister.

38 Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die lewende woorde ontvang om aan ons te gee.

39 Na hom wou ons vaders nie luister nie, maar hulle het hom verstoot en met hulle harte na Egipte teruggekeer

40 toe hulle vir Aäron gesê het: Maak vir ons gode wat voor ons uit sal trek; want hierdie Moses wat ons uit Egipteland uitgelei het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

41 En hulle het in daardie dae 'n kalf gemaak en aan die afgodsbeeld 'n offer gebring en hulle in die werke van hulle hande verbly.

42 Maar God het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die profete: Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?

43 Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon wegvoer.

44 Die tent van die Getuienis was onder ons vaders in die woestyn, soos Hy wat met Moses gespreek het, hom bevel gegee het om dit te maak volgens die afbeelding wat hy gesien het.

45 En ons vaders het dit ontvang en met Josua ingebring in die besitting van die nasies wat God voor ons vaders uitgedryf het, tot op die dae van Dawid

46 wat genade gevind het voor God en gevra het om 'n woonplek vir die God van Jakob te verkry.

47 En Salomo het 'n huis vir Hom gebou.

48 Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet :

49 Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, die Here, of hoedanig is die plek van my rus?

50 Het my hand nie al hierdie dinge gemaak nie?

51 Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.

52 Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;

53 julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie!

54 En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.

55 Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

56 En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.

57 Maar hulle het met 'n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.

58 En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van 'n jongman met die naam van Saulus.

59 En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en : Here Jesus, ontvang my gees!

60 En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.

Stepono kalba aukščiausiajame teisme

1 Tada vyriausiasis kunigas paklausė : Ar tie kaltinimai teisingi?" 2 Štai koks ilgas buvo Stepono atsakymas: Šlovingasis Dievas apsireiškė mūsų tėvui Abraomui Irake dar prieš jam persikeliant į Siriją 3 ir liepė išeiti savo gimtojo krašto, atsisveikinti su giminėmis ir leistis į kelionę ton šalin, kurią Dievas jam parodys. 4 Tada jis paliko Chaldėjų kraštą ir apsigyveno Harane, Sirijoje, iki savo tėvo mirties. ten Dievas atvedė čia, Izraelio žemėn, 5 bet nesuteikė jam mažyčio žemės plotelio. Tačiau Dievas pažadėjo, kad galiausiai jam ir jo palikuonims (nors jis buvo bevaikis!) priklausys visa šalis. 6 Dievas taip pat jam pasakė, kad šitie jo palikuonys paliks savo šalį ir gyvens kaip ateiviai svetimoje žemėje ir 400 metų vergaus. 7 Bet nubausiu tautą, kuri juos pavergs, jam pasakė Dievas. Vėliau Mano žmonės sugrįš į šią Izraelio valstybę ir čia Mane garbins." 8 Ir tuomet Dievas davė atlikti Abraomui apipjaustymo apeigą, kaip Dievo ir Abraomo žmonių susitarimą. Taigi, suėjus aštuonioms dienoms, Abraomo sūnus Izaokas buvo apipjaustytas. Izaokas tapo Jokūbo tėvu, o Jokūbui gimė dvylika vaikų, kurie tapo žydų tautos patriarchais. 9 Šie pavydo broliui pardavė Juozapą į Egiptą kaip vergą. Bet Dievas buvo su juo. 10 Jis apsaugojo Juozapą nuo sielvarto ir suteikė išminties Egipto karaliaus, faraono, akivaizdoje. Dievas davė Juozapui nepaprastą išmintį, todėl faraonas paskyrė ji Egipto valdovu, pavesdamas jam ir savo rūmų reikalus. 11 Bet Egipte ir Kanaano žemėje kilo badas, ir mūsų protėviai atsidūrė dideliame varge. 12 Jokūbas išgirdo, kad Egipte dar yra javų, ir išsiuntė savo sūnus, kad nupirktų truputį. 13 Kai jie atvyko į Egiptą antrą kartą, Juozapas leidosi atpažįstamas, ir broliai buvo pristatyti faraonui. 14 Tada Juozapas pakvietė savo tėvą Jokūbą ir visų brolių šeimas, viso septyniasdešimt penkis asmenis, kad atvyktų į Egiptą. 15 Šitaip Jokūbas atkeliavo į Egiptą, kur mirė jis ir visi jo sūnūs. 16 Juos visus pargabeno į Sichemą ir palaidojo kape, kurį Abraomas buvo nupirkęs Sicheme Emoro sūnų.

17,18 Artinantis laikui, kai Dievas turėjo išpildyti Abraomui duotą pažadą išlaisvinti jo palikuonis vergijos, Egipte labai išaugo žydų skaičius. Tačiau tuo metu buvo karūnuotas karalius, kuris negerbė Juozapo atminimo. 19 Šis karalius rengė sąmokslą prieš mūsų giminę, versdamas mūsų protėvius pamesti savo vaikus laukuose. 20 Tuo metu gimė dieviško grožio vaikas Mozė. Jo tėvai slėpė tris mėnesius namuose, 21 o kai nebegalėjo laikyti jo paslėpę, turėjo palikti. rado faraono duktė ir paėmė auginti, įsūnijo bei 22 mokė visos Egipto išminties. Taip jis tapo galingu valdovu ir oratoriumi. 23 Vieną dieną, artėjant keturiasdešimtajam gimtadieniui, jam kilo mintis aplankyti savo brolius izraelitus. 24 To apsilankymo metu jis pamatė egiptietį, nedorai besielgiantį su izraelitu. Mozė keršydamas užmušė egiptietį. 25 Mozė tikėjosi, kad broliai supras, jog Dievas siuntė jiems padėti, bet šie nieko nesuprato. 26 Kitą dieną jis vėl juos aplankė ir pamatė besivaidijančius du izraelitus. Mozė mėgino juos sutaikyti, sakydamas: Vyrai, jūs esate broliai! Todėl neturite šitaip kovoti. To neturite daryti." 27 Bet tasai, kuris buvo nuskriaudęs artimą, liepė Mozei rūpintis savais reikalais. Kas tave paskyrė mūsų valdovu ar teisėju? klausė jis. 28 Gal rengiesi ir mane nužudyti, kaip vakar nužudei egiptietį?" 29 Tada Mozė pabėgo šalies, apsigyveno Madiano krašte, kur gimė jo du sūnūs. 30 Po keturiasdešimties metų dykumoje, netoli Sinajaus kalno, jam pasirodė angelas degančio krūmo liepsnose. 31 Mozė tai matė ir stebėjosi, kas ten yra; kai jis nubėgo pasižiūrėti, pakvietė Viešpaties balsas: 32 esu tavo Dievas, Abraomo, Izaoko ir Jokūbo Dievas." Mozė ėmė drebėti baimės ir nedrįso pažvelgti. 33 O Viešpats jam tarė: Nusiauk apavą, nes tu stovi ant šventos žemės. 34 mačiau Egipte Savo tautos skausmą ir verksmą. nužengiau išvaduoti. Tad ateik čionai! ketinu tave pasiųsti į Egiptą."

35 Ir tuo būdu Dievas sugrąžino , kurį pirma jo žmonės atmetė, sakydami: Kas tave paskyrė vadovu ir mūsų teisėju?" 36 Mozė buvo siųstas kaip valdovas ir išgelbėtojas. Daugybės įsimintinų stebuklų pagalba jis išvedė juos Egipto, pervedė per Raudonąją jūrą ir vedžiojo keturiasdešimt metų dykumoje. 37 Pats Mozė Izraelio žmonėms yra pasakęs: Dievas pažadins Pranašą jūsų brolių tarpo, panašiai kaip mane." 38 Tai buvo tikra tiesa, nes Mozė tarpininkavo tyruose tarp Izraelio žmonių ir angelo, kuris Sinajaus kalne perdavė jiems Dievo įsakymą gyvąjį žodį. 39 Bet mūsų tėvai atmetė Mozę ir norėjo grįžti į Egiptą. 40 Jie sakė Aaronui: Padirbdink mums dievų, kurie parvestų mus atgal, nes mes nežinome, kas nutiko tam Mozei, išvedusiam mus Egipto." 41 Tokiu būdu jie pasidirbo dievą aukso veršį ir ėmė aukoti jam atnašą. Jie džiaugėsi savo rankų darbu. 42 Dievas nusigręžė nuo , apleido juos, leisdamas jiems tarnauti saulei, mėnuliui, žvaigždėms kaip dievams! Amoso pranašysčių knygoje Viešpats klausia:

Negi Man, Izraeli, tu aukojai būdamas dykumoje šituos keturiasdešimt metų? 43 Tu tiesų domiesi pagoniškais dievais Molochu, dievo Romfos žvaigžde ir visais stabais, kuriuos pasidirbote, kad galėtumėte juos garbinti. Todėl pasiųsiu jus į nelaisvę toli, anapus Babilono."

44 Mūsų protėviai per dykumą gabenosi su savimi kilnojamą šventyklą tabernakulį. Jame jie laikė akmenines plokštes, ant kurių buvo užrašyti Dešimt įsakymų. Šis tabernakulis buvo sukurtas tiksliai pagal angelo Mozei duotą planą. 45 Metams bėgant, kada Jozuė kovojo prieš pagonių gentis, šį tabernakulį pasiėmė su savimi į naująją žemę ir naudojo iki karaliaus Dovydo laikų. 46 Dievas nuoširdžiai palaimino Dovydą. Dovydas paprašė ypatingos teisės statyti šventovę Jokūbo Dievui. 47 Saliamonas pastatė, 48 tačiau Dievas negyvena šventovėse, sukurtose žmogaus rankomis.

49 Dangus Man sostas, o žemė suolelis Mano kojoms", sako Viešpats per Savo pranašus. Kokius namus jūs Man statysite? klausia Viešpats. Ar juose pasiliksiu? 50 Argi ne sukūriau dangų ir žemę?"

51 Jūs užsispyrę stabmeldžiai! Negi jūs amžinai priešinsitės Šventajai Dvasiai? Taip darė jūsų tėvai, ir jūs taip darote! 52 Paminėkite nors vieną pranašą, kurio nepersekiojo jūsų tėvai? Jie netgi žudydavo tuos, kurie pranašavo Teisiojo atėjimą, Mesijo, kurį jūs išdavėte ir nužudėte. 53 Taip, jūs sąmoningai sulaužėte Dievo įsakymus, nors juos gavote angelų rankų."

Stepono nužudymas

54 Žydų vadovai labai įsižeidė dėl Stepono kaltinimų ir įniršę ėmė ant jo griežti dantis. 55 O Steponas, kupinas Šventosios Dvasios, ramiai žvelgė aukštyn į dangų, išvydo Dievo šlovę ir Jėzų, stovintį Dievo dešinėje! 56 Ir tuojau pasakė: Štai matau dangų atvirą ir Jėzų, Mesiją, stovintį Dievo dešinėje!" 57 Tada, baisiai rėkdami ir stumdydamiesi, jie užsikimšo ausis ir visi kaip vienas puolė ji, 58 išsitempė miesto ir užmušė akmenimis. Liudytojai budeliai nusivilko švarkus ir padėjo juos prie jaunuolio Sauliaus kojų. 59 Kai žudikai svaidė akmenis į Steponą, jis meldėsi: Viešpatie Jėzau, priimk mano sielą." 60 Jis suklupęs šaukė: Viešpatie, nelaikyk elgesio nuodėme!" Ir ištaręs tuos žodžius, mirė.

Veja também