Paulus in Korinthe, daarna in Éfese. Sy terugkeer na Jerusalem.
1 EN daarna het Paulus uit Athéne vertrek en in Korinthe gekom.
2 En hy het 'n Jood gevind met die naam van Áquila, afkomstig uit Pontus, wat onlangs met sy vrou Priscílla van Italië gekom het, omdat Claudius beveel het dat al die Jode uit Rome moes vertrek. Na hulle toe het hy gegaan;
3 en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en gewerk, want hulle was tentmakers van ambag.
4 En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig.
5 En toe Silas en Timótheüs van Macedónië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus die Christus is.
6 Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.
7 En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand met die naam van Justus, wat 'n godvresende man was, wie se huis naasaan die sinagoge gestaan het.
8 En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.
9 En die Here het deur 'n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;
10 want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.
11 En hy het daar gebly 'n jaar en ses maande lank en die woord van God onder hulle geleer.
12 En toe Gállio goewerneur van Acháje was, het die Jode eenparig teen Paulus opgestaan en hom voor die regterstoel gebring
13 en gesê: Hierdie man haal die mense oor om God op onwettige wyse te vereer.
14 En toe Paulus sy mond wou oopmaak, sê Gállio vir die Jode: As daar nou enige oortreding of kwaadwillige skelmstuk was, dan sou ek rede hê om julle te verdra, o Jode;
15 maar as dit 'n geskil is oor 'n woord en oor name en oor 'n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen regter wees nie.
16 En hy het hulle van die regterstoel weggedryf.
17 En al die Grieke het Sósthenes, die hoof van die sinagoge, gegryp en hom voor die regterstoel geslaan; en Gállio het hom aan niks van hierdie dinge gesteur nie.
18 En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, het hy van die broeders afskeid geneem en na Sírië uitgeseil, en saam met hom Priscílla en Áquila. En in Kenchréë het hy sy hoof geskeer, want hy het 'n gelofte gedoen.
19 En hy het in Éfese aangekom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.
20 En toe hulle versoek dat hy langer by hulle moes vertoef, het hy nie toegestem nie,
21 maar van hulle afskeid geneem en gesê: Ek moet sekerlik die komende fees in Jerusalem vier, maar ek sal weer na julle terugkom as God wil. En hy het van Éfese afgevaar.
22 En toe hy in Cesaréa gekom het en opgegaan en die gemeente gegroet het, het hy afgereis na Antiochíë.
23 En nadat hy 'n tyd lank vertoef het, het hy vertrek en agtereenvolgens die land Galásië en Frígië deurgereis en al die dissipels versterk.
Apollos in Éfese en Korinthe.
24 EN 'n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandríë gebore was, 'n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte.
25 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.
26 En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Áquila en Priscílla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê.
27 En toe hy wou deurgaan na Acháje, het die broeders hom aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom, was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut;
28 want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.
Korinte
1 Po to Paulius paliko Atėnus ir nuvyko į Korintą, 2 Čia jis susipažino su žydu Akvilu, gimusiu Ponte, kuris neseniai buvo grįžęs iš Italijos su žmona Priskile, nes buvo išėjęs Klaudijaus Cezario įsakymas iškraustyti visus žydus iš Romos. 3 Paulius gyveno ir darbavosi su jais, nes ir jie vertėsi palapinių audimu.
4 Kiekvieną šeštadienį Paulius sakė pamokslus sinagogoje, stengdamasis įtikinti žydus ir graikus.
5 Atvykus iš Makedonijos Silui ir Timotiejui, Paulius atsidėjo vien tik mokymui, tvirtindamas žydams, kad Jėzus yra Mesijas. 6 Bet žydai nesiliovė prieštarauti ir burnoti prieš Dievą. Jie įžeidinėdavo Jėzų. Paulius nusipurtė nuo rūbų dulkes ir pasakė: „Tesilieja jūsų kraujas ant jūsų galvų. Aš nekaltas ir nuo šiol mokysiu pagonis." 7 Po to jis persikėlė į Tito Justo, dievobaimingo pagonio, namus. Titas Justas šlovino Dievą, o jo namai buvo šalia sinagogos. 8 Tuo tarpu sinagogos vyresnysis Krispas ir jo namiškiai įtikėjo Viešpačiu ir buvo pakrikštyti, kaip ir daugelis kitų Korinte. 9 Vieną naktį Viešpats regėjime prabilo į Paulių: „Nebijok! Kalbėk! Netylėk! 10 Aš esu su tavimi ir niekas negali tau pakenkti. Daug žmonių šiame mieste priklauso Man." 11 Taigi Paulius dar gyveno ten pusantrų metų, mokydamas Dievo tiesų.
12 Galionui tapus Achajos prokonsulu, žydai visi kaip vienas sukilo prieš Paulių ir nutempė jį į teismą. 13 Jie kaltino Paulių už žmonių įkalbinėjimą garbinti Dievą prieštaraujančiais romėnų įstatymui būdais. 14 Pauliui ėmus gintis, Galionas pasisuko į jo kaltintojus ir pasakė: „Klausykite, žydai, jei tai būtų nusikaltimas, aš būčiau priverstas jūsų paklausyti, 15 bet kadangi tai ginčas dėl mokymo, vardų bei kvailų žydų įstatymų, spręskite patys. Manęs tai nedomina ir aš apie tuos dalykus nekalbu." 16 Galionas išvarė juos iš teismo. 17 Tada minia čiupo Sosteną, naują sinagogos vadovą, ir jį sumušė, bet Galionas į tai nekreipė dėmesio.
Priskilė, Akvilas ir Apolas
18 Paulius pasiliko mieste dar keletą dienų. Paskui, atsisveikinęs su krikščionimis, kartu su Priskile ir Akvilu iškeliavo į Siriją. Kenchrėjoje Paulius pagal žydų paprotį nusiskuto galvą, nes buvo padaręs įžadą.
19 Atvykęs į Efezo uostą, jis mus paliko laive, o pats nuėjo į sinagogą pasikalbėti su žydais. 20 Jie prašė jį pasilikti dar kelias dienas, bet jis jautė, kad negali užtrukti. 21 „Per šventes aš būtinai turiu būti Jeruzalėje", – pasakė jis, pažadėjęs grįžti į Efezą vėliau, jei Dievas leis. Todėl jis vėl iškeliavo.
22 Paulius sustojo Cezarėjos uoste. Aplankęs Jeruzalės bažnyčią, išplaukė į Antiochiją. 23 Po kiek laiko jis vėl išvyko į Turkiją per Galatiją ir Frygiją, lankydamas visus tikinčiuosius, drąsindamas juos ir padėdamas stiprinti tikėjimą.
24 Tuo tarpu vienas žydas, vardu Apolas, puikus Raštų mokytojas ir skelbėjas, ką tik atvyko į Efezą iš Egipto Aleksandrijos. 25 Egipte jam kažkas papasakojo, ką Jonas Krikštytojas kalbėjo apie Jėzų, bet tai buvo labai nedaug. Jis niekada nebuvo girdėjęs istorijos pabaigos. 26 Jis drąsiai ir energingai ėmė skelbti sinagogoje: „Ateina Mesijas! Ruoškitės Jį priimti!" Priskilė ir Akvilas išgirdo jį šitaip kalbant. Tai buvo nepaprastas pamokslas. Po to jie susitiko su juo ir paaiškino, kas atsitiko Jėzui nuo Jono laikų ir ką visa tai reiškia.
27 Kai Apolas sumanė vykti į Graikiją, tikintieji jį padrąsino. Jie parašė savo draugams tikintiesiems, prašydami gražiai priimti Apolą. Dievas puikiai įprasmino jo atvykimą į Graikiją, stiprindamas bažnyčią, 28 nes Apolas viešuose ginčuose sugebėjo atmesti visus žydų argumentus, Raštu įrodydamas Jėzų esant Mesiją.