Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 27

OJJP

Paulus word na Rome gestuur. Die skipbreuk.

1 EN toe daar besluit is dat ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan 'n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Július.

2 En nadat ons in 'n skip van Adramíttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan, het ons afgevaar, en Aristárchus van Macedónië, 'n man van Thessaloníka, was saam met ons.

3 En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Július het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.

4 En daarvandaan het ons afgevaar en onderkant Ciprus verbygeseil, omdat die winde teen ons was.

5 Ons het daarop die see langs Cilícië en Pamfílië deurgevaar en by Mira in Licië aangekom.

6 En daar het die hoofman oor honderd 'n skip van Alexandríë gevind wat na Italië vaar, en ons daarop laat oorklim.

7 En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmóne.

8 En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by 'n plek wat genoem word Mooi Hawens, in die nabyheid waarvan die stad Laséa is.

9 En omdat 'n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku

10 en gesê: Manne, ek sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewe.

11 Maar die hoofman oor honderd het meer aan die stuurman en die eienaar van die skip geglo as aan die woorde van Paulus;

12 en omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, 'n hawe in Kreta wat ooplê na die suidweste en na die noordweste.

13 En toe die suidewind saggies waai, het hulle gedink dat hulle hul voorneme kon uitvoer en die ankers gelig en langs Kreta verbygeseil.

14 Maar nie lank daarna nie het 'n stormwind wat Euroklídon genoem word, daarvandaan neergeslaan.

15 En toe die skip meegesleep is en nie teen die wind op kon seil nie, het ons dit opgegee en weggedrywe.

16 En toe ons onderkant 'n eilandjie kom wat Clauda genoem word, kon ons met moeite die sleepbootjie onder beheer hou.

17 En nadat hulle dit opgetrek het, het hulle gebruik gemaak van hulpmiddels deur die skip onderom te gord; en omdat hulle bang was om op die Sirtis te lande te kom, het hulle die seile neergehaal; en so het hulle dan weggedrywe.

18 En terwyl ons geweldig deur die storm geteister is, het hulle op die volgende dag van die vrag uitgegooi;

19 en op die derde dag het ons met ons eie hande die skeepsgereedskap uitgegooi.

20 En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en 'n hewige storm ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem.

21 En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het.

22 Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip.

23 Want daar het in hierdie nag by my gestaan 'n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien.

24 En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.

25 Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.

26 Maar ons moet op 'n sekere eiland strand.

27 En toe die veertiende nag kom, terwyl ons nog in die Adriatiese See ronddrywe, het die matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land kom.

28 Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry twintig vaam; en nadat hulle 'n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam.

29 En omdat hulle bang was dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand, het hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word.

30 Maar die matrose het probeer om uit die skip te vlug en die sleepbootjie in die see laat sak onder die voorwendsel dat hulle ankers van die voorskip af wou uitgooi.

31 Toe Paulus vir die hoofman oor honderd en die soldate: As hierdie manne nie in die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.

32 Daarop het die soldate die toue van die sleepbootjie afgekap en hom laat afval.

33 En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.

34 Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal 'n haar van sy hoof val nie.

35 Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet.

36 En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem.

37 En ons was in die skip altesaam tweehonderd-ses-en-sewentig siele.

38 En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring in die see te gooi.

39 En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het 'n inham met 'n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon.

40 En hulle het die ankers afgekap en in die see laat en tegelykertyd die roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil teen die wind opgetrek en op die strand aangestuur.

41 En hulle het op 'n plek verval met die see aan weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaar geslaan.

42 Nou was dit die plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie.

43 Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom,

44 en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom.

Paulius gabenamas į Romą

1 Pagaliau buvo susitarta leistis kelionėn į Romą laivu, todėl Paulius ir keli kiti kaliniai buvo uždaryti į šimtininko Julijaus, imperatoriaus kuopos nario, kalėjimą. 2 Mes įlipome į laivą, kuris pagal grafiką turėjo aplankyti keletą Turkijos uostų. Turėčiau pridurti, kad su mumis buvo Aristarchas, graikas Tesalonikos. 3 Rytojaus dieną, kai mes atplaukėme į Sidoną, Julijus draugiškai elgėsi su Pauliumi ir leido jam išlipti į krantą aplankyti bičiulius ir pasisvečiuoti. 4 ten išplaukę į jūrą, mes grūmėmės su vėjais ir turėjome keisti kursą, todėl plaukėme į šiaurę nuo Kipro, tarp salos ir žemyno, 5 Kilikijos ir Pamfilijos provincijų pakrante. Atvykome į Myrą Likijos provincijoje. 6 Šimtininkas surado aleksandriečių laivą, kuris plaukė į Italiją, ir persodino mus į .

7 Daug dienų plaukėme audringa jūra, kol pagaliau pasiekėme Knidą. Tačiau labai sustiprėjus vėjams, mes plaukėme Kretos link pro Salmonės uostą. 8 Sunkiai plaukdami prieš vėją ir pamažu judėdami pietine pakrante, mes atvykome į Dailiąją Prieplauką, netoli nuo Lasėjos miesto.

9 Ten prabėgo kelios dienos. Leistis ilgon kelionėn pasidarė pavojinga, nes buvo vėlyvas metų laikas. Paulius kalbėjo apie tai su laivo karininkais: 10 Ponai, manau, kad vargas mums, jei mes plauksime toliau. Galime netekti ne tik laivo, krovinių, bet ir sulaukti mirties", sakė jis. 11 Bet kalinių sargai labiau klausė laivo kapitono ir savininko negu Pauliaus. 12 Kadangi Dailioji Prieplauka, atviras uostas, nebuvo tinkama vieta žiemoti, tai didžioji įgulos dalis nusprendė plaukti toliau ir kaip nors pasiekti Feniksą, kuris buvo geras uostas, atviras į šiaurės vakarus ir pietvakarius.

Audra

13 Kai ėmė pūsti švelnus pietų vėjas, diena atrodė tinkama kelionei, todėl jie pakėlė inkarą, plaukė pakrantėmis. 14 Oras staiga pasikeitė, pakilo viesulas, vadinamas Šiauriaryčiu. 15 Jis užklupo laivą ir nunešė į jūrą. pradžių jie stengėsi pasukti laivą į krantą, bet nepajėgė. Vėjas pagavo laivą ir nešė , 16 Pagaliau praplaukėme pro Kaudos salą, ties kuria mes sunkiai įkėlėme į laivą gelbėjimo valtį, kuri buvo tempiama, 17 tada korpusą sustiprinome virvėmis. Jūreiviai bijojo, kad nebūtume nunešti ant Afrikos pakrantės seklumų, todėl jie nuleido viršutines bures ir tokiu būdu buvo nešami vėjo. 18 Rytojaus dieną, kai jūra dar labiau įsisiautėjo, įgula ėmė mėtyti krovinį į jūrą. 19 Trečią dieną jie mėtė laukan įrangą ir viską, kas pakliuvo po ranka. 20 Daug dienų šėlo baisi audra, kol pagaliau visi prarado viltį išsigelbėti.

21 Žmonės ilgą laiką jau nebevalgė, kai pagaliau Paulius sukvietė įgulą ir pasakė: Vyrai, pirmiausia jūs turėjote paklausyti manęs ir neplaukti Dailiosios Prieplaukos. Būtume išvengę visų šitų pavojų ir nuostolių. 22 Bet nenusiminkite! Niekas nežus, nors laivas ir nuskęs. 23 Praėjusią naktį šalia manęs atsistojo Viešpaties angelas, kuriam priklausau ir tarnauju, ir pranešė: 24 Nebijok Pauliau, nes tu tikrai stosi prieš Cezarį! Dar daugiau Dievas patenkino tavo prašymą ir išgelbės visus, kurie plaukia su tavimi." 25 Turėkite drąsos! tikiu Dievu. Bus taip, kaip Jis sakė. 26 Bet mūsų laivas suduš užplaukęs ant seklumos."

Laivo sudužimas

27 Keturioliktą parą apie vidurnaktį, kai buvome Adrijos jūroje svaidomi pirmyn ir atgal, jūreiviams pasirodė, kad žemė jau nebetoli. 28 Jie išmetė grimzlę ir nustatė dvidešimties jūros sieksnių gylį. Truputį vėliau išmatavo dar kartą ir berado tik penkiolika sieksnių. Šitaip jie suprato, kad greitai laivą išmes į krantą. 29 Bijodami užplaukti ant povandeninių uolų, išmetė pro užpakalinę laivo dalį keturis inkarus ir meldė dienos. 30 Keli jūreiviai, nutarę pabėgti laivo, nuleido į vandenį gelbėjimo valtį, neva norėdami išmesti inkarus laivo priekyje. 31 Paulius įspėjo šimtininką ir karius: Visi jūs žūsite, jeigu kas nors paliks laivą." 32 Tada kareiviai nukapojo valties virves ir leido jai nukristi į jūrą.

33 Prieš rytą Paulius ragino visus valgyti, sakydamas: Šiandien jau keturiolikta diena, kaip jūs nieko burnoje neturėjote. 34 Valgykite savo pačių labui. vienam jūsų nenukris plaukas nuo galvos!" 35 Po to jis paėmė keletą džiūvėsių, visų akivaizdoje padėkojo Dievui ir atsilaužė gabalėlį. 36 Tuomet laive buvę 37 du šimtai septyniasdešimt šeši žmonės visi iki vieno ėmė valgyti. 38 Pavalgiusi įgula palengvino laivą, išmesdama į jūrą kviečius.

39 Rytui išaušus, jie nepastebėjo kranto linijos, bet pamatė įlanką jūroje su lėkštais krantais ir svarstė, ar jie galėtų tarp uolų nusigauti į krantą. 40 Pagaliau nutarė pabandyti. Nupjovė inkarus, paliko juos jūroje, atleido laivo diržus ir, iškėlę prieš vėją priekinę burę, leidosi į krantą. 41 Bet laivas užplaukė ant seklumos ir užpakalinė laivo dalis sukežo.

42 Kareiviai šimtininkui patarė leisti jiems išžudyti kalinius, kad kuris išplaukęs į krantą nepabėgtų. 43 Bet Julijus norėjo išsaugoti Paulių, todėl neleido. Tada jis įsakė visiems, kad mokantys plaukti šoktų į jūrą ir plauktų į krantą, 44 o kiti tegul pasistengia pasiekti krantą ant storų lentų ir laivo nuolaužų. Taip visi saugiai pasiekė krantą.

Veja também