Paulus in Thessaloníka en Beréa.
1 TOE het hulle deur Amfípolis en Apollónië gereis en in Thessaloníka gekom, waar 'n sinagoge van die Jode was.
2 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte
3 en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.
4 En sommige van hulle is oortuig en het hulle by Paulus en Silas aangesluit, ook 'n groot menigte van die godsdienstige Grieke en 'n groot aantal van die aansienlikste vroue.
5 Maar die ongelowige Jode was afgunstig en het slegte manne van die leeglopers saamgeneem en die stad in opskudding gebring deur 'n volksoploop te bewerk. En hulle het die huis van Jason aangeval en probeer om hulle voor die volk te bring.
6 Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en 'n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom,
7 en Jason het hulle ontvang. En hulle almal handel teen die bevele van die keiser en sê dat daar 'n ander koning is, naamlik Jesus.
8 En hulle het die skare in opskudding gebring en ook die stadsowerhede wat dit gehoor het.
9 Maar toe hulle van Jason en die ander genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.
10 Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan.
11 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.
12 Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke 'n groot aantal, vroue en manne.
13 Maar toe die Jode van Thessaloníka verneem het dat die woord van God ook in Beréa deur Paulus verkondig was, het hulle gekom en die skare ook daar opgesweep.
14 Die broeders het Paulus toe dadelik weggestuur om in die rigting van die see te gaan, maar Silas en Timótheüs het daar gebly.
Paulus in Athéne. Sy rede op die Areópagus.
15 EN die wat Paulus begelei het, het hom tot by Athéne gebring, en nadat hulle opdrag ontvang het aan Silas en Timótheüs om so gou moontlik na hom te kom, het hulle vertrek.
16 En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.
17 Hy het toe in die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom.
18 En sommige van die Epikuréïese en die Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy 'n verkondiger is van vreemde gode — omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het.
19 En hulle het hom geneem en op die Areópagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?
20 Want u bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees.
21 Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie.
22 Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.
23 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.
24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.
25 Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,
27 sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;
28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
29 As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.
30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
31 omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
32 Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.
33 En so het Paulus van hulle weggegaan.
34 Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword, onder wie ook Dionísius, die Areopagiet, was, en 'n vrou met die naam van Dámaris en ander saam met hulle.
Tesalonikoje
1 Dabar jie keliavo per Amfipolio ir Apolonijos miestus ir atvyko į Tesaloniką, kur buvo žydų sinagoga. 2 Pagal savo įprotį Paulius užėjo ten ir tris šeštadienius iš eilės aiškino jiems Raštą. 3 Jis atskleidė žmonėms pranašystes apie Mesijo kančias ir Jo prisikėlimą, įrodinėjo, kad Jėzus yra Mesijas. 4 Daug pamaldžių graikų, taip pat nemažai žymių moterų įtikėjo Viešpatį.
5 Bet žydų vadovai pavyduliavo. Tai paskatino kai kuriuos nevykėlius jaunuolius gatvėse sukurstyti minią ir pradėti riaušes. Jie užpuolė Jasono namus, norėdami suimti Paulių ir Silą bei pristatyti miesto tarybai, kad nubaustų. 6 Ten jų neradę, jie ištempė Jasoną bei keletą tikinčiųjų laukan ir prievarta nuvedė į tarybą. „Paulius ir Silas apvertė visą pasaulį aukštyn kojomis, o nūnai jie drumsčia ramybę mūsų mieste, – šaukė jie. – 7 O Jasonas priglaudė juos savo namuose. Visi šitie kalti dėl išdavystės, nes jie skelbia karaliumi Jėzų, o ne Cezarį." 8 Miesto žmonės, kaip ir teisėjai, suklaidinti tų gandų, 9 paleido juos tik gavę įkaitus.
Berėjoje
10 Tą naktį krikščionys išlydėjo Paulių ir Silą į Berėją, kur, kaip paprastai, jie, užėję į sinagogą, skelbė Dievo Žodį. 11 Berėjos žmonės buvo atviresni už tesalonikiečius ir mielai jų klausė. Jie kasdien tyrinėjo Raštą, atidžiai tikrindami Pauliaus ir Silo teiginius. 12 Taip daugelis įtikėjo, o iš jų nemažai ir kilmingų moterų bei vyrų.
13 Bet kai Tesalonikos žydai sužinojo, kad Paulius jau Berėjoje skelbia Dievo Žodį, atskubėjo čionai ir kurstė žmones. 14 Tikintieji skubiai išsiuntė Paulių prie jūros, o Silas ir Timotiejus pasiliko tenai. 15 Lydėjusieji Paulių keliavo su juo į Atėnus, o po to grįžo į Berėją pranešti Silui ir Timotiejui, kad kuo greičiau vyktų pas jį.
Atėnuose
16 Kol Paulius laukė jų Atėnuose, jis netvėrė apmaudu, matydamas pilną stabų miestą. 17 Jis ėjo į sinagogą tartis su žydais ir dievobaimingais pagonimis, kasdien kalbėdavosi su atėjusiais į miesto aikštę. 18 Jis ginčijosi su kai kuriais epikūrininkais ir stoikų filosofais. Jam pasakojant apie Jėzų ir Jo prisikėlimą, vieni sakė, kad jis – fantazuotojas. Kiti tvirtino, jog jis perša svetimą mokslą.
19 Jie pakvietė jį į susirinkimą Areopage: „Ateik papasakoti mums daugiau apie šią naują religiją. 20 Tu pasakoji mums stulbinančius dalykus. Mes norėtume apie tai išgirsti daugiau." 21 (Aš privalau paaiškinti, kad visi atėniečiai, taip pat, kaip ir jų svečiai, temoka leisti laiką, aptarinėdami naujas idėjas!)
22 Tada Paulius, atsistojęs Areopago viduryje, prabilo: „Atėniečiai, man rodos, kad jūs labai dievobaimingi. 23 Vaikščiodamas ir apžiūrinėdamas jūsų altorius, aš radau vieną užrašą: „Nežinomam dievui!" Jūs garbinate Jo nepažindami. Kaip aš noriu jums apie Jį papasakoti! 24 Jis sukūrė pasaulį ir visa, kas tik jame yra. Kadangi Jis yra dangaus ir žemės Viešpats, tai negyvena žmogaus rankomis sukurtose šventyklose. 25 Žmogaus rankos čia negali padėti, nes Jam nieko netrūksta. Jis Pats visiems duoda gyvybę, alsavimą ir tenkina visus mūsų poreikius. 26 Visus pasaulio žmones Jis sukūrė iš Adomo ir išsklaidė tautas po žemę. Jis iš anksto numatė kiekvieno iš mūsų kilimo ir nuopuolio laiką ir nustatė universalias ribas. 27 Visa tai turi skatinti žmones ieškoti Dievo. Galbūt nujausdami tą kelią dievop, pagaliau Jį atrastų, nors Dievas yra netoli kiekvieno iš mūsų. 28 Jame mes gyvename, judame ir esame! Kaip sako vienas jūsų poetas: „Mes esame Dievo vaikai."
29 Jei taip, mes neturime galvoti apie Dievą, kaip apie dievybę, panašią į žmonių sukurtą stabą iš aukso, sidabro ar iškaltą iš akmens.
30 Dievas nesmerkė šitų dalykų praeityje, bet dabar Jis skelbia, kad visi atsisakytų stabų ir tik Jį vieną garbintų.
31 Jis nustatė dieną, kada teisingai teis pasaulį per Žmogų, kurį Jis nurodė ir paskyrė, prikeldamas Jį iš numirusių."
32 Išgirdę Paulių kalbant apie prisikėlimą iš numirusių, vieni ėmė juoktis, o kiti sakė: „Mes norime išgirsti apie tai vėliau." 33 Tuo baigėsi Pauliaus pokalbis su jais, 34 bet kai kurie žmonės stojo į jo pusę ir priėmė tikėjimą. Tarp jų buvo Dionizas, miesto tarybos narys, moteris, vardu Damaridė ir kiti.