Petrus en Johannes voor die Joodse Raad.
1 EN terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom,
2 baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dode verkondig.
3 En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand.
4 En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne het omtrent vyfduisend geword.
5 Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,
6 ook Annas, die hoëpriester, en Kájafas en Johannes en Alexander en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;
7 en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?
8 Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,
9 as ons vandag ondervra word oor 'n weldaad aan 'n siek man, waardeur hy gesond geword het,
10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.
11 Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.
12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
13 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.
14 En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.
15 Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag
16 en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar 'n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.
17 Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.
18 En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.
19 Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;
20 want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.
21 En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het.
22 Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud.
23 En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het.
24 En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,
25 wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?
26 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.
27 Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het,
28 om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind.
29 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,
30 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.
31 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
Vrywillige gemeenskap van goedere by die eerste Christene. Ananías en Saffíra.
32 EN die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.
33 En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.
34 Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
35 En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.
36 En Joses wie se bynaam onder die apostels Bárnabas was — wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting — 'n Leviet, van geboorte uit Ciprus,
37 het 'n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
Petras ir Jonas aukščiausiajame teisme
1 Jiems bekalbant su žmonėmis, priėjo prie jų aukštieji kunigai, šventyklos apsaugos viršininkas ir keletas sadukiejų. 2 Jie labai pyko, kad Petras su Jonu skelbė, jog Jėzus prisikėlė iš numirusių. 3 Jie suėmė juos, ir kadangi buvo jau vakaras, įmetė juos nakčiai į kalėjimą. 4 Bet daugelis žmonių, kurie girdėjo jų žodį, tuo patikėjo. Taip tikinčiųjų skaičius padidėjo iki penkių tūkstančių! 5 Atsitiko taip, kad kitą dieną žydų tautos vadovų taryba posėdžiavo Jeruzalėje. 6 Taip pat čia buvo vyriausias kunigas Anas, Kajafas, Jonas, Aleksandras ir kiti vyriausiojo kunigo giminės. 7 Abu mokiniai buvo pastatyti prieš juos. „Kieno įkvėpti ir kieno vardu jūs tai padarėte?" – reikalavo pasiaiškinti taryba. 8 Tada Petras, kupinas Šventosios Dvasios, jiems atsakė: „Gerbiami tautos vadovai ir vyresnieji, 9 jei mus šiandien klausinėjate apie geradarystę luošam žmogui, kaip jis buvo išgydytas, 10 leiskite man jums pranešti, kad tai buvo padaryta Mesijo, Jėzaus iš Nazareto, kurį jūs nukryžiavote, vardu ir galia, nes Dievas Jį prikėlė iš numirusių. Jo dėka šis žmogus čia stovi sveikas! 11 Nes Jėzus – Mesijas, kuris minimas Raštuose, bylojančiuose apie akmenį, išmestą kaip nebereikalingą, kuris tapo kertiniu akmeniu. 12 Nėra jokio kito išsigelbėjimo. Visame pasaulyje nėra nė vieno kito tokio vardo, kurio galėtų šauktis žmogus ir išsigelbėti."
13 Taryba, matydama Petro ir Jono drąsą, patyrusi, kad tai paprasti beraščiai žmonės, labai nustebo ir aiškiai suprato, ką jiems davė buvimas su Jėzumi! 14 O taryba negalėjo abejoti dėl išgydymo, nes išgydytasis stovėjo kaip tik priešais juos. 15 Todėl jie liepė visiems pasišalinti, o patys ėmė tartis. 16 „Ką mes darysime su šiais žmonėmis? – klausė jie vienas kitą. – Mes negalime paneigti jų padaryto didžiulio stebuklo. Apie jį žino visi, kas yra Jeruzalėje. 17 Bet galbūt mes galime uždrausti jiems skelbti šią žinią. Mes prisakysime, kad šiukštu neskelbtų ir nemokytų Jėzaus vardu."
18 Tad jie sukvietė vėl visus į vidų ir įsakė jiems daugiau niekada nekalbėti apie Jėzų. 19 Tačiau Petras ir Jonas atsakydami tarė: „Spręskite, ar Dievas nori, kad mes klausytume jūsų, o ne Jo! 20 Mes negalime nekalbėti apie tuos nuostabius dalykus, kuriuos darė Jėzus, nes patys matėme ir apie juos girdėjome iš Jėzaus lūpų!" 21 Tada taryba ir toliau jiems grasino. Pagaliau juos paleido, nes nežinojo, kaip nubausti nesukeliant maišto. Mat visi garbino Dievą už nuostabųjį stebuklą – 22 keturiasdešimt metų buvęs luošas žmogus taip stebuklingai išgijo!
Tikinčiųjų malda
23 Kai tik Petras ir Jonas buvo išlaisvinti, jie susirado kitus mokinius ir išpasakojo jiems viską, ką sakė taryba. 24 Tada visi tikintieji susitelkė šioje maldoje:
„Viešpatie, dangaus, žemės, jūros ir viso, kas juose, Kūrėjau! 25 Tavo Šventoji Dvasia per mūsų protėvį, tavo tarną karalių Dovydą, kalbėjo:
„Kodėl niršta ant Viešpaties pagonys?
Kam neišmintingos tautos planuoja sąmokslus prieš Visagalį Dievą?
26 Žemės karaliai sukilo į kovą prieš Jį ir prieš pateptąjį Dievo Sūnų!"
27 Štai kas vyksta šiandien šiame mieste. Nes karalius Erodas, valdytojas Pilotas su visais romėnais, taip pat ir Izraelio žmonės yra susivieniję prieš Jėzų, Tavo pateptąjį Sūnų, Tavo Šventąjį Tarną. 28 Jie įvykdys tai, ką Tavo išmintinga jėga leis jiems padaryti. 29 O dabar, Viešpatie, išgirsk jų grasinimus, suteik saviesiems tarnams didelę drąsą atvirai skelbti, 30 siųsk Savo gydančią galią ir teįvyksta nepaprastų dalykų ir stebuklų Tavo Švento Tarno Jėzaus vardu." 31 Jiems pasimeldus, sudrebėjo pastatas, kuriame jie buvo susirinkę, ir visi, prisipildę Šventosios Dvasios, galėjo drąsiai skelbti Dievo Žodį.
Tikintieji išsidalina savo turtus
32 Visi tikintieji buvo vienminčiai ir turėjo tarsi vieną širdį, jokios nuosavybės nelaikė sava, viskuo dalinosi tarpusavyje.
33 Apaštalai sakė įtikinančius pamokslus apie Viešpaties Jėzaus prisikėlimą, ir visi tikintieji buvo nuoširdūs, draugiški. 34,35 Jie nepažino skurdo, nes kurie turėjo žemės sklypus ir namus, juos parduodavo ir gautus pinigus atiduodavo apaštalams, kad jie atiduotų vargstantiems.
36 Pavyzdžiui, toks buvo Juozapas, apaštalų pramintas Barnabu, „Paguodos sūnum." Jis buvo kilęs iš Kipro salos, Levio giminės. 37 Tai jis buvo vienas iš tų, kuris pardavė savo žemės sklypą, o pardavęs gautus pinigus atnešė apaštalams, kad jie padalintų vargstantiems.