1 MAAR 'n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra 'n eiendom verkoop,
2 en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en 'n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
3 Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
4 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
5 En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en 'n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.
6 Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe.
7 En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het.
8 En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel.
9 En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.
10 Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe.
11 En 'n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.
12 En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo.
13 En daar was niemand van die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maar die volk het hulle baie geëer.
14 En daar is meer en meer gelowiges in die Here bygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue,
15 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val.
16 En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.
Die apostels word uit die gevangenis verlos en weer deur die Raad ondervra.
17 EN die hoëpriester het opgestaan en almal wat saam met hom was — dit is die party van die Sadduseërs — en hulle was met nydigheid vervul,
18 en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit.
19 Maar 'n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis oopgemaak en hulle uitgelei en gesê:
20 Gaan heen, staan en vertel in die tempel aan die volk al die woorde van hierdie lewe.
21 En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gegaan en begin leer. Maar die hoëpriester en die wat saam met hom was, het gekom en die Raad en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaargeroep; en hulle het na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal.
22 Maar toe die dienaars daar kom, het hulle hul nie in die gevangenis gekry nie; en hulle het omgedraai en berig gebring en gesê:
23 Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagte het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie.
24 En toe die hoëpriester en die hoofman van die tempel en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë wat nou hiervan sou word.
25 En daar kom een en bring aan hulle berig en sê: Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk.
26 Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, uit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word.
27 Hulle het hul dan gebring en voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê:
28 Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring.
29 En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.
30 Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan 'n kruishout te hang.
31 Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.
32 En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
33 Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring.
34 Maar 'n Fariseër met die naam van Gamáliël, 'n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels 'n bietjie buitentoe moes bring.
35 Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;
36 want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het 'n aantal mense — omtrent vierhonderd — aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.
37 En ná hom het Judas, die Galiléër, opgestaan, in die dae van die inskrywing, en 'n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.
38 En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word;
39 maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie — dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.
40 En hulle het na hom geluister. En nadat hulle die apostels ingeroep het, het hulle hul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan.
41 Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.
42 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.
Ananijas ir Sapfyra
1 Tačiau vienas žmogus, vardu Ananijas, su savo žmona Sapfyra pardavęs žemės sklypą, 2 atnešė tik dalį pinigų, tvirtindamas, kad tai buvo visa suma (jo žmona sutiko su šia apgavyste). 3 Bet Petras pasakė: „Ananijau, šėtonas užvaldė tavo širdį. Kai tu tvirtinai, kad tai visi pinigai, tu melavai Šventajai Dvasiai. 4 Turtas buvo tavo nuosavybė, ir tu galėjai tvarkyti jį kaip norėjai. Galėjai parduoti ar neparduoti. Ir pardavęs tu galėjai nuspręsti, kiek duoti. Kaip tu galėjai taip padaryti? Tu ne mums melavai, o Dievui." 5 Ananijas, išgirdęs tuos žodžius, krito ant grindų ir mirė! Visi išsigando, 6 o jaunuoliai pridengė jį paklode, išnešė ir palaidojo.
7 Maždaug po kokių trijų valandų atėjo jo žmona, kuri nežinojo, kas buvo atsitikę. 8 Petras ją paklausė: „Ar jūs pardavėte savo žemę už tokią ir tokią kainą?" „Taip, už tiek", – atsakė ji. 9 Bet Petras prabilo: „Kaip tu su savo vyru galėjai šitaip sugalvoti? Jūs susimokėte ir norėjote patikrinti, ar Dievas gali žinoti tai, kas iš tikrųjų vyksta? Lauke už durų dar tebėra jaunuoliai, kurie palaidojo tavo vyrą. Jie taip pat ir tave išneš." 10 Bematant ji susmuko ant grindų ir mirė. Atėjo jaunuoliai ir pamatė, kad ji mirus. Išnešė ją ir palaidojo šalia vyro. 11 Baimė apėmė visą bažnyčią ir visus kitus, kurie girdėjo, kas buvo atsitikę.
Apaštalai daro stebuklus
12 Tuo tarpu apaštalai nuolat rinkdavosi šventykloje, Saliamono salėje, ir darė dar daug nepaprastų stebuklų. 13 Kiti tikintieji nedrįso prie jų prisidėti, nors visi juos labai gerbė. 14 Augo būrys vyrų ir moterų, įtikėjusių Viešpatį. 15 Sergantieji buvo gabenami į gatves lovose ir ant kilimėlių, kad Petrui einant, bent jo šešėlis kristų ant kai kurių gulinčiųjų. 16 Keliavo minios iš Jeruzalės priemiesčių ir nešė ligonius ir piktųjų dvasių apsėstuosius. Visi jie būdavo pagydomi.
Apaštalai persekiojami
17 Stiprų pavydą jautė aukščiausias kunigas, jo giminės ir draugai iš sadukiejų tarpo. 18 Jie suėmė apaštalus ir įmetė juos į viešą kalėjimą.
19 Bet naktį atėjo Viešpaties angelas, atidarė kalėjimo vartus, išvedė pro juos ir tarė: 20 „Eikite į šventyklą ir skelbkite žmonėms apie šį Gyvenimą!" 21 Auštant jie atvyko į šventyklą ir tuojau ėmė mokyti.
Vėliau rytą vyriausias kunigas ir jo šalininkai atvyko į šventyklą ir, sukvietę žydų tarybą ir visą Senatą, nusiuntė tarnus, kad atvestų apaštalus, kuriuos nusprendė patraukti teisman. 22 Kai į kalėjimą atvyko tarnai, vyrų ten nebuvo, todėl jie, grįžę į tarybą, pranešė: 23 „Kalėjimo durys buvo užrakintos, sargai stovėjo lauke; kai atidarėme vartus, viduje nieko nebuvo." 24 Šventyklos apsaugos viršininkas ir aukštieji kunigai, tai išgirdę, sumišę stebėjosi, kas bus toliau ir kuo visa tai baigsis! 25 Tuo metu kažkas pranešė, kad vyrai, kuriuos jie įkalino, stovi šventykloje ir moko žmones! 26 Šventyklos apsaugos kapitonas nuėjo su kariais ir suėmė juos (be prievartos, nes bijojo žmonių, kad jų neužmuštų, jei jie šiurkščiau elgtųsi su mokiniais).
27 Jie atvedė apaštalus į tarybą. 28 „Negi mes jums nesakėme, kad daugiau niekada neprasitartumėte apie Jėzų? – paklausė vyriausias kunigas. – O štai jūs savo mokslu užtvindėte visą Jeruzalę ir norite ant mūsų galvų užtraukti To Žmogaus kraują!" 29 Bet Petras ir apaštalai atsiliepė: „Dievo reikia klausyti daugiau negu žmonių. 30 Mūsų protėvių Dievas prikėlė Jėzų, kurį jūs nužudėte prikaldami prie kryžiaus. 31 Tada Savo galinga jėga Dievas išaukštino Jį kaip Kunigaikštį ir Išgelbėtoją, kad Izraelis turėtų progą atgailauti ir kad būtų atleistos jūsų nuodėmės. 32 O mes esame tų įvykių liudininkai, taip pat ir Šventoji Dvasia, kurią Dievas suteikia visiems, Jam paklūstantiems." 33 Tuomet taryba baisiai įširdo ir nusprendė juos užmušti.
34 Bet pakilo vienas fariziejus, vardu Gamalielis (labai gerbiamas žmonių tarpe įstatymo mokytojas), ir pareikalavo, kad jam kalbant iš tarybos būtų išvesti apaštalai. 35 Tada jis kreipėsi į savo kolegas: „Izraelio vyrai, pagalvokite, ką daryti su šitais žmonėmis. 36 Prieš kurį laiką gyveno jaunuolis Teudas, kuris laikė save kažkuo nepaprastu. Jam pritarė apie keturi šimtai žmonių, bet jis buvo užmuštas, jo pasekėjai ramiai išsiskirstė. 37 Po jo, gyventojų surašymo dienomis, buvo Judas iš Galilėjos. Dalis žmonių tapo jo mokiniais ir sekė paskui jį. Bet ir jis mirė, o jo pasekėjai išsiskirstė. 38 Todėl aš patariu palikti tuos žmones ramybėje. Jei tai, ko jie moko ir daro, kyla iš jų pačių, viskas greitai žlugs savaime. 39 Bet jei tai iš Dievo, tai jūs nepajėgsite jų sunaikinti, nebent jei stotumėte į kovą prieš pati Dievą."
40 Taryba paklausė jo patarimo. Pasišaukė apaštalus, nuplakdino juos, paleido ir liepė niekada nebekalbėti apie Jėzų. 41 O jie ėjo iš tarybos džiaugdamiesi, kad Dievas palaikė juos vertais kentėti panieką dėl Jo vardo. 42 Jie nesiliovė kiekvieną dieną namuose ir šventykloje mokyti, kad Jėzus yra Mesijas.