Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 13

OJJP

Bárnabas en Paulus word deur die gemeente van Antiochíë na die heidene gestuur. Hulle prediking op Ciprus. Élimas die towenaar.

1 EN daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus.

2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.

3 En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.

4 So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.

5 En toe hulle in Sálamis kom, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ook Johannes as helper gehad.

6 En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en 'n towenaar gevind, 'n valse profeet, 'n Jood met die naam van Bar-Jesus.

7 Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, 'n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.

8 Maar Élimas die towenaar want so word sy naam vertaal het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.

9 Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die op hom gehou en gesê:

10 Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?

11 En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.

12 Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.

Rede van Paulus in die sinagoge van Antiochíë in Pisídië. Teëstand van die Jode.

13 EN Paulus en sy metgeselle het afgevaar van Pafos en by Perge in Pamfílië gekom. En Johannes het hulle verlaat en na Jerusalem teruggekeer.

14 Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.

15 En die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle 'n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!

16 Toe staan Paulus op, wink met die hand en : Israeliete en julle wat God vrees, luister!

17 Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en met 'n hoë arm hulle daaruit gelei.

18 En omtrent veertig jaar lank het Hy hulle in die woestyn verdra.

19 En sewe nasies het Hy in die land Kanaän uitgeroei en hulle land deur die lot aan hulle uitgedeel.

20 En daarna omtrent vierhonderd-en-vyftig jaar lank het Hy rigters gegee tot op Samuel, die profeet.

21 En van toe af het hulle 'n koning begeer, en God het aan hulle gegee Saul, die seun van Kis, 'n man uit die stam van Benjamin, veertig jaar lank.

22 En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind, 'n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.

23 Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek,

24 nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het.

25 En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê: Wie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom my, wie se skoen ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.

26 Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur.

27 Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word.

28 En al het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word.

29 En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in 'n graf neergelê.

30 Maar God het Hom uit die dode opgewek.

31 En gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het van Galiléa na Jerusalem, en hulle is sy getuies by die volk.

32 En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek,

33 soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.

34 En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.

35 Daarom Hy ook op 'n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie.

36 Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,

37 maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.

38 Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,

39 en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.

40 Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat deur die profete gesê is nie:

41 Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie.

42 En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word.

43 En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.

44 En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.

45 Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.

46 Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie kyk, ons wend ons tot die heidene.

47 Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.

48 En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.

49 En die woord van die Here is deur die hele land verbrei.

50 Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas 'n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.

51 Toe het hulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en na Ikónium gegaan.

52 En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.

Barnabas ir Saulius išsiunčiami

1 Antiochijos bažnyčioje buvo pranašų ir mokytojų: tai Barnabas ir Simonas, pravarde Juodasis, Lucijus Kirėnietis, Manaenas, karaliaus Erodo įbrolis ir Paulius. 2 Vieną dieną, jiems besimeldžiant ir pasninkaujant, Šventoji Dvasia pasakė: Skirkite Barnabui ir Pauliui darbą, kuriam juos pašauksiu." 3 Tada po ilgesnių pasninkų ir maldų vyrai uždėjo ant rankas ir siuntė juos toliau.

Kipre

4 Šventosios Dvasios vedami, jie iškeliavo į Seleukiją, o ten išplaukė į Kiprą. 5 Atvykę į Salamino miestą, jie nuėjo į žydų sinagogą ir ėmė skelbti Dievo Žodį. (Jonas Morkus buvo padėjėjas.) 6,7 Po to jie ėjo, sakydami pamokslus, miesto į miestą per visą salą iki Pafo, kur pagaliau susitiko burtininką žydą, netikrą pranašą, vardu Barjėzus. Jis buvo artimas labai įžvalgiam ir supratingam valdytojui Sergijui Pauliui. Valdytojas pakvietė aplankyti Barnabą ir Paulių, nes norėjo išgirsti Dievo Žodį. 8 Bet burtininkas Elimas (jo graikiškas vardas) trukdė ir ragino nekreipti dėmesio į tai, sakė Paulius ir Barnabas, stengdamasis atitraukti nuo tikėjimo Viešpačiu. 9 Tada Paulius, kupinas Šventosios Dvasios, piktai pažvelgė į burtininką ir prabilo: 10 Ak tu, velnio sūnau! Tu pilnas įvairiausių gudrybių ir niekšybių, prieše viso, kas gera. Ar niekada ir nebaigsi prieštarauti Viešpačiui? 11 O dabar Dievas uždeda ant tavęs savo baudžiančią ranką, ir tu kuriam laikui apaksi." Bematant ant jo nusileido rūkas ir tamsa, ir jis ėmė klajoti, maldaudamas, kad kas paimtų rankos ir vestų. 12 Pamatęs kas vyksta, valdytojas buvo nustebintas Dievo Žodžio galios ir įtikėjo.

Pisidijos Antiochijoje

13 Pafo Paulius ir visi su juo buvę atplaukė į Pergės uostamiestį Turkijoje. Čia Jonas pasitraukė nuo ir sugrįžo į Jeruzalę. 14 Bet Barnabas ir Paulius leidosi toliau, kol pasiekė Pisidijos Antiochiją. Šeštadienį jie nuvyko į sinagogą melstis. 15 Po įprastinio skaitymo Mozės ir Pranašų knygos atsakingieji pamaldas pasiuntė jiems tokio turinio raštelį: Broliai, jei turite kokį pamokantį žodį tarkite!" 16 Taigi, atsistojęs Paulius pamojo sveikindamas ir kalbėjo: Izraelio vyrai ir visi kiti čia susirinkę Dievą garbinantys žmonės, paklausykite! 17 Izraelio tautos Dievas išsirinko mūsų protėvius, pagerbė juos, išvesdamas Egipto vergijos. 18 Jis globojo juos, klajojančius tyruose keturiasdešimt metų, 19,20 po to Jis sunaikino septynias tautas Kanaane ir leido Izraeliui paveldėti žemes. Teisėjai valdė apie keturis šimtus penkiasdešimt metų, juos pakeitė pranašas Samuelis. 21 Vėliau žmonės ėmė reikalauti karaliaus, ir tada Dievas davė jiems Saulių, Kišo sūnų, Benjamino giminės vyrą keturiasdešimčiai metų. 22 Bet Dievas, pašalinęs , pakeitė karaliumi Dovydu, žmogumi, apie kurį Viešpats sakė: Dovydas, Jeses sūnus, yra Mano širdžiai mielas, nes jis paklusnus Man." 23 Jėzus yra vienas karaliaus Dovydo palikuonių, kurį Viešpats pažadėjo padaryti Izraelio Gelbėtoju! 24 Kol Jis dar nebuvo atėjęs, Jonas Krikštytojas sakė pamokslus Izraelyje, aiškindamas būtinumą nusigręžti nuo nuodėmės ir atsigręžti į Dievą. 25 Kadangi Jonas buvo bebaigiąs savo darbą, paklausė: Negi manote, kad Mesijas? Ne! Bet Jis greitai ateis. Lyginant su Juo, esu niekas."

26 Broliai, Abraomo sūnūs, o taip pat visi ne žydų tautybės žmonės, kurie gerbiate Dievą! Išganymas skirtas mums visiems! 27 Žydai Jeruzalėje ir vadovai įvykdė pranašystę, nužudydami Jėzų, nes jie neatpažino Jo ir nesuprato, kad Jis yra Tasai, apie kurį rašė pranašai, nors ir girdėjo kiekvieną šeštadienį sakomus pranašų žodžius. 28 Jie nerado Jame mirties vertos kaltės, bet reikalavo, kad Pilotas nužudytų. 29 Kai jie įvykdė visa, kas apie buvo parašyta, Jėzų nuėmė nuo kryžiaus ir paguldė į kapą. 30 Bet Dievas prikėlė numirusių. 31 keletą kartų matė vyrai, kurie buvo atlydėję Galilėjos į Jeruzalę. Tie vyrai nuolatos tai liudija viešai. 32,33 O dabar Barnabas ir esame čia, kad praneštume jums gerąją naujieną. Šiais laikais išsipildė Dievo duotas pažadas mūsų protėviams. Tuo pažadu Dievas prikėlė Jėzų. Štai apie Jėzų kalba antroji psalmė: Šiandien išaukštinau Tave, Savo Sūnų." 34 Nes Dievas pažadėjo prikelti amžiams. Tai byloja Raštas, kuriame sakoma: Tau padarysiu nuostabų dalyką, kurį pažadėjau Dovydui." 35 Kitoje psalmėje Jis išsamiau paaiškina, sakydamas: Dievas neleis supūti Savo vieninteliam Šventajam." 36 Čia kalbama ne apie Dovydą, nes Dovydas, pasitarnavęs savo kartai pagal Dievo planą, mirė, buvo palaidotas ir supuvo, 37 o Šio antrojo kūnas nebuvo supuvęs.

38 Broliai, klausykite! Per Jėzų jums bus atleidžiamos nuodėmės. 39 Visiems tikintiems bus atleistos kaltės, ir jie bus pripažinti teisiais. To niekada negalėtų padaryti žydų įstatymas. 40 Saugokitės! Neleiskite, kad jums pritaikytų pranašų žodžius:

41 Žiūrėkite ir žūkite jūs, tiesos niekintojai,

nes ir dabar darau Savo darbą, kuriuo nenorite patikėti, net ir apie išgirdę."

42 dieną, kai žmonės išėjo sinagogos, jie prašė Paulių grįžti pas juos kitą savaitę ir pasakyti kalbą.

43 Daug žydų ir pamaldžių prozelitų, kurie meldėsi sinagogoje, sekė gatve paskui Paulių ir Barnabą, kai abu vyrai ragino juos priimti Dievo siūlomas malones.

44 Kitą savaitę susirinko beveik visas miestas pasiklausyti skelbiamo Viešpaties Žodžio. 45 Išvydus tokią minią, žydus apėmė pavydas, ir jie piktžodžiaudami ėmė prieštarauti Pauliui. 46 Tada Paulius ir Barnabas drąsiai kalbėjo ir pareiškė: Buvo būtina, kad geroji Dievo naujiena pirmiausia būtų paskelbta žydams. Bet kadangi jūs atmetėte, tai nesate verti amžinojo gyvenimo. Na, mes pasiūlysime pagonims. 47 Nes taip mums liepė Viešpats, sakydamas: Paskyriau Tave, kad būtum šviesa pagonims, kad išgelbėtum juos visus, net ir tolimiausiuose žemės kampeliuose esančius."

48 Kai pagonys tai išgirdo, jie buvo labai patenkinti ir džiaugėsi Pauliaus žinia, ir kas tik siekė amžinojo gyvenimo, įtikėjo. 49 Taip Viešpaties naujiena paplito po visą šį kraštą.

50 Tuo tarpu žydų vadovai išjudino pamaldžias moteris ir įtakingus miesto piliečius, sukvietė minią prieš Paulių ir Barnabą ir išvijo juos miesto. 51 Bet jie, nusikratę nuo kojų miesto dulkes, nukeliavo į Ikonijų. 52 Mokiniai, kupini Šventosios Dvasios, labai džiaugėsi.

Veja também