Die genesing van die kreupel-gebore man. Toespraak van Petrus in die tempel.
1 EN Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur.
2 En daar is 'n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om 'n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.
3 Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om 'n aalmoes gevra.
4 En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons.
5 En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.
6 Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!
7 Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.
8 En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.
9 En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys.
10 En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.
11 En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s’n genoem word.
12 En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?
13 Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.
14 En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat 'n moordenaar aan julle geskenk sou word,
15 en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is.
16 En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.
17 En nou, broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes;
18 maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.
19 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,
20 en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,
21 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.
22 Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.
23 En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.
24 En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.
25 En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.
26 God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.
Petras išgydo luošą elgetą
1 Vieną popietę, trečią valandą, Petras ir Jonas nuėjo į šventyklą melstis. 2 Prisiartinę prie šventyklos, jie pamatė nešamą gatve iš prigimties luošą vyrą. Kaip ir kiekvieną dieną, jį pasodino prie šventyklos vartų, vadinamų Gražiaisiais. 3 Petrui ir Jonui einant pro šalį, jis paprašė pinigų. 4 Jie įdėmiai pasižiūrėjo į jį, ir tada Petras tarė: „Pažvelk!" 5 Luošasis pažvelgė į juos nekantriai, tikėdamasis ką nors gauti. 6 Bet Petras pasakė: „Aš neturiu pinigų tau duoti. Bet ką turiu, tau duodu. Jėzaus Kristaus iš Nazareto vardu, sakau tau: „Vaikščiok!" 7 Tada Petras paėmė luošą žmogų už rankos ir pastatė jį ant kojų. Ir kai jis tai padarė, žmogaus kojos ir kulkšnies kaulas pagijo ir taip sustiprėjo, 8 kad jis pastovėjo minutėlę ir pradėjo pasišokinėdamas vaikščioti. Jis šokinėdamas nuėjo su jais į šventyklą ir šlovino Dievą. 9 Kai žmonės viduje pamatė jį vaikštantį ir šlovinantį Dievą, 10 suprato, kad tai buvo tas pats luošas elgeta, kurį jie taip dažnai matydavo prie Gražiųjų vartų. Žmonės buvo neapsakomai nustebinti!
Petras viešai skelbia Mesiją
11 Visi subėgo į Saliamono salę, kur jis neatsitraukdamas stovėjo prie Petro ir Jono! Visi pagarbiai nuščiuvo, nes buvo nustebinti tokio įvykio. 12 Petras, suradęs tinkamiausią progą, kreipėsi į minią: „Izraelio vyrai! – pasakė jis. – Kas jus taip stebina? Kam šitaip žiūrėti į mus, lyg mes savo galia ar šventumu būtume išgydę šį žmogų. 13 Tai Abraomo, Izaoko, Jokūbo ir kitų mūsų protėvių Dievas įvykdė šį stebuklą, nes norėjo pašlovinti Savo tarną Jėzų. Aš kalbu apie Jėzų, kurį jūs išdavėte, atidavėte ir išsigynėte Pilotui, nors tasai buvo nutaręs Jį paleisti. 14 Jūs nenorėjote Jį išlaisvinti, Šventąjį ir Teisųjį. Jūs reikalavote geriau paleisti žudiką! 15 Jūs nužudėte gyvybės Kūrėją, bet Dievas Jį vėl prikėlė iš numirusių. Jonas ir aš esame to įvykio liudininkai, nes po to, kai jūs nužudėte Jėzų, mes matėme Jį gyvą! 16 Jėzaus vardas išgydė šį žmogų. Jūs žinote, koks jis anksčiau buvo luošas. Tikėjimas Jėzaus vardu (tikėjimas duotas mums Dievo) taip tobulai išgydė jį.
17 Brangūs broliai, suprantu, kad jūs nežinodami šitaip pasielgėte su Jėzumi, tas pats gali būti pasakyta ir apie jūsų vadovus. 18 Dievas vykdė pažadą, ir Mesijas turėjo visa tai iškentėti. 19 Dabar pakeiskite savo nuomonę ir požiūrį į Dievą ir atsisukite į Jį, kad Jis galėtų jūsų nuodėmes nuplauti ir siųsti jums tuos nuostabius Viešpaties atgaivos laikus, 20 sugrąžindamas jums Jėzų, jūsų Mesiją. 21 Kaip pranašauta nuo senovės laikų, danguje Jam reikia pasilikti tol, kol visiškai bus atsižadėta nuodėmės. 22 Antai, Mozė yra pasakęs: „Viešpats Dievas jūsų tarpe pažadins Pranašą, kaip mane! Atidžiai paklausykite, ką Jis sako. 23 Kiekvienas, kas neklausys Jo, bus visiškai sunaikintas." 24 Samuelis ir visi pranašai vėliau kalbėjo apie tai, kas vyksta šiandien.
25 Jūs, tų pranašų vaikai, esate susiję su Dievo pažadu, duotu jūsų protėviams – palaiminti visą pasaulį per žydų tautą. Tai Dievo duotas pažadas Abraomui. 26 Kai tik Dievas prikėlė Savo Tarną gyvenimui, Jis pirmiausia pasiuntė Jį jums, Izraelio žmonėms, kad palaimintų jus, apsaugodamas jus nuo nuodėmių."