Paulus besoek opnuut Macedónië en Griekeland en gaan dan na Klein-Asië.
1 EN nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en het vertrek om na Macedónië te reis.
2 En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.
3 En daar het hy drie maande gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis na Sírië sou afvaar, het hy besluit om deur Macedónië terug te gaan.
4 En tot in Asië het Sópater van Beréa hom vergesel, en van die Thessalonicense, Aristárchus en Secúndus, en Gajus van Derbe en Timótheüs, en uit Asië Tíchikus en Trófimus.
5 Hulle het vooruitgegaan en in Troas op ons gewag.
6 Maar ná die dae van die ongesuurde brode het ons van Filíppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom, waar ons sewe dae deurgebring het.
7 En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag toe.
8 En daar was baie lampe in die bovertrek waar hulle vergader het.
9 En 'n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en weggesink in 'n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.
10 Toe gaan Paulus ondertoe en val op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom.
11 En hy het boontoe gegaan en brood gebreek en geëet; en nadat hy nog 'n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.
12 En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was uitermate getroos.
13 Maar ons het vooruit op die skip gegaan en afgevaar na Assus, waar ons van plan was om Paulus aan boord te neem; want so het hy dit bestel, omdat hy self te voet wou gaan.
14 Toe hy ons dan in Assus ontmoet, het ons hom aan boord geneem en by Mitiléne gekom.
15 En daarvandaan het ons weggevaar en die volgende dag teenoor Chios gekom, en die ander dag na Samos oorgevaar en in Trogíllion oorgebly en die dag daarop by Miléte gekom.
16 Want Paulus het besluit om by Éfese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; want hy het hom gehaas om, as dit vir hom moontlik was, op die pinksterdag in Jerusalem te wees.
Paulus spreek die ouderlinge van Éfese toe.
17 EN van Miléte het hy gestuur na Éfese en die ouderlinge van die gemeente laat roep.
18 En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het
19 en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode;
20 hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,
21 terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.
22 En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,
23 behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.
24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.
25 En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.
26 Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.
27 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.
28 Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
29 Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.
30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.
31 Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.
32 En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle 'n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.
33 Niemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie;
34 maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in die behoeftes van my en die wat by my was.
35 Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
36 En ná hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.
37 En daar het 'n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,
38 veral bedroef oor die woord wat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.
Per Makedoniją ir Graikiją
1 Kai viskas pasibaigė, Paulius atsisveikino su mokiniais ir išvyko į Graikiją. 2 Pakeliui mokė visuose miestuose, sakė pamokslus. 3 Graikijoje Paulius praleido tris mėnesius, ruošdamasis plaukti į Siriją. Supratęs, kad žydai sumanė jį nužudyti, nusprendė pirmiausia vykti šiaurėn, į Makedoniją. 4 Keletas vyrų keliavo su juo į Turkiją. Paulių lydėjo berėjiečio Pyro sūnus Sopatras, Aristarchas ir Sekundas iš Tesalonikos, Gajus iš Derbės, Timotiejus bei Trofimas, kurie grįžo namo į Turkiją, 5 iškeliavo pirma mūsų ir laukė Troadoje. 6 Kai tik baigėsi Velykų iškilmės, mes išplaukėme iš Filipų šiaurinėje Graikijoje ir po penkių dienų atvykome į Troadą Turkijoje. Ten mes užtrukome savaitę.
Iš numirusiųjų prikeltas Eutichas
7 Sekmadienį susirinkome į duonos laužymo ceremoniją. Paulius sakė pamokslą. Kadangi jis norėjo kitą dieną iškeliauti, kalbėjo iki vidurnakčio! 8 Viršutiniame aukšte, kur mes susirinkome, buvo uždegta daugybė žibintų. 9 Paulius kalbėjo, o vienas jaunas žmogus, vardu Eutichas, sėdėjęs ant palangės, giliai įmigo ir, krisdamas iš trečio aukšto, užsimušė. 10-12 Paulius nulipo žemyn, paėmė jį ant rankų ir tarė: „Nesirūpinkite – jis gyvas." Ir iš tiesų – jis buvo gyvas! Baimė ir džiaugsmas nuvilnijo per minią. Jie visi vėl užlipo į viršų ir kartu valgė Viešpaties vakarienę. Tada Paulius kalbėjo dar gana ilgai. Jau aušo, kai jis pagaliau juos paliko.
Paulius atsisveikina su Efezo vyresniaisiais
13 Paulius keliavo į Aso žemę sausuma, o mes toliau keliavome laivu. 14 Ten susitikome ir kartu plaukėme į Mitilėnę. 15 Rytojaus dieną mes praplaukėme Samą, o dar po dienos atvykome į Miletą. 16 Šį kartą Paulius nusprendė nesustoti Efeze, nes skubinosi, norėdamas Sekmines atšvęsti Jeruzalėje.
17 Atplaukęs į Miletą, jis pasiuntė žinią Efezo bažnyčios vyresniesiems, kad atvyktų jo pasitikti prie laivo. 18 Jiems atvykus, Paulius tarė: „Jūs žinote, vyrai, kad nuo tos dienos, kai tik atvykau į Turkiją, 19 aš nuolankiai, su ašaromis akyse tarnavau Viešpačiui. Žydai rezgė įvairias pinkles ir man teko patirti didelių pavojų. 20 Aš niekada ir niekur nenutylėjau tiesos. 21 Tiek žydams, tiek pagonims aš tvirtinau apie būtinumą atsižadėti nuodėmės, atsigręžti į Dievą ir įtikėti mūsų Viešpatį Jėzų Kristų.
22 Ir štai aš keliauju į Jeruzalę Šventosios Dvasios vedamas. Aš nežinau, kas manęs laukia, 23 išskyrus tai, ką Šventoji Dvasia man kalbėjo kiekviename mieste, jog kalėjimas ir kančia dar ateityje. 24 Bet nieko nevertas gyvenimas, jei jo nepanaudosiu atlikti darbams, kuriuos Viešpats man paskyrė. Mano misija yra skelbti gerąją naujieną apie nepaprastą Dievo gerumą ir meilę.
25 Dabar aš žinau, kad jūs visi, su kuriais aš vaikščiojau skelbdamas Dievo karalystę, daugiau manęs nebematysite. 26 Leiskite atvirai pasakyti, kad negalite man primesti nė vieno žmogaus kraujo. 27 Nes aš nevengiau skelbti jiems Dievo Evangeliją.
28 Todėl budėkite! Nepamirškite maitinti ir ganyti Viešpaties kaimenę. Tai Jo bažnyčia, atpirkta krauju, nes Šventoji Dvasia jums pavedė ją prižiūrėti. 29 Gana gerai žinau, kad man pasitraukus iš jūsų tarpo, pasirodys netikri mokytojai ir, kaip plėšrūs vilkai, nepagailės avelių. 30 Kai kurie jūs patys iškreipsite tiesą, kad patrauktute į save žmones. 31 Saugokitės! Prisiminkite tuos trejis metus, kai aš buvau su jumis ir nuolat jumis rūpinausi. Aš liejau dėl jūsų ašaras. 32 Dabar aš pavedu jus Dievui, Jo rūpesčiui ir Jo malonei, kuri turi galią padaryti žmones tikinčiais ir atiduoti Jo išrinktiesiems visą palikimą.
33 Aš niekada netroškau nei pinigų, nei puikių drabužių. 34 Jūs žinote, kad dirbau pagal išgales, norėdamas pragyventi ir net tenkinti poreikius tų, kurie buvo su manimi. 35 Padėdamas vargšams, aš buvau jums nuolatinis pavyzdys, nes primindavau Viešpaties Jėzaus žodžius: „Didesnė laimė duoti negu imti." 36 Pabaigęs kalbėti, jis atsiklaupė ir kartu su visais pasimeldė. 37 Atsisveikino jie balsu raudodami ir glebėsčiuodami jį, 38 liūdėdami, kad daugiau niekada jo nebematysią. Po to jie palydėjo jį į laivą.