Pular para o conteúdo
Publicidade

Atos 22

OJJP

Paulus lewer sy verdediging voor die volk.

1 BROEDERS en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!

2 En toe hulle hoor dat hy hulle in die Hebreeuse taal toespreek, was hulle nog stiller. En hy :

3 Ek is 'n Jood, gebore in Tarsus in Cilícië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamáliël, streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, 'n yweraar vir God soos julle almal vandag is.

4 Hierdie Weg het ek vervolg tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,

5 soos ook die hoëpriester en die hele raad van ouderlinge my getuies is. Van hulle het ek ook briewe ontvang en na die broeders in Damaskus gegaan om ook die wat daar was, geboeid na Jerusalem te bring, sodat hulle gestraf kon word.

6 Maar terwyl ek op reis was en naby Damaskus kom, het daar op die middag skielik 'n groot lig uit die hemel my omstraal,

7 en ek het op die grond geval en 'n stem vir my hoor : Saul, Saul, waarom vervolg jy My?

8 En ek het geantwoord: Wie is U, Here? En Hy het vir my gesê: Ek is Jesus, die Nasaréner, wat jy vervolg.

9 En die wat saam met my was, het wel die lig gesien en bang geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het, nie gehoor nie.

10 En ek het gesê: Wat moet ek doen, Here? En die Here het vir my gesê: Staan op en gaan na Damaskus, en daar sal jou vertel word alles wat aan jou opgedra is om te doen.

11 Toe ek dan weens die glans van daardie lig nie kon sien nie, is ek deur my metgeselle by die hand gelei en het in Damaskus gekom.

12 En 'n sekere Ananías, 'n vroom man volgens die wet, wat 'n goeie naam gehad het by al die Jode wat daar woon,

13 het na my gekom en by my gaan staan en vir my gesê: Saul, broeder, word siende! En op dieselfde oomblik het ek hom aangekyk.

14 En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou voorbeskik om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor;

15 want jy sal vir Hom by al die mense 'n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het.

16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

17 En toe ek in Jerusalem teruggekom het en besig was om in die tempel te bid, het ek in 'n verrukking van sinne gekom

18 en Hom gesien, en Hy het vir my gesê: Maak gou en gaan haastig uit Jerusalem uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie.

19 En ek het gesê: Here, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U glo, in die gevangenis te werp en in die sinagoges te slaan;

20 en toe die bloed van Stéfanus, u getuie, vergiet is, het ek ook self daarby gestaan en sy vermoording goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.

21 En Hy het vir my gesê: Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die heidene.

22 Tot by hierdie woord het hulle na hom geluister; toe verhef hulle hul stem en : Weg van die aarde met so 'n mens, want hy behoort nie te lewe nie!

23 En terwyl hulle so skreeu en hulle klere afgooi en stof in die lug werp,

24 het die owerste oor duisend bevel gegee dat hy in die kamp gebring moes word, en gesê dat hulle hom met géselslae moes ondersoek, sodat hy kon weet om watter rede hulle so teen hom uitroep.

25 En onderwyl hulle hom met die rieme uitrek, Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit u geoorloof om 'n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?

26 Toe die hoofman oor honderd dit hoor, gaan hy dit aan die owerste oor duisend vertel en : Pas op wat u gaan doen, want hierdie man is 'n Romein.

27 En die owerste oor duisend het gekom en hom gevra: vir my of jy 'n Romein is? En hy antwoord: Ja.

28 Toe die owerste oor duisend: Ek het hierdie burgerreg vir 'n groot som verkry! En Paulus vir hom: Maar ek het dit deur geboorte.

29 Daarop het die wat hom sou ondersoek, hom dadelik laat staan; en die owerste oor duisend het ook gevrees, omdat hy nou wis dat hy 'n Romein was en hy hom geboei het.

Paulus voor die Joodse Raad.

30 EN die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur die Jode beskuldig was; en hy het hom van sy boeie losgemaak en bevel gegee dat die owerpriesters en hulle hele Raad moes vergader; en hy het Paulus afgebring en voor hulle laat staan.

1 Broliai ir tėvai, pasiklausykite mano pasiteisinimo." 2 Išgirdusi kalbant hebrajiškai, minia dar labiau susikaupė. 3 esu žydas, gimęs Tarse, Kilikijoje, bet išauklėtas Jeruzalėje vadovaujant Gamalieliui, prie kurio kojų išmokau rūpestingai laikytis žydų įstatymų ir papročių. stengiausi šlovinti Dievą savo darbu, kaip ir jūs visi nūnai darote. 4 Ir persekiojau krikščionis iki mirties, surišdamas ir įmesdamas į kalėjimą vyrus ir moteris. 5 Kad taip yra, galėtų paliudyti vyriausiasis kunigas ar bet kuris kitas tarybos narys, nes prašiau laiškų Damasko žydų vadovams su nuorodymais, leidžiančiais visus krikščionis supančiotus atgabenti į Jeruzalę, kad jie būtų nubausti.

6 Man keliaujant ir artinantis prie Damasko, apie vidurdienį staiga mane apšvietė labai stipri šviesa. 7 kritau ant žemės ir išgirdau balsą: Sauliau, Sauliau, kam Mane persekioji!?" 8 Kas su manimi kalba?" paklausiau . Jis atsakė: esu Jėzus Nazareto, kurį tu persekioji." 9 Su manimi buvę vyrai matė šviesą, bet nesuprato kalbos. 10 tariau: man daryti, Viešpatie?" Viešpats man tarė: Kelkis ir eik į Damaską, o ten tau bus pasakyta visa, kas tavęs laukia ateityje!" 11 Buvau apakintas stiprios šviesos ir tik bendrakeleivių rankos vedamas, pasiekiau Damaską.

12 Toksai Ananijas, pamaldusir įstatymui ištikimas žmogus, giriamas visų Damasko žydų, 13 atėjęs atsistojo šalia manęs ir pasakė: Broli Sauliau, praregėk!" Ir pačią akimirką pamačiau. 14 Tada jis kalbėjo: Mūsų protėvių Dievas pasirinko tave, kad pažintumei Jo valią, išvystumei Mesiją ir girdėtumei kalbantį. 15 Tu turėsi visur paliudyti, esi matęs ir girdėjęs. 16 Tai ko dabar lauki? Eik ir priimk krikštą, nusiplauk nuodėmes, šaukdamasis Viešpaties!"

17,18 Kai jau grįžęs į Jeruzalę vieną dieną meldžiausi šventykloje, regėjimo ekstazėje Dievas man sakė: Skubėk Jeruzalės, nes čia žmonės nepriims tavo liudijimo apie Mane." 19 įrodinėjau: Bet Viešpatie, jie žino, kad mesdavau į kalėjimą ir mušdavau kiekvienoje sinagogoje tuos, kurie tikėjo Tavimi. 20 Kada buvo nužudytas Tavo liudytojas Steponas, stovėjau ten kartu su jais pritardamas ir saugojau drabužius, kuriuos jie nusirengė, mėtydami į akmenimis." 21 Bet Dievas man tarė: Keliauk Jeruzalės, nes išsiųsiu tave toli, pas pagonis."

Paulius Romos pilietis

22 Iki tol minia jo klausėsi, paskui visi kartu pratrūko: Šalin tipą! Nušluoti nuo žemės . Užmušti ! Jam nevalia gyventi!" 23 Jie rėkė, mėtė į orą drabužius ir svaidė saujomis smėlį. 24 Taip tribūnas įvedė į vidų ir liepė nuplakti, kad prisipažintų esąs kaltas. Jis norėjo sužinoti, kodėl minia prieš taip įsiuto. 25 Kai Paulių, norėdami nuplakti, pririšo diržais, jis kreipėsi į čia stovėjusį šimtininką: Ar jums valia plakti Romos pilietį, ir dar nenuteistą?" 26 Šimtininkas priėjo prie tribūno ir pareiškė: jūs darote? Šis žmogus yra Romos pilietis!" 27 Tuomet tribūnas priėjo prie Pauliaus ir paklausė: Pasakyk man, ar tu Romos pilietis?" Taip, žinoma." 28 Ir esu, suniurnėjo tribūnas. šitą pilietybę įsigijau didelius pinigus!" O turiu nuo gimimo!" 29 Bematant pranyko kareiviai, kurie stovėjo pasiruošę nučaižyti, kai tik išgirdo, kad Paulius Romos pilietis. Nusigando ir tribūnas, nes buvo įsakęs surišti ir nuplakdinti.

Žydų teismo taryboje

30 Rytojaus dieną tribūnas nuėmė jam grandines ir įsakė sušaukti aukštuosius kunigus ir žydų tarybą. Pastatęs prieš juos Paulių, stengėsi sužinoti, kas atsitiko.

Veja também