Paulus op die eiland Melíte.
1 EN eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat die eiland Melíte genoem word.
2 En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 'n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.
3 En Paulus het 'n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 'n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.
4 En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis 'n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.
5 Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.
6 En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy 'n god was.
7 Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Públius was, in die omgewing van daardie plek 'n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.
8 En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
9 En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.
10 En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon, en toe ons sou afvaar, ons van die nodige voorsien.
Paulus kom in Rome aan en bly twee jaar as gevangene in sy eie woning.
11 EN ná drie maande het ons afgevaar in 'n skip van Alexandríë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.
12 En ons het by Sirakúse gekom en daar drie dae gebly.
13 Daarvandaan het ons omgeseil en by Régium aangekom; en een dag later het die suidewind opgekom, en op die tweede het ons Putéoli bereik,
14 waar ons broeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly; en so het ons na Rome gegaan.
15 En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Áppius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.
16 En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die bevelhebber van die leër. Maar aan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas.
17 En ná drie dae het Paulus die vernaamste Jode saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders, alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie, is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine.
18 Hulle het my ondersoek en wou my loslaat, omdat daar in my niks was wat die dood verdien nie.
19 Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie.
20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.
21 En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Judéa ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u berig of gepraat nie.
22 Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word.
23 En hulle het vir hom 'n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in 'n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.
24 En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly.
25 En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek
26 en gesê: Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
28 Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.
29 En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan.
30 En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,
31 terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.
Ant Maltos kranto
1 Greitai mes sužinojome, kad esame Maltos saloje. 2 Salos žmonės buvo malonūs, užkūrė ugnį ant kranto ir nuoširdžiai kvietė prie jos, nes lijo ir buvo šalta. 3 Kai Paulius pririnko laužui glėbį šakų, iš laužo iššliaužė nuodinga gyvatė ir įsikibo į jo ranką! 4 Salos gyventojai, pamatę įsikibusią į ranką gyvatę, vienas kitam sakė: „Tikrai tas žmogus – žmogžudys. Nors jis jūroje išsigelbėjo, bet teisingumas neleidžia jam gyventi!" 5 O Paulius nupurtė gyvatę į ugnį ir jam nieko pikto neatsitiko. Gyventojai laukė, kol jis sutins ar staiga kris negyvas. 6 Gerokai palaukę pamatė, kad jam nieko pikto neatsitiko, todėl ėmė manyti, kad jis dievaitis.
7 Netoli tos vietos, kur mes išlipome, buvo salos valdytojo Publijaus valdos. Jis mus maloniai priėmė ir tris dienas globojo. 8 Atsitiko taip, kad susirgo karštlige ir viduriavimu Publijaus tėvas. Paulius užėjo pas jį, pasimeldė, uždėjo ant jo rankas ir išgydė. 9 Tada visi kiti salos ligoniai ėjo ir buvo pagydyti. 10 Už tai mes buvome apipilti dovanomis ir, kai atėjo laikas išplaukti, žmonės krovė į laivą mums įvairiausius kelionei reikalingus daiktus.
Atvykimas į Romą
11 Praėjo trys mėnesiai nuo laivo sudužimo, ir mes vėl pakėlėme bures. Šį kartą tai buvo Aleksandrijos uosto laivas „Dvyniai", kuris žiemojo saloje. 12 Pirmiausia aplankėme Sirakūzus. Ten prastovėjome tris dienas. 13 Plaukdami pakrantėmis pasiekėme Regijų. Ir dar po dienos, ėmus pūsti pietų vėjui, atvykome į Puteolus. 14 Ten radome nemažai tikinčiųjų! Jie prašė mus paviešėti septynias dienas ir tada vykti į Romą. 15 Broliai Romoje išgirdo apie mūsų atvykimą ir atėjo pasitikti prie Apijaus Forumo. Kiti prisijungė prie mūsų prie Trijų tavernų. Juos išvydęs, Paulius įgijo pasitikėjimo ir dėkojo Dievui. 16 Mums atvykus į Romą, Pauliui buvo leista pasirinkti, kur gyventi, nors ir saugomam kareivio.
Sargybos lydimas Paulius moko Romoje
17 Praėjus trims dienoms po atvykimo, jis pasikvietė septynis žydų vadovus ir taip jiems kalbėjo: „Broliai, žydai mane Jeruzalėje suėmė ir perdavė romėnų vyriausybei. Jie persekioja mane, nors niekam blogo nepadariau. Mūsų protėvių įstatymų taip pat nepažeidžiau. 18 Romėnai ištardę norėjo paleisti, nes nerado mirties vertos kaltės. Žydų vadovai reikalavo mirties bausmės. 19 Esant tokiems prieštaravimams, aš pamačiau, kad būtina kreiptis į Cezarį, bet ne todėl, kad būčiau pykęs ant jų. 20 Aš paprašiau jus susirinkti šiandien, kad su jumis susipažinčiau ir papasakočiau, jog grandinėmis esu surakintas dėl tikėjimo Mesiju."
21 Jie atsakė: „Mes negirdėjome jokių kaltinimų tavo atžvilgiu. Iš Judėjos mes negavome nei laiškų, nei pranešimų iš tų, kurie atvyksta iš Jeruzalės. 22 Bet mes norėtume išgirsti, kuo tu tiki, nes apie tuos krikščionis mes žinome tik tiek, kad jie visų smerkiami."
23 Buvo sutarta dėl laiko, ir tą dieną į Pauliaus namus suėjo daug žmonių. Jis papasakojo apie Dievo karalystę ir mokė apie Jėzų iš Raštų: pranašų ir penkių Mozės knygų. Jis pradėjo rytą ir baigė vėlai vakare! 24 Vieni jo žodžiais tikėjo, kiti – ne. 25 Bet, pasiginčiję tarpusavyje, jie išėjo, o paskutiniai Pauliaus žodžiai tebeskambėjo ausyse: „Teisi Šventoji Dvasia, kalbėjusi per pranašą Izaiją:
26 „Girdėti girdėsite ir matyti matysite, bet nesuprasite, 27 nes jūsų širdys aptuko, o ausys apkurto. Užmerkite akis, kad nesuprastumėte, kad kartais nepamatytumėte ir neišgirstumėte, kad neatsisuktumėteį Mane ir kad Aš jūsų nepagydyčiau." 28,29 Todėl aš noriu, kad jūs suvoktumėte, jog Dievas suteiks palaiminimą ir pagonims, o šie jį priims."
30 Paulius išsinuomojo butą dvejiems metams ir priimdavo visus savo lankytojus. 31 Jis visiems skelbė tiesą apie Dievo karalystę ir Viešpatį Jėzų Kristų, ir niekas nebandė jo sudrausti.